YOUTH WITH A MISSION (YWAM)

YOUTH WITH A MISSION (YWAM) is ’n internasionale en interkerklike Christe­like sending*organisasie wat in die wêreld uitreik met die evangelie* van Jesus* Chris­tus* deur middel van evangelisasie*, oplei­ding en “mercy”-bediening. Loren Cunning­ham het YWAM in 1960 gestig. Ywammers het reeds die evangelie* met miljoene mense rondom die wêreld gedeel. YWAM werk in 150 lande van die wêreld en beskik oor 16 000 vrywillige voltydse perso­neellede in 1 000 verskillende plekke. Jaarliks word ten minste 25 000 nuwe werkers opgelei vir evangelisasiewerk. Die fokus van YWAM is die opleiding en toerusting van Christene met die oog op die uitlewing van die Groot Opdrag, persoonlike evangelisasie en mercy ministries om die onbereiktes van die wêreld met die evangelie te bereik. Die University of the Nations is ’n oplei­dingsentrum waar jaarliks 10 000 studente hulle opleiding in wêreldevangelisasie ontvang.

Sidebar