ZOROASTRIANISME

ZOROASTRIANISME. Verskeie ou bron­ne gee inligting oor Zoroaster* en die leer van hierdie godsdiens. Die geskrifte van hierdie godsdiens staan bekend as die Avesta, waarvan die GÇthÇs, ou liedere, waarskynlik van Zoroaster self afkomstig is.

Zoroastrianisme was die belangrikste godsdiens van Iran (Persië) voor die koms van Islam*. Dit is waarskynlik dat die Persiese koning Darius*1 I (522–486 vC) ook die god Ahura Mazda aanbid het. Mithra was Ahura Mazda se belangrikste bondge­noot, en is in sommige kringe later as ’n god beskou, saam met ander gode soos Anahita en Vayu. Dualisme*, met ’n spanning tussen die twee pole van goed en kwaad, speel ’n belangrike rol in hierdie godsdiens. Die mens is sterflik, maar hy het onsterflike dele in hom, soos lewe, gods­diens, kennis en siel. Hieruit volg ’n geloof in ’n lewe ná hierdie lewe, waarin die siel* ook onder die oordeel moes kom, voor Ahura Mazda en twee metgeselle. In hierdie godsdiens word sterk klem geplaas op ’n hoë morele lewe. Sommige geleerdes aanvaar dat Zoroastrianisme ’n invloed op aspekte van die Judaïsme* en die Christendom* uitgeoefen het, met veral die gedagte van mo­no­teïsme* en die teenstelling tussen goed en kwaad.

Sidebar