H

HYBELS, WILLIAM (BILL)

HYBELS, WILLIAM (BILL) (1952–) is in Kalamazoo, Michigan, gebore en het sy teologiese opleiding – en later ’n eredoktorsgraad – by Trinity Evangelical Divinity School gekry. Ná ’n uitdaging aan die klas deur een van die dosente dat hulle hulle moet beywer vir ’n Handelinge 2-gemeente, het hy sy sakeplanne vir die bediening verruil. In… Lees Meer »

HUWELIKSVOORBEREIDING

HUWELIKSVOORBEREIDING kan ge­sien word as die beradingsproses waarby ’n pastor of terapeut en ’n voornemende egpaar betrokke is. Dit kan ook in ’n ruimer sin verstaan word as die begeleiding van jongmense en nog-nie-getroudes om bete­ke­nis­volle verhoudings aan te knoop wat kan uitloop op ’n huwelik*. As die ontwikkeling van huweliksvoorbereiding (in die enger sin… Lees Meer »

HUWELIKSTERAPIE

HUWELIKSTERAPIE. Kyk by: Huwe­liks­beraad.    

HUWELIKSKATEGESE

HUWELIKSKATEGESE. Kyk by: Huwe­liks­voor­bereiding.

HUWELIKSBERAAD

HUWELIKSBERAAD is gewoonlik (in die omgangstaal) die bystand wat ’n pastor of pastorale werker aan ’n egpaar wat verhoudingsprobleme ondervind, verleen. Die manier waarop hierdie bystand gegee word, word bepaal deur die paradigma (denk­­raamwerk) waarmee die pastor werk. Twee paradigmas kan breedweg onderskei word, naamlik ’n strukturalistiese en ’n pos­t­strukturalistiese paradigma. In die struktu­ra­lis­tiese paradigma… Lees Meer »

HUWELIK

HUWELIK. In die Christelike kerk* se verstaan van die huwelik het Jesus* se antwoord op die vraag van ’n Fariseër* of ’n man sommer oor enige ding van sy vrou* mag skei, nog altyd ’n sentrale rol gespeel: “Het julle nie gelees dat die Skepper hulle van die begin af man en vrou gemaak het… Lees Meer »

HUTTER, JACOB

HUTTER, JACOB (?–1536) was ’n hoedemaker uit Suid-Tirool (vandag Noord-Italië) en die leier van ’n radikale Christelike* be­we­ging wat soos ’n veldbrand deur die Duitssprekende dele van Europa versprei het. Hy het sy volgelinge veral uit die Kato­lieke Kerk* van daardie tyd getrek. Duisende mense het hulle (groot) laat doop* (wat destyds met die dood… Lees Meer »

HUS, JOHANNES

HUS, JOHANNES (1372–1415) is in Bo­heme (tans die Tjeggiese Republiek) gebore. Hy was saam met figure soos Wy­cliff* en Savanarola* van die belangrikste wegbereiders van die Kerkhervorming*. Alhoewel hy in die algemene geheue feitlik net onthou word vir die feit dat hy op die brandstapel gesterf het, het hy in sy lewe baie uitgerig. Naas… Lees Meer »

HURLEY, DENIS EUGENE

HURLEY, DENIS EUGENE (1915–2004), Katolieke* aartsbiskop van Durban (1952–1992), het as kind vier jaar op Robbenei­land gewoon waar sy pa die vuurtoring be­man het. Ná sy skoolopleiding in Pieterma­ritzburg, en onder invloed van sy diep godsdienstige Ierse ma, word hy lid van ’n Katolieke sendingorde, die Oblates of Mary Immaculate (OMI), en word in 1938… Lees Meer »

HUR

HUR is een van Moses* se leiers ná die uittog uit Egipte*. Hur het Aäron* gehelp om Moses se hande hoog te hou tydens die geveg teen Amalek* by Refidim. Terwyl hulle sy hande opgehou het, het Israel* die geveg gewen (Eks 17:12). Hy en Aäron word deur Moses as leiers aangestel toe Moses na… Lees Meer »

Sidebar