XERXES

Xerxes is die naam van twee Persiese konings:

  1. ‑Xerxes I, wat in die Ou Testament* be­kend staan as Ahasveros*, het van 484 tot 465 oor die Persiese Ryk* regeer.  Hy was die oudste seun van Darius*1 die Grote. Die Griekse geskiedskrywer Herodotus het hom beskryf as ambisieus, wreed, onverdraagsaam, ’n briljante soldaat, jaloers en ’n groot administrateur van sy ryk. Nadat hy koning geword het, het hy in 485 vC ’n opstand in Egipte* onderdruk. In 480 vC het hy Griekeland ingeval en die Akropolis in Atene* verbrand. Ná die neerlaag van die Persiese vloot by Salamis in 479 vC en verdere neerlae, het hy nie verder na die weste probeer uitbrei nie. In 465 vC is hy in ’n sluipmoord gedood. Vir die Ou Testa­ment is sy voorkoms in die boek Ester* veral van belang. Die meeste ge­leer­des verbind die Ahasveros van Ester aan Xerxes I, alhoewel koningin Vasti* en Ester* se name nie in Persiese bronne van daardie tyd vermeld word nie. Die verhaal van Ester illustreer onder andere die koning se jaloesie en onverdraag­saamheid.

2.Xerxes II het koning geword ná Arta­xerxes* I wat Xerxes I opgevolg het. Hy het in 425 vC koning geword en het net 45 dae regeer.

Sidebar