ZEUS

ZEUS, die hoofgod van die Griekse goderyk wat op die berg Olimpus gewoon het, was getroud met Leto en hulle kinders was ondere andere Apollo en Artemis*. In die Romeinse tyd (Kyk by: Romeinse Ryk) was hy bekend as Jupiter. Zeus is wyd aanbid in tempels* in die Griekse en Romeinse wêreld. Offerandes* is gebring om sy guns te wen. 2 Makk 6:2 en Josefus* se Oudhede (12.5.5) vertel hoe die Jerusalem-tempel*3 in die berugte Siriese koning Antiogus Epifanes IV* se tyd ge­skend is met ’n offerdiens aan Zeus, wat tot die Makkabese opstande (Judas Makka­beus*) gelei het (die gruwel van die verwoesting in Daniël 8:24).

Sidebar