ZWINGLI, ULRICH

ZWINGLI, ULRICH (1484–1531) was die prominentste en invloedrykste kerkhervormer uit Switserland. Hy neem ’n belang­rike posisie in onder die voorste kring van kerkhervormers waaronder Martin Luther*, Johannes Calvyn* en John Knox* tel. Hy het sy opleiding in Wenen en Basel ontvang. Meer as die ander kerkhervormers is hy deur Desiderius Erasmus* en die huma­nisme* beïnvloed. Gedurende 1519–1525 het hy in samewerking met die plaaslike owerheid ’n program van praktiese hervorming in Zürich en wyer in Switserland nagestreef. Hy het sterk standpunte oor openbare godsdiens* in ’n sober kerkgebou en oor die sakramente* as simboliese tekens gekoester, en heelwat verder in sy hervormingsoortuigings as bv Luther gegaan. Hy het nooit direk by die politiek van die dag betrokke geraak nie.

’n Olieverfskildery van Zwingli wat in 1531 deur Hans Asper (1499-1571) geskep is en tans in Winterthur, Switserland, se kunsmuseum bewaar word

 

Sidebar