C

CHILIASME

CHILIASME. Kyk by: Premillennialisme.

CYRILLUS

CYRILLUS. Kyk by: Kurillos.  

CUSSONS, SHEILA

CUSSONS, SHEILA (1922–2004) is gebo­re op Piketberg, opgelei as beeldende kuns­tenaar en het verskeie suksesvolle solo- en re­trospektiewe uitstallings in Suid-Afrika ge­had. Sy vestig haar in Barcelona (1956–1980) en daarna in Kaapstad. Sy tree veral as Katolieke* dig­ter op die voorgrond. Haar debuutbundel Plek­trum (1970) is oor ’n kwart­eeu geskryf. Kenmerkende eienskap­pe van haar digterskap… Lees Meer »

CUM

CUM. Kyk by: Christelike Uitgewersmaatskappy.

CULLMAN, OSCAR

CULLMAN, OSCAR (1902–1999) is in Straatsburg gebore, het aan die universiteite van Parys en Straatsburg gestudeer en in 1930 professor in Straatsburg geword. Van 1938 tot 1972 was hy aan die Universiteit van Basel verbonde met die leerstoel in Ou Testament*. Hier het hy met Karl Barth* kontak gemaak. Hy het gehelp dat hierdie Switserse… Lees Meer »

CSV

CSV. Kyk by: Christenstudentevereniging

CROWTHER, SAMUEL AJAYI

CROWTHER, SAMUEL AJAYI (circa 1800–1891) is vroeg in die 1800’s in Yorubaland, Nigerië, gebore. In min of meer 1821 is hy deur ’n slawehandelaar aan die Portugese verkoop. Die skip wat die slawe Amerika toe moes neem, is deur die Britte voorgekeer en Crowther is vrygelaat. Hy is na Freetown in Sierra Leone gestuur waar… Lees Meer »

CROUS, TIMOTHEUS (TIMO)

CROUS, TIMOTHEUS (TIMO) (1935–) verwerf BComm in 1964 aan die Witwaters­randse Universiteit, en sluit in 1953 by sy pa, Freddie Crous*, se Christelike Uitgewers­maat­skappy (CUM)* aan, waarvan hy in 1972 die besturende direkteur geword het. Hy was president van die Bybelversprei­dingsorganisasie die Gideons* in Suid-Afrika, en het in dié organisasie se internasionale raad gedien. Sy… Lees Meer »

CROUS, FREDERIK REYNARD (FRED­DIE)

CROUS, FREDERIK REYNARD (FRED­DIE) (1906–1983) is in Riversdal gebore en wou van vroeg af predikant* word, maar omstandighede het dit verhinder. Hy word mettertyd bestuurder van die CSV-boekwinkel op Stellenbosch, en begin die Christelike Uitgewersmaatskappy (CUM) op die dag dat die Tweede Wêreldoorlog* uitgebreek het, 6 September 1939, aan die Rand. CUM was van die… Lees Meer »

Sidebar