XUMA, ALFRED BITINI

XUMA, ALFRED BITINI (1893–1962) is op Encobo in die Transkei gebore. Hy was die seun van ’n lekepredi­ker in die Meto­distekerk*. Tus­sen 1913 en 1926 studeer hy aan verskeie Ameri­kaan­se universi­tei­te in die medisyne. Hy kwalifiseer as internis in Edinburgh en word die eerste swartman om PhD aan die London School of Tropical Medicine and Hygiene te behaal. Met sy terugkeer in 1927 praktiseer hy in Johan­nes­burg.

Hy het ’n sleutelrol in die African Na­tional Congress- (ANC-) politiek gespeel en hom deur onderhandelings beywer vir eiendoms- en stemreg aan swartmense. Hy was medestigter van die All-African Con­vention. Tussen 1935 en 1939 sit hy sy me­diese studies in die buiteland voort en word met sy terugkeer verkies tot president van die ANC – ’n posisie wat hy tien jaar lank beklee het. Hy herstruktureer die organisasie en stel ’n nuwe grond­wet voor wat enige vorm van diskriminasie teenstaan. As voorsitter van die Anti-Paskomitee rig hy herhaaldelik vertoë tot die regering wat lei tot botsings met die polisie. Hy verkry samewerking met die Indian Natal Congress en as leier van die Anti-Expro­pria­tion Committee word sterk standpunt ingeneem teen die opruiming van swart woongebiede in Johannesburg. Hoewel sy naam genoem is, word hy nie in die Hoogverraadsaak van 1958 aangekla nie

 

Sidebar