VAN DER WALT, ERNST JACOBUS

VAN DER WALT, ERNST JACOBUS (1942-) het aan die Universiteit Stellenbosch studeer, ‘n Rhodes-beurs verwerf, in die Nuwe Testament gepromoveer en was die NG predikant van Willowmore, Mosselbaai, Paarl, Vredelust en Rondebosch. Hy is die skrywer van verskeie publikasies, waaronder Teen die stormwinde in: ‘n “outobiografie” van Gaele Andriez van der Walt, die stamvader van die Van der Walt-familie in Suid-Afrika. Dié werk is deur die historikus Hermann Giliomee aangeprys as “’n baie besondere bydrae, nie net tot familiegeskiedenis nie, maar tot die verstaan van die Afrikaners* se pionier-voorvaders se veelbewoë lewe in die 18de eeu. Dis ‘n merkwaardige manier om genealogie te skrywe, ‘n nuwe genre”. Van der Walt kan beskou word as die “vader” van die Afrikaanse Passiespele in Suid-Afrika en was saam met sy vrou, Frieda, verantwoordelik vir ‘n hele aantal Passie-opvoerings tydens Pase in Maynardville, Wynberg. Hy was ook voorsitter van “Love Southern Africa” (1994-2000) en ‘n afgevaardigde na etlike internasionale evangelisasiekongresse in Suid-Afrika en die buiteland.

Sidebar