GIFT OF THE GIVERS

GIFT OF THE GIVERS is ‘n humanitêre Moesliem*-organisasie wat bekend geword het vir sy hulp aan mense in nood – of dit nou onsuksesvolle pogings was om die Suid-Afrikaanse Pierre Korkie in 2014 deur middel van onderhandelinge te bevry nadat hy deur terroriste in Jemen gevange geneem is, of bystand aan Suid-Kaapse boere in droogtegeteisterde gebiede in 2018. Die Burger het op 9 Des 2014 in ‘n hoofartikel geskryf: “Gift of the Givers se Islamitiese wortels het hom nog nooit gekeer om Christene of Westerlinge te help nie. Trouens, Gift of the Givers het al hulplenigingswerk in 41 lande gedoen, insluitend Suid-Afrika waar verreweg die meeste inwoners Christene is. Hierdie organisasie wys vir die wêreld dat ekstremiste soos Al-Kaida allermins verteenwoordigend van die Moesliem-geloof of -kultuur is. Gift of the Givers dien as ‘n voorbeeld vir alle organisasies, gelowe, kulture en individue om nooit grense vir medemenslikheid te stel nie.”

Sidebar