VAN DER MERWE, GERT ANDRIES (GERDRIE)

VAN DER MERWE, GERT ANDRIES (GERDRIE) het sy doktorsgraad in die Kerkgeskiedenis aan die Universiteit van die Vrystaat verwerf en bekend geword as “die kroniekskrywer van gemeentes van die NG Kerk”. Hy het meer as vyftig boeke oor gemeentes se verhale geskryf en gesorg dat belangrike inligting oor die bewoë geskiedenis van gemeentes behoue bly. Hy behartig ook die In Memoriam-rubriek in die Jaarboek van die NG Kerke, en het ‘n buitengewone versameling boeke oor die geskiedenis van die NG Kerk en die Afrikaner opgebou met unieke Africana wat ongeëwenaard is in private besit. Gerdie van der Merwe was die predikant van Smithfeld, Kuruman en Bethulie, en het as prediker wyd bekend geword en met ‘n eie gebedsbediening baie mense bereik. Hy boer ná sy aftrede op hulle Vrystaatse familieplaas, maar beskou homself in eerste instansie as ‘n VDM – ‘n bedienaar van die Goddelike Woord. In 2016 is ‘n spesiale Andrew Murray-toekenning* aan hom gemaak vir sy skryfwerk en boekeversameling.

Sidebar