K

KWYTSKELDING

KWYTSKELDING is die leer dat Chris­tus* se dood sondaars hulle sonde* kwyt­skeld en hou verband met die verstaan van hilastérion (Grieks*) vir die versoendeksel in die Allerheiligste – die deksel waarop die hoëpriester* die bloed van die offer* sprin­kel as ’n teken van vergifnis van Israel* se sondes op die Versoendag*. In die verwy­sing na… Lees Meer »

KWEEKSKOOL/SEMINARIUM/FAKULTEIT, TEOLOGIESE, STELLENBOSCH

KWEEKSKOOL/SEMINARIUM/FAKULTEIT, TEOLOGIESE, STELLENBOSCH. Op 1 Nov 1859 is die ou Drosdy-gebou aan die bokant van Dorpstraat in Stellenbosch amptelik as ‘n plek vir teologiese opleiding geopen. Predikante van die NG Kerk is tot in daardie stadium meestal in Nederland opgelei. Daar was egter ‘n groeiende gevoel dat uitbreidings in die kerk plaaslike teologiese opleiding regverdig,… Lees Meer »

KWASIZABANTU

KWASIZABANTU (Zoeloe vir “die plek waar mense gehelp word”) is ’n geloofsbediening (Kyk by: Geloofsending) wat veral bekend is vir hulle gasvryheid. Eerw Erlo Stegen het hierdie werk in 1966 begin. Op ’n plaas tussen Greytown en Stanger voed die sending* tans elke dag gemiddeld 1 200 mense, waaronder ongeveer 130 voltydse vrywillige medewerkers met… Lees Meer »

KWARTELS

KWARTELS. Kyk by: Diere van die Bybel.

KWAKERS

KWAKERS. Kyk by: Religious Society of Friends; ook: Fox, George.  

KWAAD WORD (WOEDE)

KWAAD WORD (WOEDE) is ’n reaksie wat in die Nuwe Testament* soms beskou word as ’n simptoom van die ou “vleeslike” bestaanswyse in teenstelling met ’n Gees­beheerde lewe (bv Gal 5:13-25). In ander omstandighede waarsku Paulus* gelowiges om nie te sondig of te gaan slaap wanneer hulle wel kwaad is nie (Ef 4:26-27). Jesus* se… Lees Meer »

KWAAD (DIE BOSE).

KWAAD (DIE BOSE). In beide die Ou* en die Nuwe Testament* is die kwaad materieel én eties. Materieel: Die kwaad is die slegte in die skepping, soos onverklaarbare siekte, rampspoed en lyding. Eties: Die kwaad manifesteer in mense se slegte gedrag, soos ongehoorsaamheid, onreg, ontrou, afgodery*, sonde*. Die kwaad kom nie van God, ’n ander… Lees Meer »

KUYPER, ABRAHAM

KUYPER, ABRAHAM (1837–1920) sorg vir die grootste oplewing van die klassieke gereformeerde* Protestantisme* in Neder­land sedert die bloeityd daarvan in die 16de en 17de eeu. Dit is hy wat deur sy toesprake en geskrifte die man op straat of die “kleine luyden” teen die laat-19de vroeg-20ste eeu mobiliseer vir die herstel van die gereformeerde kerke,… Lees Meer »

KUS

KUS is die naam van ’n beskawing waarvan ons in die Ou Testament* lees, waar een van die seuns van Gam* hulle gevestig het. Dit was ’n gebied in Noord-Afrika wat in die Bybel* beskryf word as ’n baie groot gebied wat die suide van Egipte* en dele van Etiopië* ingesluit het. Die naam is… Lees Meer »

KURIOS

KURIOS. Kyk by: Here

KUNSMATIGE INSEMINASIE (KI)

KUNSMATIGE INSEMINASIE (KI) is ’n belangrike middel om kinderlose egpare te help om ’n kind of kinders te kry, veral daar waar met suiwer motiewe in opregt­heid na ’n kindjie verlang word. Dit is vir gelowiges belangrik om hierdie saak te sien binne die Bybelse verbande wat tussen huwelik* en voortplanting gelê word. Die huwelik*… Lees Meer »

KÜNG, HANS

KÜNG, HANS (1928–) is ’n Switserse Kato­lieke teoloog wat sedert 1960 in Tübingen doseer het. Sy teologiese werk word deur drie sake oorheers, naamlik apologetiek*, ekumenisiteit (Kyk by: Ekumeniese teologie) en die hervorming van die Katolieke Kerk*. Hy sien sy belangrikste taak as teoloog om die Christelike evangelie* so geloof­waardig en relevant as moontlik vir… Lees Meer »

KULTUS

KULTUS 1. (Godsdienstige) verering; stelsel van (godsdienstige) oortuigings en meegaande ritueel*. 2. ’n Dikwels oordrewe bewondering en verering – wat aan aanbidding kan grens – van ’n persoon of ’n saak.  

KULTUURPROTESTANTISME

KULTUURPROTESTANTISME of libe­rale Protestantisme beskryf die kritieklose samevloeiing van kontemporêre kultuur* en ’n Christelike lewenswyse – die kultuur word opgeneem in die Christelike lewens­wyse en godsdienstige taal en die radikale andersheid van ware Christelike dissipel­skap* word verwater. “Christendom*” is dan ’n kultuurverskynsel eerder as uitdrukking van ’n geloofsgemeenskap en die onderskeid tussen kerk* en samelewing*… Lees Meer »

KULTUUROPDRAG

KULTUUROPDRAG. Die eerste openba­ring van God aan die mens in Gen 1:28 word ook die “kultuuropdrag” of “kultuurtaak” genoem: “Toe het God hulle geseën en vir hulle gesê: ‘Wees vrugbaar, word baie, bewoon die aarde en bewerk dit. Heers oor die vis in die see, oor die voëls in die lug, oor al die diere… Lees Meer »

KULTUUR

KULTUUR as woord kom van die Latyn cultus en cultura. Dit hou verband met colere wat ’n verskeidenheid van betekenisse het: omploeg, bebou, bewoon, versorg, versier, dien, vereer. Van die opdrag om kul­tuur te skep, lees ons reeds in Gen 1:26 en 28: “Wees vrugbaar, word baie, bewoon die aarde en bewerk dit. Heers oor… Lees Meer »

KUITERT, HARMINUS MARTINUS (HARRY)

KUITERT, HARMINUS MARTINUS (HARRY) (1924–) is ’n gereformeerde* teoloog in Nederland. Hy was predikant in die Gereformeerde Kerken van Nederland en van 1965 tot 1989 hoogleraar in etiek* en dogmatiek* aan die teologiese fakulteit van die Vrije Universiteit* in Amsterdam. Sy teologiese arbeid word in ’n groot aantal publikasies verwoord. Een van die hoofoogmerke van… Lees Meer »

KRUISTOGTE

KRUISTOGTE is een van die aanvanklik goedbedoelde ondernemings in die kerk­geskiedenis wat in die naam van die evangelie* aangepak is, maar wat, jammer genoeg, baie suur geword het. Die sewe verskillende kruistogte wat oor 200 jaar gestrek het van ongeveer 1096 af tot 1291, het ’n lang aanloop, maar uiteindelik ook baie implikasies gehad. Dit… Lees Meer »

KRUISEMENT

KRUISEMENT. Kyk by: Plante in die Bybel.

KRUIS, KRUISIGING

KRUIS, KRUISIGING. In antieke tye was kruisiging ’n bekende praktyk om op die gruwelikste moontlike manier veral slawe* tereg te stel. Reeds vroeg is dieselfde pale met geskerpte punte wat gebruik is om vestings mee te omhein en te beveilig, deur die liggame van oorwonne vyande gesteek en ingeplant om hulle te martel, te straf… Lees Meer »

KRUGER, STEPHANUS JOHANNES PAULUS (PAUL)

KRUGER, STEPHANUS JOHANNES PAULUS (PAUL) (1825–1904) is streng Calvinisties* opgevoed en het ’n voorliefde vir die Ou-Testamentiese* patriargale* instellings gehad. Hy het gevolg­lik meermale sy eie volk as verbondsvolk beskou wie se lotgevalle met dié van die vroeëre Israel* vergelyk kon word. Ty­dens die Groot Trek het die Kru­gers hul­le in 1838 op Pot­chefstroom gevestig…. Lees Meer »

KROTOA

KROTOA. Kyk by: Eva2.

KRONIS

KRONIS. Kyk by: Kronieke.

1 EN 2 KRONIEKE (BYBELBOEKE)

1 EN 2 KRONIEKE (BYBELBOEKE). Vir baie lank was die Kroniekboeke ’n afgeskeepte deel van die Ou Testament*. Die rede daarvoor is waarskynlik omdat dit oënskynlik ’n herhaling is van die geskiedenis van Ou Israel* wat reeds in die Samuel*- en Koningsboeke* aan die orde gekom het. Alreeds in die laaste twee eeue vC het… Lees Meer »

KROKODIL

KROKODIL. Kyk by: Diere van die Bybel.

KROG, ANNA ELIZABETH (ANTJIE)

KROG, ANNA ELIZABETH (ANTJIE) (1952–) word beskou as een van die grootste digters in Afrikaans*. Sy debuteer in 1970 met Dogter van Jefta, en daarna volg etlike bundels. Lady Anne (1989), waarin Krog gestalte gee aan haar twyfel en vrae oor die blanke mens se voortbestaan in Afrika, wen die Hertzogprys. In Verweerskrif (2005) vloek… Lees Meer »

KROEZE, JAN HENDRIK

KROEZE, JAN HENDRIK (1897–1984) het sy skoolopleiding te Middelburg, Ne­derl­and, ontvang en sy teologiese opleiding te Kampen. Hy word doktorandus in Semi­tiese tale* en behaal sy doktorsgraad in die teologie* aan die Vrije Universiteit*, Amster­dam, met as proefskrif Genesis Veertien, een exegetisch-historische studie (1937). Vanaf 1922 is hy predikant in die Gere­formeerde Kerken Leidschedam, Reitsum… Lees Meer »

KRITZINGER, GERRIT SCHMIDT

KRITZINGER, GERRIT SCHMIDT (1949–) is in Kimberley gebore. Ná voltooiing van sy teologiese opleiding aan die universiteite van die Vrystaat en Stellenbosch, was hy leraar in die NG gemeentes Algoapark, Port Elizabeth en Cradock-Oos. Hy was sedert 1990 in diens van die Bybelgenootskap* van Suid-Afrika en is in 1998 as uitvoerende hoof daarvan aange­stel. Kritzinger… Lees Meer »

KRISTALLNACHT

KRISTALLNACHT verwys na die nag van 9-10 November 1938 toe Jode* en hulle eiendom deur Duitse Nazi’s (Kyk by: Nasionaal-Sosialisme*) aangeval is. Dit naam is afgelei van die glasskerwe wat dié nag in die strate rondgesaai gelê het. “Die Nag van die Glasskerwe” word ook die November-Pogroms genoem. Die Pogroms (Russies vir verwoesting of oproer)… Lees Meer »

KRISTAL

KRISTAL. Kyk by: Juwele en edelstene.

KRISISTEOLOGIE

KRISISTEOLOGIE. Kyk by: Dialektiese teologie.  

KRISISPASTORAAT

KRISISPASTORAAT. Die Grieks* vir krisis (krinein) verwys na uitsifting (kaf word van koring geskei). ’n Krisis is dus ’n radikale wending in die “normale” verloop van sake. Die verworwe hanteringsmeganis­mes/stra­te­gieë stort in duie. ’n Wanbalans tussen die moeilikheidsgraad van die probleem en die onmiddellike, persoonlike reserwes ont­staan (ongekontroleerde bekommernis). Verskeie krisisse kan geïdentifiseer word: Ontwikkelingskrisisse;… Lees Meer »

KRIEL, CORNELIUS JOHANNES

KRIEL, CORNELIUS JOHANNES (1913–2000) voltooi sy studie aan die Sen­dinginstituut* op Wellington en word in 1935 gelegitimeer. Hy bedien die NG Sen­ding­gemeentes van Kakamas (1936) en Wel­lington (1948). Hy word as dosent aangestel aan die teologiese skool van die des­tydse NG Sendingkerk*, en in 1961 word hy die eerste voltydse professor in ekklesiologie*. In dieselfde… Lees Meer »

KRIEL, ABRAHAM PAUL

KRIEL, ABRAHAM PAUL (1850–1927) was ’n vroom en nederige mens met besondere organisatoriese vermoëns en praktiese vernuf én is verbind aan die bekende kinderhuise wat vandag sy naam dra. Hy is naby Franschhoek gebore en studeer teologie* op Stellenbosch. Ná tydelike werk in Jansenville is hy in 1881 bevestig as leraar* op Dutoitspan, Kimberley, en… Lees Meer »

KRETZEN, JOHANN

KRETZEN, JOHANN (1809–1897), wat in Duitsland gebore is, kom in 1838 as timmerman in Kaapstad aan, en hou gods­diensoefeninge oral waar hy kan om die evangelie* te versprei. In 1843 gaan hy na Swellendam waar hy in die buitewyke van die gemeente* arbei. Twee jaar later word hy as godsdiensonderwyser toegelaat, en nog drie jaar… Lees Meer »

KRETA

KRETA is ’n groot eiland in die Middel­landse See, suidoos van Griekeland. Ná die glorieryke Minoïese en Miseneense beska­wings op Kreta, is Kreta sedert die Doriese invalle (ongeveer 1200 vC) slegs bekend vir sy huursoldate en handelaars. Talle Jode* het in die 2de eeu vC op Kre­ta gewoon. Toe die Kretensers die Jode be­gin verdruk… Lees Meer »

KREASIONISME

KREASIONISME is die oortuiging wat in verskeie godsdienstige en filosofiese tradi­sies gehuldig word dat die heelal en alle vorms van lewe toe te skryf is aan die bona­tuurlike skeppingswerk van God of ’n ander goddelike wese. Die Goddelike skeppingswerk kan óf die vorm van skepping uit niks (creatio ex nihilo) óf die totstandkoming van orde… Lees Meer »

KRANSDUIWE

KRANSDUIWE. Kyk by: Diere van die Bybel.

KRAGTE, MAGTE

KRAGTE, MAGTE (1 Pet 3:22). Volgens die Nuwe-Testamentiese* wêreldbeeld be­staan die hemel* uit verskillende lae. Tus­sen die aarde* en die woonplek van God, wat bo alles verhewe is, woon allerlei engele* en ander hemelwesens, kragte (dunameis of argai) en magte (eksousiai). Hulle word beskou as die bose stuurkragte agter aardbewoners se gedrag. Uit 1 Kor… Lees Meer »

KRAEMER, HENDRIK

KRAEMER, HENDRIK (1888–1965), van geboorte ’n Amsterdammer, het as sende­ling* in Indonesië die Bybel* vertaal en die selfstandigwording van die jong Indonesie­se kerke bevorder. Van 1937–1948 was hy pro­fessor van die geskiedenis van die godsdienste en vergelykende godsdienskunde aan die Universiteit van Leiden. Hy het bui­ten­gewone bekendheid verwerf met sy boek A Christian Message in… Lees Meer »

KRAANVOËL

KRAANVOËL. Kyk by: Diere van die Bybel.

KRAAIE

KRAAIE. Kyk by: Diere van die Bybel.

KOYI, WILLIAM NTHUNZANI

KOYI, WILLIAM NTHUNZANI (1846–1886), ’n Gaika afkomstig uit die Oos-Kaap, is opgelei te Lovedale* naby Alice. Hy word een van die eerste vier sendelinge* uit Suid-Afrika na Midde-Afrika. In 1876 gaan hulle as evangeliste saam met die Skotse sende­ling James Stewart* na Malawi waar die Livingstonia-sending pas die vorige jaar begin het. Hulle werk eers… Lees Meer »

KOTZÉ, JOHANNES JACOBUS

KOTZÉ, JOHANNES JACOBUS (1832–1902) se pa was onder andere burgemeester van Kaapstad en lid van die Wetgewende Vergadering. Hy woon die skool van Changuion* by en begin in 1852 teologie* in Leiden, Nederland, studeer. Een van sy leermeesters was die liberale CW Opzoomer. Hy aanvaar ’n beroep na Darling in 1859. Tydens die sinode* van… Lees Meer »

KOTZÉ, JACOBUS CORNELIUS GI­DE­ON (KOLIE)

KOTZÉ, JACOBUS CORNELIUS GI­DE­ON (KOLIE) (1891–1979). ’n Krygs­ge­vangene belowe aan God dat, as Hy sy siek vrou en seun sou spaar, hy die seuntjie aan die Here sou teruggee. Die seuntjie was Kolie Kotzé wat eers as veertienjarige die plaasskool Granaatboschkolk en daarna Do­ringrivier, Niewoudtville, besoek het, en matriek aan die Hoër Jongenskool te Stellenbosch… Lees Meer »

KOSMOS

KOSMOS beteken in Grieks* “orde”, “sierlikheid” – en vandaar ’n geordende stelsel van hemelliggame, en ook wêreld. Die begrip “wêreld” is egter onbekend in die Ou Testament*. Die terme wat daar gebruik word, is “hemel* en aarde*” (Gen 1:1) of “alles” (Ps 8:6; Jes 44: 24). In die Nuwe Testament* beteken “kosmos” in 1 Pet… Lees Meer »

KOSMOLOGIE EN KOSMOGONIE

KOSMOLOGIE EN KOSMOGONIE. ’n Kosmologie is ’n beskouing oor die kosmos* of die universum as ’n georganiseerde enti­teit. Kosmogonie is ’n weergawe van hoe hierdie georganiseerde en gestruktureerde entiteit ontstaan het. Dit word dikwels deur middel van verhale geïllustreer. In bespre­kings van die Bybelse gegewens hieroor, word hierdie twee terme meesal as wisselterme gebruik. Die… Lees Meer »

KOSMOGONIE

KOSMOGONIE. Kyk by: Kosmologie.

KORT BEGRIP

KORT BEGRIP is ’n eenvoudige, po­pulêre verwerking van die vrae en ant­woorde van die Heidelbergse Kategismus*. Dit is oorspronklik in 1608 deur ’n gerefor­meerde* predikant, Hermanus Faukelius, van Middelburg in Nederland opgestel. Dit is nooit as ’n amptelike belydenisskrif goedgekeur nie, maar is in die verlede dikwels as ’n plaasvervanger vir die Kategismus in die… Lees Meer »

KORSTEN, GERHARD (GÉ)

KORSTEN, GERHARD (GÉ) (1929–1999) is in Rotterdam, Nederland, gebore en het as sewejarige saam met sy ouers na Suid-Afrika verhuis. Hy studeer in Pretoria en in 1963 in Wenen onder Judith Hellwig. Ná sy terugkeer tree hy in talle operas, operettes en musiekblyspele op, ook as tenoor in Bach* se Matthäus-Passion. In 1965 betree hy… Lees Meer »

KORRELASIETEOLOGIE

KORRELASIETEOLOGIE. Paul Tillich* se teologiese bydrae word beskou as ’n ontvouing en verbreding van die Lutherse* beginsel van die regverdiging* deur die genade* van geloof* alleen. Die metodologiese manier waarop hy hierdie beginsel uit­werk, is by wyse van korrelasie. Hier­volgens was Tillich oortuig dat die bemiddelende weg tussen teologie* en kultuur* slegs onderneem kon word… Lees Meer »

KORNELIUS

KORNELIUS was volgens Hand 10 die eerste heiden* wat ’n Christen* geword het. Kornelius was ’n kaptein in die Italiaanse regiment, gestasioneer in Sesarea*. Hy bid gereeld, en doen baie vir die armes onder die Jode*. Hy en sy hele gesin was godvresend. Dit beteken hy het die Joodse geloof aangehang, maar weens sy beroep… Lees Meer »

2 KORINTIËRS/KORINTHIëRS (BYBELBOEK).

2 KORINTIËRS/KORINTHIëRS (BYBELBOEK). Hoe­wel die gemeente* in Korinte/Korinthe die produk van Paulus* se prediking* in die plaaslike sinagoge* was (Hand 18:1-11), word algemeen aanvaar dat die meerderheid van die gemeente bekeerlinge uit die heidense* wêreld* was. ’n Gedeelte van die gemeente het aan ’n Joodse kolonie in die hawestad behoort. Die brief* is waarskynlik tussen… Lees Meer »

1 KORINTIËRS/KORINTHIëRS (BYBELBOEK).

1 KORINTIËRS/KORINTHIëRS (BYBELBOEK). Pau­lus* het hierdie brief* waarskynlik geskryf tydens die lente (net voor Pinkster*, en met die oog op sy reis na Korinte* om daar te oorwinter, 1 Kor 16:6) tussen 53-55 nC (Hand 18:1-2, 12-17) vanuit Efese* (1 Kor 16:8) aan die gemeentes* wat hy in Korinte/Korinthe ge­stig het. Paulus word met ’n… Lees Meer »

KORINTHE

KORINTHE. Kyk by: Korinte/Korinthe.

KORINTE/KORINTHE

KORINTE/KORINTHE was in die Nuwe-Testamentiese* tyd ’n groot, welvarende en kosmopolitiese handelstad in die suide van Griekeland aan die Middellandse See en een van die sentrums van Hellenistiese* kultuur. Die stad se kosmopolitiese gees het gelei tot die breek met tradisie en konvensie, eksperimentering met nuwe gedagtes, en opgewondenheid oor geestelike ervarings. Met die stigting… Lees Meer »

KORES

KORES, ook bekend as Kores die Grote (“Cyrus” in Engels), was die grondlegger van die Persiese Ryk* wat ’n belangrike rol gespeel het teen die einde van die geskiedenis wat in die Ou Testament* beskryf word. Sy pa was Kambuses en sy ma waarskynlik ’n Mediër-prinses. In 559 vC het hy koning van die Perse… Lees Meer »

KORAN

KORAN (Qur’an in Arabies*) is die heiligste boek van die Islam*. As diep godsdienstige mens getuig die profeet Mohammed* op 40-jarige leeftyd (610 nC) self hoe hy, tydens een van sy meditasies by berg Hira naby Mekka, deur die engel* Gabriël* (Djibril) beveel is om voortaan namens God (Arabies: Allah) ’n drievoudige boodskap te verkondig:… Lees Meer »

KORAG

KORAG. Hierdie naam word hoofsaaklik verbind aan een van die leierfamilies in die Jerusalem*-tempel*. Aanvanklik (in die voor-ballingskapse en ballingskapse tyd – Kyk by: Ballingskap) was hierdie familie baie prominent. Hulle het waarskynlik ’n belangrike rol in die godsdiensbeoefening (kultus) gespeel – soos die Koragitiese psalmopskrifte laat blyk (Ps 42; 44–49; 84–85; 87–88). Dit blyk… Lees Meer »

KORAAL

KORAAL. Kyk by: Juwele en edelstene.

KOR

KOR. Kyk by: Mate, gewigte, geld.

KOPTIES-ORTODOKSE KERK IN SUID-AFRIKA

KOPTIES-ORTODOKSE KERK IN SUID-AFRIKA (Coptic Orthodox Church) het in 1992 tot stand gekom en staan in die Ortodokse* tradisie. Hierdie kerk sluit by die Afrika-Ortodokse Kerk aan, en hulle hoof­kantoor is in Parkview in Johannesburg.

KOPTIESE KERK

KOPTIESE KERK is ’n baie ou Egiptiese Christelike kerk, sowat 2 000 jaar oud. Die oorsprong van die Christendom* in Egipte* is onbekend. Sommige beweer dat die evangelis Markus* vanuit Rome* die kerk van Aleksandrië* sou gestig het. Ander meen dat die Christelike geloof* deur Joodse* Christene uit Palestina* na Egipte gebring is. Omstreeks 200 nC… Lees Meer »

KOPTIES

KOPTIES. Die koms van die Hellenisme* het in Egipte* daartoe aanleiding gegee dat ’n nuwe taal, Kopties, ontstaan het. Hierdie woord is afkomstig van die Arabies qubtî, wat ’n verskrywing is van die Griekse* woord (ai)gúpti(os) = Egipties. Hierdie taal is Egipties op Grieks – ’n unieke mengsel van ’n Hamitiese taal (Egipties) en ’n… Lees Meer »

KOPERSIMBALE

KOPERSIMBALE. Kyk by: Musiekinstru­men­te in die Bybel.

KOPERMUNTSTUK

KOPERMUNTSTUK. Kyk by: Mate, ge­wigte, geld.

KOOS KOMBUIS

KOOS KOMBUIS. Kyk by: Du Toit, André Le Roux.

KOOPMAN, NICO NORMAN

KOOPMAN, NICO NORMAN (1961–) was sedert 2001 aan die teologiese fakulteit op Stellenbosch verbonde waar hy hoofsaaklik Christelike etiek* doseer het. Hy was dekaan van dié fakulteit toe hy in 2016 ’n vise-rektor van die Universiteit Stellenbosch geword het. Koopman, wat in 1961 op Niekerkshoop in die Noord-Kaap gebore is, studeer teologie* aan die Universi­teit… Lees Meer »

KONVENT

KONVENT. Gereformeerd*-kerkregtelik* en histories is ’n kerklike konvent, in teenstelling met ’n formele kerkvergadering (hetsy kerkraad*, ring*, sinode*) ’n byeen­koms van persone uit kerke wat nie in dieselfde sin “afgevaardigdes” van die deelnemende kerke is nie en daarom ook nie die bevoegdheid het om besluite te neem wat sonder meer bindend is op die kerke… Lees Meer »

KONTRAREFORMASIE

KONTRAREFORMASIE. Die term “Kon­tra­reformasie” word deur Katolieke ge­leerdes as te eng en reaktief beskou om die hervor­mingsbeweging in die Katolieke Kerk*, wat reeds vóór die Reformasie* begin het, te beskryf. Dit kan hoogstens gebruik word om spesifieke maatreëls wat teen die R­e­formasie getref is, aan te dui. Daar was egter ’n beweging wat soms die… Lees Meer »

KONTEKSTUALISERING

KONTEKSTUALISERING is as term die eerste keer in 1972 deur S Coe en A Sapsezian van die Theological Education Fund gebruik. Die woord het gou ingeslaan en is algemeen gebruik vir ’n verskeidenheid teologiese modelle, onder andere die bevrydingsteologie* Daar is geoordeel dat die term “inheemswording*” dui op die tuiskoms in die tradisionele kultuur*, en… Lees Meer »

KONTEKS

KONTEKS is die maandelikse gesinstydskrif van die Nederduitsch Hervormde Kerk* van Afrika. Die blad bevat ’n verskeidenheid rubrieke en artikels oor aktuele geloofstemas, lewensvaardighede en gesinsaktiwiteite en word as ’n identiteit- en spiritualiteitvormende publikasie bestempel. Konteks verskyn sedert 1990, het ’n oplaag van sowat 11 000 en word onder lidmate in Suid-Afrika, Namibië, Zambië, Zimbabwe… Lees Meer »

KONSUBSTANSIASIE

KONSUBSTANSIASIE. Gedurende die Kerkhervorming* in die 16de eeu het daar ’n hewige stryd tussen Christene oor die nagmaal* ontstaan. Aan die een kant was daar die Katolieke Kerk* met hulle opvatting dat die nagmaal ’n misoffer* is wat volgens die filosofiese beginsel van transsub­stansiasie* werk. Die sigbare eienskappe van die brood en wyn bly dieselfde,… Lees Meer »

KONSTANTYN DIE GROTE (GAIUS FLAVIUS VALERIUS CONSTANTINUS)

KONSTANTYN DIE GROTE (GAIUS FLAVIUS VALERIUS CONSTANTINUS) (circa 274–337) was een van die belangrike figure van sy tyd in die algemene en ook in die kerkgeskiedenis*. Hy was die eerste Christelike keiser* van die Romeinse Ryk*. In 312 het hy die belang­rike veldslag by die Milviese brug gewen en in 313 is die Edik van… Lees Meer »

KONSTANTINOPEL

KONSTANTINOPEL, vandag Istanbul in Turkye, is in 330 deur Konstantyn* ingerig as hoofstad op die terrein van die Griekse stad Bizantium. Hoofstad van die Oosterse ryk tot 1453. Turkse hoofstad van 1453 tot 1923. In die kerkgeskiedenis* is die stad veral bekend vir die konsilies* wat daar gehou is. Op die konsilie van 381 is… Lees Meer »

KONSILIE

KONSILIE. Kerkvergadering. Kyk by: Ekumeniese konsilies.

KONSERWATISME

KONSERWATISME beskryf óf ’n onkritiese houding waarin die bestaande sosiale orde (die status quo) ondersteun word en slegs geleidelike aanpassings in die lig van ervaring en beproefde oortuigings aanvaar word, óf dit verwys na die onderskrywing van tradisionele waardes waarmee mense vertroud geraak het en wat hulle as gesag­hebbend beskou, en gevolglik benut om hulle… Lees Meer »

KONINKRYK VAN GOD

KONINKRYK VAN GOD. 1. Dié term funksioneer in die Bybel* nie as ’n statiese voorstelling (God op sy troon in sy ryksgebied) nie, maar in ’n dinamiese, aktiewe sin. As die lewende en handelende God, oefen God sy koningskap uit deur sy roemryke dade (uittog, intog, terugkeer uit balling­skap*, en so meer). 2. Alhoewel dit… Lees Meer »

KONINGSKAP VAN CHRISTUS

KONINGSKAP VAN CHRISTUS. Die koningskap van Christus* is ’n aspek van sy amp as Middelaar*. Dit is die heerskappy van God soos dit toegespits is op die versoening en verlossingswerk waarvoor die Seun van God (Kyk by: Seun, God die) mens geword het. Daarom moet dit gesien word as ’n aktiewe rege­rings­werksaamheid en ’n progressiewe… Lees Meer »

KONINGS VAN JUDA*4 (SUIDRYK)

KONINGS VAN JUDA*4 (SUIDRYK). Rehabeam* (929–911 vC); Abia (911-908); Asa* (908–867); Josafat*1 (870–846); Joram (851–843); Ahasia*2 (843–822); Atalia* (842–836); Joas*1 (836–798); Amasia*1 (798–769); Ussia *1/Asarja*1 (785–733); Jotam*2 (759–743); Agas* (743–727); Hiskia* (727–698); Manasse*2 (698–642); Amon*1 (641–640); Josia* (639–609); Joahas*2 (609); Jojakim* (608–598); Jojagin* (597); Eerste wegvoering in ballingskap 597; Sedekia*2 (596–586); Tweede wegvoering in balling­skap/Vernietiging… Lees Meer »

KONINGS VAN ISRAEL*4 (NOORD­RYK).

KONINGS VAN ISRAEL*4 (NOORD­RYK). Jerobeam*1 I (928–907 vC); Nadab (907–906); Baesa* (906–883); Ela (883–882); Simri*2 (882); Tibni (882–878); Omri* (882–871); Agab* (837–852); Ahasia*1 (852–851); Joram (851–842); Jehu*1 (842–814); Joahas*1 (817–800); Joas*2 (800–784); Jerobeam*2 II (788–747); Sagaria (747); Sallum (747); Menahem* (747–737); Pekahia* (737–735); Peka (735–732); Hosea*2 (732–724); Wegvoering/Val van Samaria 722 vC. Die enigste datum… Lees Meer »

1 EN 2 KONINGS (BYBELBOEKE)

1 EN 2 KONINGS (BYBELBOEKE). Die twee Koningsboeke is die laaste twee boeke van die Deuteronomistiese geskied­werk*, ’n omvattende geskiedenis van Is­rael* wat begin by die uittog* uit Egipte* soos dit in Deuteronomium* vertel word en eindig by die val van Jerusalem* aan die einde van 2 Konings. Dit is egter nie ge­skiedenis ter wille… Lees Meer »

KONING

KONING. In Bybelse* tye was daar drie soorte konings: 1. Plaaslike heersers soos Hebron* se koning (Jos 10:3); 2. Assirië se koning wat met sy leër as die godheid se verteenwoordiger beskou is (Kyk by: Assiriese Ryk); 3. Egipte* se koning wat aanspraak maak om self god te wees. Israel* was ’n teokrasie* waar God… Lees Meer »

KÖNIG, ADRIO

KÖNIG, ADRIO (1936–) het in Bloem­fon­tein en Pretoria in die wysbegeerte en teologie* gestudeer. Nadat hy in twee NG gemeentes predikant was, aanvaar hy in 1966 ’n pos in sistematiese teologie by Unisa. In 1975 word hy professor en van 1977 tot 1994 dien hy as hoof van die depar­tement Sistematiese Teologie en Teologiese Etiek…. Lees Meer »

KONGREGASIONALISME

KONGREGASIONALISME is die benadering van ’n kerklike groepering wat hulle beslag uit die puriteine* van die 17de eeu gekry het. Die kleinseun van Mary Stuart, koning Karel I (1625–1649), wou met mag die Anglikaanse* tradisie bevorder, maar moes die aftog teen sy parlement blaas wat die Westminster-Konfessie* (1646), met sy sterk presbiteriale* inslag, aanvaar het…. Lees Meer »

KONFESSIONELE TEOLOGIE

KONFESSIONELE TEOLOGIE. Bely­de­nisse (konfessies) (Kyk by: Belydenis) was van die begin van die Christendom* af ’n integrale deel van die geloof*, en het hulle oorsprong in die Vroeë Kerk* se belydenis dat Jesus* die Here* is. Die woord “confessio” verwys aanvanklik na ’n martelaar* se belydenis van sy geloof voor die wêreld. “Konfessionele teo­logie” bemoei… Lees Meer »

KONFESSIONALISME

KONFESSIONALISME moet verstaan word teen die agtergrond van kerke wat geloofswaarhede bely en daardie oortui­gings in gesagvolle dokumente uitspel. So ontstaan belydenisskrifte*, wat gesag het in die kerke wat daardie belydenisskrifte as sodanig aanvaar. Dit is veral duidelik die geval in gereformeerde* kerke. Konfessiona­lisme is waar hierdie belydenisskrifte in be­ginsel as onveranderlik gesien word. Volle… Lees Meer »

KONFESSIE

KONFESSIE. Kyk by: Belydenisskrif.

KOMYN

KOMYN. Kyk by: Plante in die Bybel.

KOMPROMIS

KOMPROMIS is afgelei van die Latynse com (= saam) en mittere (= beloof). Dit dui op ’n (on-)verantwoordbare skikking waar ’n konfliksituasie ontstaan en waar noodsaaklik gehandel moet word. Dit is nou verweef met die vraagstuk van ’n botsing van pligte*. Die sonde* is die diepste oorsaak van alle konflikte en kompromieë. In ’n gebro­ke… Lees Meer »

KOMMUNISME EN NEO-MARXISME

KOMMUNISME EN NEO-MARXISME. Die woordeboekdefinisie van kommunisme lui soos volg: “1. Sosiale en politieke leer, gebaseer op die beginsels van Karl Marx*, wat die geskiedenis vertolk met as uiteindelike resultaat ’n oorwinning deur die proletariaat en die vestiging van ’n stelsel van gemeenskaplike besit van produksie- en verbruiksmiddele. 2. Totalitaristiese rege­ring­stel­sel waarin die staat eienaar… Lees Meer »

KOMMUNIKASIE EN SENDING

KOMMUNIKASIE EN SENDING. Sending* vereis dikwels transkulturele kommunikasie. Sodanige kommunikasie hou verband met die begrippe aanknoping/aanknopingspunt*, akkommodasie*, akkul­tu­rasie*, inheemswording*, inkarnasie en kontekstualisering*. Kommunikasie is ’n pro­ses wat die volgende elemente bevat: 1. ’n bron; 2. ’n boodskap, en 3. ’n ontvanger of respondent. Die bron moet die boodskap verpak of enkodeer en stuur. Die ontvanger… Lees Meer »

KOMKOMMERS

KOMKOMMERS. Kyk na: Plante van die Bybel.

KOMBUIS, KOOS

KOMBUIS, KOOS. Kyk by: Du Toit, André Le Roux.

KOLOSSENSE (BYBELBOEK)

KOLOSSENSE (BYBELBOEK). Dié brief* is gerig aan die Christelike ge­meente* in Kolosse, geleë in Frigië*, Klein-Asië*, ’n pleknaam wat net in die briefopskrif en in Kol 1:2 vermeld word. Alhoewel Kolosse tydens die Romeinse periode (Kyk by: Romeinse Ryk) ’n belangrike stad was waarvan die ekonomie hoofsaaklik om die tekstielbedryf gewentel het, is dit gaandeweg… Lees Meer »

KOLONIALISME

KOLONIALISME is die ekonomiese, politieke en maatskaplike beleid waardeur ’n groot moondheid sy kontrole oor landstreke en volke handhaaf of uitbrei; dis die beleid waardeur kolonies verkry of behou word. Een van die vernaamste beweegredes vir die kolonisering van ander lande was in die geskiedenis die soeke na natuurlike of minerale rykdom gepaardgaande met die… Lees Meer »

KOLJANDER

KOLJANDER. Kyk by: Plante in die Bybel.

KOINONIA

KOINONIA. Kyk by: Gemeenskap (Chris­te­like).

KOHAT

KOHAT was die seun van Levi* en waar­skynlik die oupa van Aäron*. Die Kohatiete is as ’n belangrike Levitiese priester*familie gereken, hoewel dit nie seker is in watter verhouding hulle tot ander priesterlike groepe gestaan het nie. In sommige pries­terlike geskrifte word aangedui dat hulle die taak gehad het om die heilige voorwerpe van die… Lees Meer »

KNOX, JOHN

KNOX, JOHN (circa 1513-1572) het ge­studeer aan die Universiteit van St Andrews, waar hy onder John Major se invloed gekom het. Hy is as priester*2 en apostoliese notaris gewy, maar het hom in 1545 by die Zwingliaanse Hervormer George Wishart aangesluit. Ná Wishart se marteldood en die moord op kardinaal* Beaton het Knox deelgeneem aan… Lees Meer »

KNOFFEL

KNOFFEL. Kyk by: Plante in die Bybel.  

KLOPPERS, ELIZABETH CATHARINA (ELSABÉ)

KLOPPERS, ELIZABETH CATHARINA (ELSABÉ) (1959–) behaal graadkwalifikasies in moderne en antieke tale, en na­graadse kwalifikasies met lof onderskeidelik in filosofie, musiek en teologie*. Sy voltooi ’n doktorsgraad in praktiese teologie aan Unisa in 1997 en is daarmee die eers­te vrouepredikant van een van die drie Afrikaanse susterkerke wat ’n doktorsgraad in teologie behaal. Sy verwerf… Lees Meer »

KLOPAS

KLOPAS. Daar is vier moontlikhede in verband met Klopas (Joh 19:25) se identiteit. 1. Onbekend. So verstaan is hy ene Maria* se man, een van vier vroue* by Jesus* se kruisiging*. In die Griekse* teks staan net: “Maria van Klopas”. Hiervolgens kan Klopas ook Maria se seun óf pa wees. 2. ’n Aange­troude familielid van… Lees Meer »

KLOOSTER

KLOOSTER dui op die huis of woonplek van ’n Katolieke* gemeenskap. In 313 nC, met die Edik van Milaan*, het keiser Kon­stantyn* die Christelike geloof wettig ver­klaar – en, omdat die keiser self ’n Christen* was, het dit tot die instroming van “mode”-Christene gelei. Dit het die begeerte by baie laat ontstaan om ’n suiwer… Lees Meer »

KLONING

KLONING is die mediese tegniek wat dui op die genetiese manipulasie van die em­brio van ’n dier of ’n mens deur die vervanging van die oorspronklike selkern deur die selkern van ’n sel afkomstig van ’n ander dier of mens. Wanneer ’n embrio wat so geneties gemanipuleer is, in die baarmoeder teruggeplaas word, ontwikkel ’n… Lees Meer »

KLOKKIES

KLOKKIES. Kyk by: Musiekinstrumente in die Bybel.

KLIPSPRINGER

KLIPSPRINGER. Kyk by: Diere van die Bybel.

KLINKENDE METAAL

KLINKENDE METAAL. Kyk by: Musiek­instrumente in die Bybel.

KLEYNHANS, EVERT PHILIPPUS JACO­BUS

KLEYNHANS, EVERT PHILIPPUS JACO­BUS (1924–1988) is gebore in die Ventersburgse distrik in die Vrystaat. Hy studeer aan die universiteite van die Vrystaat (destyds UKOVS) en Stellenbosch voordat hy in 1949 as predikant in die NG Kerk* Kensington in Port Elizabeth bevestig word. Hierna volg Brandfort-Oos (1953), Hartbeesfontein (1959), Stellenbosch (1964), Bloemfontein (1969) en Universitas (1976)…. Lees Meer »

KLETSKERK

    KLETSKERK is ’n aanlyn-geselsruimte op die internet wat geskep is om vrymoedige gesprek en dialoog/debat oor geloofsake aan te moedig. Dit is ’n plek waar verskillende standpunte openlik gestel kan word, en is nie beperk tot lidmate van ’n spesifieke kerk nie. Kletskerk het onstaan nadat ’n kerksakejoernalis, Jean Oosthuizen, deur die debatte… Lees Meer »

KLEOPATRA

KLEOPATRA is ’n gewilde naam in die die laat-Hellenistiese tyd, veral in koninklike kringe. So dra heelwat vroue in die Ptolemese en Selekeudiese dinasties die naam Kleopatra. Die naam Kleopatra word veral met die laaste koningin van ’n onaf­hanklike Egipte* geassosieer. Sy was die minnares van Julius Ceasar* en van Markus Antonius, voor haar selfmoord… Lees Meer »

KLEOPAS

KLEOPAS was een van die twee reisge­note na Emmaus (Luk 24:18) en waarskynlik bekend aan Lukas* se lesers. Hulle gesels oor alles wat met Jesus* gebeur het, en is bedruk. Jesus sluit by hulle aan, maar hulle herken Hom nie. Hy verduidelik hoe die Skrifte* op die Christus* betrekking het, en hulle word bly. By… Lees Meer »

KLEMENS VAN ROME

KLEMENS VAN ROME. Kyk by: Aposto­liese vaders; en: Kerkvaders.

KLEMENS, TITUS FLAVIUS (KLEMENS VAN ALEKSANDRIË)

KLEMENS, TITUS FLAVIUS (KLEMENS VAN ALEKSANDRIË) (circa 155–220). Ons weet niks sekers oor Klemens se lewe nie, behalwe dat hy ’n ouer tydge­noot van Origenes* was en ’n enkele verwysing wat hy in een van sy werke maak (Stromateis 1.1.11). Hier sê hy dat hy ’n Christen* is wat op soek is na kennis oor… Lees Meer »

KLEINGELOWIGES

KLEINGELOWIGES is die term wat in die Mattheus-Evangelie* Jesus* se dissipels* beskryf vanweë hulle wankelmoedige geloofshouding. Diegene wat hulle verknies oor dinge soos kos en klere, weerspieël daardeur min vertroue in God en is kleingelowiges (Matt 6:30). In twee wonderver­hale hou kleingelowigheid verband met die dissipels se vrees. Hulle is kleingelo­wiges wanneer hulle in die… Lees Meer »

KLASSIS

KLASSIS. Kyk by: Ring.

KLAAGLIEDERE VAN JEREMIA (BYBELBOEK)

KLAAGLIEDERE VAN JEREMIA (BY­BEL­BOEK) bevat vyf liedere waarin geweeklaag word oor die val van die stad Jerusalem* in 587/6 vC voor die Babilo­niese* oormag. Dit probeer nie ’n kronologiese verslag oor die gebeure gee nie, maar weerspieël eerder die diep teologiese worsteling wat met die val van Jerusalem gepaard gegaan het. Die naam van die… Lees Meer »

KIZITO

KIZITO (circa 1872–1886) is deur Nyika, die seun van die gebiedshoofman van Bulemezi, as sy kind aangeneem. Koning Mutesa I het by sy troonsbestyging in 1884 vir Nyika as sg “Bewaker van die Koninklike Naelstring” aangewys – ’n posisie derde in rang in die koninkryk. Nyika was die Christendom* goedgesind en lede van sy familie… Lees Meer »

KIVENGERE, FESTO

KIVENGERE, FESTO (1919–1988) is al die “Billy Graham van Afrika” genoem. An­der praat van “die bekendste kerkleier uit Afrika”. Op ’n uitgebreide Afrika-toer van Billy Graham* het Kivengere as tolk en me­de­spreker opgetree. Daarna het hy in ver­skeie lande in Afrika, Japan, Indonesië, die Suidsee-eilande, die Karibiese gebied, Amerika en verskillende lande van Europa opgetree…. Lees Meer »

KITTIM

KITTIM. Kyk by: Siprus.

KISTNER, WOLFRAM

KISTNER, WOLFRAM (1923–2006) is op Hermannsburg in Kwazulu-Natal gebore. Sy ouers was Duitse sendelinge* in die Her­mannsburgse Sendinggenootskap. Hy stu­deer eers geskiedenis aan die universiteite van Pretoria en Groningen in Nederland en behaal sy doktorsgraad in 1948. Daarna stu­deer hy teologie* aan verskeie universiteite in Duitsland (Gottingen, Heidelberg, Er­lang­en) en word in 1952 as pastor… Lees Meer »

KISON

KISON is ’n spruit wat in die noordelike heuwels van Samaria* ontspring, die vlakte van Megiddo* dreineer en by Akko*, net noord van Karmel*, in die Middellandse See uitloop. Die spruit is veral bekend vir sy plek in die stryd tussen Barak* en Sisera*. Die strydwaens van die Kanaäniete* kon nie hond haaraf maak in… Lees Meer »

KIS

KIS. Drie persone in die Ou Testament* dra hierdie naam. Die bekendste was ’n Benjaminiet*, ’n baie ryk man en die pa van Saul*, die eerste koning van Israel*3 (1 Sam 9:1; 10:21). Sy opdrag aan Saul om na verlore donkies te gaan soek, sou lei tot die salwing van Saul as koning deur Samuel*…. Lees Meer »

KIRJAT-JEARIM

KIRJAT-JEARIM se presiese ligging is on­se­ker, maar word geïdentifiseer as ’n dorpie 14 km wes van Jerusalem*. Dit was een van die stede van die Gibeoniete* (Jos 9:17), op die grens van Benjamin* (Jos 15:14), in Juda* (Jos 15:60). Dit is veral bekend as die plek waar die ark*2 van die verbond* vir 20 jaar… Lees Meer »

KINGHORN, JOHANN

KINGHORN, JOHANN (1946–) studeer aan die Universiteit van Pretoria in die ekonomie, klassieke tale en wiskunde. Ná sy teologiese studie op Stellenbosch en in Duitsland, behaal hy in 1982 DTh aan die Universiteit Stellenbosch (US) in die apologetiek* en hermeneutiek*, onder die tema Die kruis tussen God en mens: ’n Interpre­tasie van die teologie van… Lees Meer »

KING, MARTIN LUTHER

KING, MARTIN LUTHER, JR (1929–1968) se pa, Martin Luther King sr, en sy oupa aan moederskant, was albei gesiene predikante van die Baptistekerk*. Die rassisme* van die Amerikaanse Suide het King vroeg reeds laat kennis maak met die harde werklikhede van die lewensomstandighede van swartmense in Amerika, en sy geloof in Jesus* Christus* het uitgemond… Lees Meer »

KINDERSORG IN SUID-AFRIKA

KINDERSORG IN SUID-AFRIKA. Die Bybel* bevat oorvloedige getuienis oor die Here* se bewoënheid oor die kind. Die Bybelse versorging van die kind in nood, word voortgesit in die kerke, ook in Suid-Afrika. Aanvanklik was die sorg aan kinders in nood ongeorganiseerd. Die eerste kin­der­huis onder die gesamentlike toesig van die NG Kerk* en die Lutherse… Lees Meer »

KINDERREGTE

KINDERREGTE. In ’n appèlhofuitspraak in Desember 2005 in verband met die buitengewone hoë afwesigheidsyfer van onderwysers tydens skoolure, maak vyf regters dit duidelik dat kinderregte die opperreg in Suid-Afrika is in enige geding waarby ’n kind betrokke is. Die Handves van Menseregte is in die Suid-Afrikaanse Grondwet opgeneem en spesifieke voorsiening word daarin gemaak om… Lees Meer »

KINDEROFFERS

KINDEROFFERS. Kyk by: Offers en offerandes.

KINDERNAGMAAL

KINDERNAGMAAL. Tradisioneel is die nagmaal* in gereformeerde* kerke slegs aan ongesensureerde belydende (volwasse) kerklidmate bedien. Soos sommige ander kerke, het die NG Kerk* se Algemene Sinode in 1998 egter, ná lang voorafgaande besinning, besluit dat die nagmaal ook aan kinders bedien mag word – mits dit “gedoopte kinders is wat in Jesus Christus glo”, wat… Lees Meer »

KINDERDOOP

KINDERDOOP. Alhoewel daar nie in die Nuwe Testament* uitdruklik gesê word dat kinders reeds as suigelinge gedoop moet word nie, is die kinderdoop volgens ou manuskripte reeds sedert die vroegste tye in die kerk* beoefen. Daar is in die Nuwe Testament wel sprake van vier huisgesinne wat gedoop is (Hand 16:15, 33, 34; 18:8 en… Lees Meer »

KINDERARBEID

KINDERARBEID. Van die heel vroegste tye af is kinders deur volwassenes uitgebuit, misbruik, verwaarloos en eintlik as twee­derangse burgers beskou. Alhoewel die bewuswording van die waarde van kinders in die jongste tyd toegeneem het, bly hulle steeds een van die kwesbaarste komponente van die samelewing. Daarom word kin­ders wêreldwyd deur wetgewing be­skerm. Artikel 43 van… Lees Meer »

KIMPA VITA (DONNA BÉATRICE)

KIMPA VITA (DONNA BÉATRICE) (1684–1706), ’n Kongolese vrou wat by haar doop die naam Béatrice ontvang het, word as die eerste swart profetes beskou – die voorganger van talle swart profete en leiers wat in die 19de en 20ste eeu in Afrika na vore sou kom. In die destydse “Christelike koninkryk van die Kongo” het… Lees Meer »

KIMBANGU, SIMON

KIMBANGU, SIMON (1899–1951) was een van die eerste onafhanklike kerkleiers in Afrika. Hy is in Nkamba, in die huidige Demokratiese Republiek van die Kongo, gebore. Hy en sy vrou, Mivilu Marie, het as Baptiste* grootgeword en is in 1915 gedoop. Kimbangu het in 1918 visioene* begin kry waarin hy geroep is om ’n profeet en… Lees Meer »

KIGOZI, BLASIO

KIGOZI, BLASIO (circa 1909–1936) is in Uganda gebore. In 1928 is hy as diaken*2 in die Anglikaanse Kerk* van Uganda georden en na Gahili in Oos-Rwanda gestuur. Soos ook elders in Afrika, was daar gedurende die vroeë 1930’s ’n geweldige droogte en hongersnood in dié dele wat duisende slagoffers geëis het. In hierdie tyd het… Lees Meer »

KIERKEGAARD, SØREN AABYE

KIERKEGAARD, SØREN AABYE (1813–1855) is in Kopenhagen gebore, die jongste van sewe kinders. Sy ma, susters en twee van sy broers is oorlede voordat hy 21 geword het. Kierkegaard se kinderjare was eensaam en ongelukkig, ook moeilik gemaak deur die oordrewe godsdienstigheid van sy pa. Aan die universiteit van Kopenhagen het hy teologie* studeer, maar… Lees Meer »

KHOEKHOEN/KHOI-KHOI/KOI-KOI EN GODSDIENS

KHOEKHOEN/KHOI-KHOI/KOI-KOI EN GODSDIENS. Die oorspronklike godsdiens van die Khoekhoen (of Khoi-Khoi of Koi-Koi) is, saam met dié van die San*, die oudste vorm van godsdiens in Suid-Afrika. Die hoofkenmerke van die Khoekhoen-godsdiens was: 1. Die geloof in god as skepper, beskermer en gewer van alle goeie dinge. 2. Die oortuiging dat die bose die werk… Lees Meer »

KHANYILE, MAQHAMUSELA

KHANYILE, MAQHAMUSELA (?–1877) was ’n bekeerling van die Lutherse* Noor­weegse Sendinggenootskap wat in 1848 in Natal aangekom en hulle eerste sending­stasie by Umpumulo gebou het – die Lu­therse teologiese kollege is vandag nog daar. Koning Mpande van die Zoeloes* het die sendelinge* in sy gebied toegelaat en sy onderdane het met koninklike sanksie die dienste… Lees Meer »

KGATLA, SELAELO THIAS

KGATLA, SELAELO THIAS (1949–) word groot in ’n nie-Christelike huis in die omgewing van Bochum in die latere Lim­popo-provinsie. Hy kom tot bekering* deur ’n traktaatjie te lees en gaan ná sy skool­opleiding vir twee jaar na die Dorotheasen­ding*, waarna hy sy teologiese studie aan Unisa voortsit en ’n doktorsgraad in sendingwetenskap* onder leiding van David… Lees Meer »

KEWERS

KEWERS. Kyk by: Diere van die Bybel.

KETTERY

KETTERY. Die konsep “ketter” of “kette­ry” word tradisioneel verbind met ’n ge­doopte (Kyk by: Doop) persoon se doelbewuste ontkenning van ’n geloofswaarheid. Die Nuwe-Testamentiese* briewe* is bewus van teenswoordige en toekomstige vals leerstellings (1 Tim 1:3-11; 4:1-5; 2 Tim 2:14-18). Kettery of dwaallering is deur die eeue óók deel van die kerk* se geskiedenis. Elke… Lees Meer »

KETIB / QERE

KETIB / QERE is die benaming vir sommige van die notas wat die Masorete* in die kantlyne van die Masoretiese teks toege­voeg het. Dit is die Aramees* vir “dit wat geskryf is” en “dit wat gelees moet word”. Die Masorete was puntenerig oor wat aan die Hebreeuse* Bybel bygevoeg mag word. Hulle het wel veranderings… Lees Meer »

KESTELL, JOHN DANIEL (VADER)

KESTELL, JOHN DANIEL (VADER) (1854–1941) was die seun van Charles Kestell, ’n 1820-Setlaar, en Dorothea Weyer, sy Voortrekkervrou. Ná sy teologiese studie op Stellenbosch, het Kestell in 1880 vir verdere studie na Utrecht vertrek. By sy terugkeer is hy in 1882 as predikant in die Kimberley-gemeente deur sy vriend, Abra­ham Kriel*, bevestig. Kestell was ten… Lees Meer »

KESIA

KESIA. Ná die herstel van Job* uit sy ellende, het hy drie dogters gehad, waarvan die tweede se naam Kesia (= kassia, ’n lekker spesery) was. Die oudste was Jemima (= tortelduif) en die jongste Keren-Puk (= ’n horing waarin oogskadu gehou is) (Job 42:14).

KERUGMA

KERUGMA is ’n Griekse* woord wat “aankondiging” of “boodskap” beteken. In die Bybel* word dit met “boodskap” of “pre­di­king” vertaal. In Matt 12:41 en Luk 11:32 verwys kerugma na Jona* se boodskap waardeur die Nineviete tot bekering gekom het, maar in die res van die Nuwe Testament* dui dit op die verlossingsboodskap wat oor Jesus*… Lees Meer »

KERSFEES

KERSFEES is ’n universele fees wat in verskillende lande verskillende kulturele vorms aanneem. Vir Christene* simboliseer dit die geboortedag van Jesus* Christus*, alhoewel ons nie weet presies op watter dag Hy gebore is nie. Christene het met hierdie fees ’n nuwe inhoud gegee aan die heidense “fees van die songod” (wat waarskynlik op 25 Desember… Lees Meer »

KEROULARIOS, MICHAEL

KEROULARIOS, MICHAEL (circa 1000–1059) ook bekend as Michael Cerula­rius of patriarg Michael I, was van 1043 tot 1059 patriarg van Konstantinopel. Hy speel ’n sleutelrol in die groot skeuring wat die kerk in 1054 verdeel het in die Westelike Katolisisme* en Oostelike Ortodoksie*. Keroularios was ’n trotse en koppige man en is aanvanklik vir die… Lees Meer »

KERNBEWAPENING

KERNBEWAPENING. Op 6 Augustus 1945 is die eerste atoombom op Hirosjima en op 9 Augustus 1945 die tweede bom op Nagasaki neergelaat waarmee die Tweede Wêreldoorlog* beëindig is, maar dit was terselfdertyd die begin van ’n nuwe manier van oorlogvoering waar die middele (kernwapens) die doel (’n vreedsame en regverdige wêreldsamelewing) bedreig. Alle tot nog… Lees Meer »

KERKVERBAND

KERKVERBAND. Die eenheid van die kerk* kan met die verloop van tyd verskillende vorms aanneem, soos erkenning van mekaar en samewerking met mekaar. Kerk­verband is ’n hegte en kerkregtelik (Kyk by: Kerkreg) bin­dende vorm van kerkeenheid. Wanneer daar ’n kerkverband ontstaan, is dit ’n eenheidsband tussen kerke (plaaslike gemeen­tes*) wat tot stand kom deurdat besluit… Lees Meer »

KERKVADERS

KERKVADERS is teoloë wat in die tydperk tussen die Nuwe Testament* en die Middeleeue geskryf het, dus min of meer tussen die 2de en die 7de eeu nC. Hierdie tydperk staan ook as die patristiese tydperk bekend, na aanleiding van die woord patres wat die Latyn is vir “vaders”. Daar is ’n paar vereistes waaraan… Lees Meer »

KERKREG EN KERKREGERING

KERKREG EN KERKREGERING. Kerkreg is die wetenskap wat homself besig hou met die wetenskaplike beoefening van die vak kerkreg. In lande soos Duitsland word kerkreg dikwels as ’n juridiese wetenskap gesien wat aan die regsfakulteit be­stu­deer en gedoseer word. In die gerefor­meer­de* wêreld word dit meestal as ’n teologie­se wetenskap gesien wat in die teologiese… Lees Meer »

KERKRAADSVERGADERING

KERKRAADSVERGADERING is ’n wet­tig gekonstitueerde byeenkoms van ’n kerkraad* waartydens besluite geneem word wat die plaaslike gemeente* raak. Alhoe­wel die Nuwe Testament* nêrens die opdrag gee dat die gemeente gelei en regeer moet word deur ’n vergadering van ouderlinge* en diakens*1 nie, kom die saak van besluitnemende vergaderings voor in Hand 11:30; 13:1-2; 15:6 en… Lees Meer »

KERKRAAD

KERKRAAD is die regerende liggaam van ’n plaaslike gemeente*, gewoonlik bestaande uit ouderlinge*, predikante* (lerende ouderlinge) en diakens*. Die Nu­we Testament* gee nie ’n enkele model vir die regering en leiding van die gemeente nie, en drie primêre maniere van kerkre­gering het algaande ontwikkel: presbite­riaans* (rege­ring deur ouderlinge); episko­paals* (rege­ring deur biskoppe*) en kongregasio­nalisties* (regering… Lees Meer »

KERKPLANTING

KERKPLANTING. Gisbertus Voetius* (1588–1676), gereformeerde* teoloog, het die term “kerkplanting” reeds in die 17de eeu gebruik. Hy het gesê dat sending* ’n drievoudige doel het: die bekering* van hei­dene* as die voor die hand liggende doel, die planting van die kerk* as ’n ver­der­liggende doel, en die eer en verheerli­king van God as die hoogste… Lees Meer »

KERKORDE

KERKORDE. Daar kan onderskei word tussen ’n orde in die kerk* en ’n orde vir die kerk. Die orde vir die kerk is die orde of beginsels van orde wat in die Bybel* aangetref word. Dit is bv ’n Skrif*­waarheid dat Jesus* Christus* die enigste Here* en Hoof van sy kerk is; dat Hy sy… Lees Meer »

KERKLIKE KALENDER

KERKLIKE KALENDER. Die kerklike kalender, ook bekend as die kerklike of liturgiese jaar, bestaan uit ’n reeks liturgiese feeste en vierings wat oor ’n jaar strek en ook jaarliks herhaal word. (Kyk by: Liturgie en: Feeste.) Die ordening van die jaar in so ’n geslote jaarsiklus staan teenoor die burgerlike of sekulêre jaar en begin… Lees Meer »

KERKLEER

KERKLEER is daardie geloofsoortuigings wat die kerk* op grond van die Woord* van God leer. Die geleerde woord daarvoor is dogma*, ’n Griekse* woord wat in Hand 16:4 vir die “besluite” van die kerkvergadering in Jerusalem (Hand 15) gebruik word. Die Hervormers, soos Johannes Calvyn*, het vir dieselfde begrip verkieslik die Latynse woord doctrina gebruik…. Lees Meer »

KERKISME

KERKISME. Terwyl liefde vir en lojaliteit teenoor die kerk*(genootskap) waaraan ’n mens behoort, vanselfsprekend behoort te wees, is kerkisme ’n beheptheid met die vorms en beginsels van die eie kerk, en openbaar dit ’n afkeurenswaardige gesindheid wat in die weg staan van alle pogings om duideliker uitdrukking te gee aan die sigbare eenheid* van die… Lees Meer »

KERKGESKIEDENIS

KERKGESKIEDENIS as teologiese vak handel oor die vestiging, groei en uitbrei­ding van die Christelike kerk*, in al sy verskeidenheid op alle plekke en tye, in die totale era ná die hemelvaart* van Christus* en die uitstort van die Heilige Gees* op Pinksterdag*. Wisselvorms wat soms vir hierdie vak gebruik word, is ekklesiologie (wat egter vatbaar… Lees Meer »

KERKGEBOU

KERKGEBOU. In die Ou Testament* is daar sprake van verskillende plekke van God se toenadering tot sy volk: die tabernakel*, die tent en die tempel*. Die tempel het iets van die teenwoordigheid en die verborgenheid van God beliggaam. Ons erediens* gryp terug na die Joodse same­komste in die sinagoge*. Die Here* Jesus* het die gewoonte… Lees Meer »

KERKBODE

KERKBODE, amptelike blad van die NG Kerk*, is in 1849 deur Abraham Faure* as De Gereformeerde Kerkbode gestig, was later De Kerkbode, nog later Die Kerkbode en, sedert 2003, net Kerkbode, met as motto: “Vandag se kerkkoerant vir vandag se kerkmense”. Dis die oudste steeds bestaande Afrikaanse* blad in Suid-Afrika en sy geskiedenis kan breedweg… Lees Meer »

KERKBLAD, DIE

KERKBLAD, DIE word uitgegee deur die Deputate Publikasies van die Gere­for­meerde Kerke in Suid-Afrika* (GKSA). Hoewel dit nie ’n “amptelike” kerkblad is nie, fokus dit veral op lidmate van die GKSA. Die eerste blad “gewy aan die belange” van die GKSA, het op 1 April 1873 onder redaksie van ds Jan Lion-Cachet* verskyn as De… Lees Meer »

KERK VAN DIE NASARENER

KERK VAN DIE NASARENER is deel van die sg heiligheidsbeweging en het sy ontstaan in die VSA gehad. Dit het vandaar in 1917 in Suid-Afrika gevestig geraak. Die Kerk van die Nasarenere het na raming ’n lidmaattal van sowat 220 000 in Suid-Afrika (2015). Twintig buitelandse werkers arbei in Suid-Afrika en verskeie* sendelinge uit Suid-Afrika werk… Lees Meer »

KERK EN STAAT

KERK EN STAAT. Die siening van die verhouding tussen kerk* en staat* hang nou saam met historiese omstandighede. Gedu­ren­de die eerste eeue na Christus* het die kerk ’n minderheidsposisie in die Romein­se Ryk* ingeneem en kon dit geen invloed op die staat uitoefen nie. Die kerk moes wel ’n antwoord kry op die vraag in… Lees Meer »

KERK EN SENDING

KERK EN SENDING. In die Bybelse* tyd was daar geen onderskeid gemaak tussen kerk* en sending* nie. ’n Mens kan wel sê dat die kerk gegroei het deur die sending, maar dit is nie as ’n aparte aktiwiteit be­skou nie – dit was maar net die voortgang van die evangelie*. In die Middeleeue, toe die… Lees Meer »

KERK EN SAMELEWING

KERK EN SAMELEWING. Beskouings oor die rol wat die kerk* in die samelewing behoort te speel, wissel van – aan die een kant – die beskouing dat die kerk geen direkte invloed in die samelewing behoort uit te oefen nie, tot – aan die ander kant – die beskouing dat die kerk ’n transformerende invloed… Lees Meer »

KERK

KERK. Die Griekse* woord ekklesia word in Afrikaans* vertaal met “kerk”, “gemeente” of “huisgemeente”. Tydens Jesus* Christus* se aardse bediening het Hy dissipels* geroep wat Hom gevolg het. Sy bediening was hoofsaaklik op Israel* gerig, maar ná sy dood en opstanding* stuur Hy sy volgelinge na al die nasies (Matt 28:18-20). In die boek Handelinge*… Lees Meer »

KENOSIS

KENOSIS is ’n teologiese begrip wat ge­bruik word wanneer oor Christus* se Godheid en mensheid besin word. Dit kom van ’n Griekse* woord in Fil 2:7 wat beteken “om leeg te maak”. In Fil 2:5-11 roep Paulus* die Filippense op om Christus se gesindheid te openbaar en haal dan ’n lied aan wat Christus se… Lees Meer »

KENNIS VAN GOD

KENNIS VAN GOD. Die teologiese oortuiging dat dit moontlik is om kennis van God te bekom deur God se openbaring*, berus op die veel breër idee dat alle vorms van religieuse ervaring gewoonlik gepaard gaan met kennis van wie of wat ervaar word. Oor die algemeen kan religieuse kennis of oortuigings ontstaan as gevolg van… Lees Meer »

KENNISBOOM

KENNISBOOM. Kyk by: Boom van kennis van goed en kwaad.

KENNIS

KENNIS verwys in die Christelike oorle­wering hoofsaaklik na ’n menslike eienskap. Die begrippe “kennis/insig” verkry ’n spesifiek-godsdienstige funksie wanneer van God se kennis sprake is en as van ’n mens* se kennis van God gepraat word. In die Ou Testament* en Joodse* oorlewering behels kennis van God in die eerste plek kennis van sy Woord*,… Lees Meer »

KENNEDY, DENNIS JAMES (JAMES)

KENNEDY, DENNIS JAMES (JAMES) (1930–2007) behaal ’n BA (University of Tampa), BD (Columbia Theological Semi­nary), MTh (Chicago Graduate School of Theology), DD (Trinity Evangelical Divinity School) en ’n PhD (New York University). Hy is in 1959 as predikant bevestig in die Prebiteriaanse Kerk* en bedien van toe af die Coral Ridge Presbyterian Church (CRPC) in… Lees Meer »

KENDRICK, JOHN

KENDRICK, JOHN (1799–1813) is in Wokingham, Berkshire, Engeland gebore, die seun van ’n sersant in die weermag. In 1797 het hy as soldaat by die Provisional Cavalry aangesluit en twee jaar later by die Yorkshire Light Dragoons. Hy het geduren­de Kerstyd 1804 by Newcastle in Stafford­shire tot bekering* gekom toe hy na eerw George Morley… Lees Meer »

KEMOS

KEMOS was die hoofgod van die Moa­biete*, ook genoem Kamos. Op die Mesa*-steen word na Kemos verwys, asook in Assiriese* en Eblaïtiese inskripsies. Kemos word soms verbind aan Moleg*, vir wie Salomo* ook ’n altaar oos van Jerusalem* gebou het (1 Kon 11:7, 33; 2 Kon 23:13). Koning Mesa van Moab* het sy seun vir… Lees Meer »

KEISER

KEISER. Die titel “keiser” kom van Caius Julius Caesar*, die imperator (oorwinnende generaal), se familienaam. In 27 vC word Augustus (Octavianus) princeps, die eerste burger, alleenheerser, keiser van die Romeinse Ryk*. Die senaat benoem die keiser wat oënskynlik die Republiek se tradisies voortsit. Die keiser beliggaam verskillende ampte: bevelvoerder van die leër buite Italië; beheer… Lees Meer »

KEET, BAREND BARTHOLOMEUS (BENNIE)

KEET, BAREND BARTHOLOMEUS (BENNIE) (1885–1974), was van 1920–1959 aan die Teologiese Kweek­skool op Stel­len­­bosch verbonde waar hy die dogmatologiese vakke gedo­seer het. Hy was een van die vyf vertalers van die 1933-vertaling van die Bybel* uit die grondtale in Afri­kaans* – die eerste Afrikaanse Bybel. Keet het reeds in 1914 op Stellen­bosch ’n voordrag oor… Lees Meer »

KEDORLAOMER

KEDORLAOMER is volgens Gen 14 een van vier konings wat vir 12 jaar die gebiede rondom Sodom* en Gomorra* onderdruk het. Kedorlaomer was die koning van Elam, wat volgens Esra 4:9 die gebiede van Persië (Kyk by: Persiese Ryk), Erek, Babel* en Susan beslaan het.  

KATOLISITEIT

KATOLISITEIT verwys na die algemeenheid van die kerk*. Die gedagte word terug gevind in die Apostoliese Geloofsbely­denis*: “Ek glo aan ’n heilige, algemene (dit wil sê “katolieke”) Christelike kerk, die ge­meenskap van heiliges.” Met hierdie belydenis word die wydlopenheid, omvattendheid en universaliteit van die kerk uitgedruk. Met die term “katolisiteit” word nie net na ’n… Lees Meer »

KATOLIEKE TEOLOGIE

KATOLIEKE TEOLOGIE. Anselmus* van Kantelberg (11de eeu) het ’n bruikbare definisie van teologie* gegee, gebaseer op dié van Augustinus* (5de eeu): “Teologie is geloof wat strewe om te verstaan” (fides quaerens intellectum). Hierdie definisie maak dit duidelik dat teologie op geloof* berus. Katolieke teologie erken as ’n enkele bron die Heilige Skrif* en die Heilige… Lees Meer »

KATOLIEKE KERK

KATOLIEKE KERK. Alhoewel daar ander kerke* is wat hulleself as katoliek* beskou, word hierdie benaming gewoonlik gebruik om dié kerk aan te dui wat die gesag van die biskop* van Rome (dit wil sê: die pous*) aanvaar. In die volksmond word dikwels van die “Rooms-Katolieke Kerk” gepraat, alhoewel dit nie die naam van hierdie kerk… Lees Meer »

KATOLIEK

KATOLIEK. In die Apostoliese Geloofs­bely­denis* word bely dat die kerk* “algemeen” – of, om dit anders te stel, “katoliek” – is. Dit geld die kerk van alle tye en plekke. Wanneer daar egter in die volksmond na “katoliek” verwys word, word daarmee dikwels die Katolieke Kerk* bedoel. Waar Skrifgesag* by die gereformeerde* kerke en geestesgawes… Lees Meer »

KATERINA DIE GROTE (CATHERINE ALEKSEYEVNA)

KATERINA DIE GROTE (CATHERINE ALEKSEYEVNA) (1729–1796) was die dogter van die Duitse prins, Christian August von Anhalt-Zerbst en Johanna Eliza­beth von Holstein-Gottorp. Sy trou op 16-jarige ouderdom met Karl-Ulrich (Pieter III), kleinseun van Pieter die Grote* en neef van Elizabeth, heerser van Rusland. Pieter III volg Elizabeth ná haar afsterwe op, maar vanweë sy pro-Pruisiese… Lees Meer »

KATENGEZA, NAMON KULIYAZI

KATENGEZA, NAMON KULIYAZI (circa 1880–1955) stam uit ’n hoofmansfa­milie. Hulle was tradisionaliste. Gedurende die beginjare van die NG sending in Malawi kom hy as jongman op Mvera tot bekering* en word in 1900 gedoop*. Hy word daardie selfde jaar buiteposonderwyser en later evangelis. In 1924 word hy opgeneem in die eerste leraarsklas. Sy ordening te… Lees Meer »

KATEGUMENAAT

KATEGUMENAAT. Kyk by: Doopvoorbe­reiding.

KATEGISMUS

KATEGISMUS is ’n ou kerklike woord vir die onderrig van katkisante, dit wil sê gedoopte jongmense of nuwe bekeerlinge wat belydenis van geloof wil aflê (vgl ons woord “kategese”). In ongeveer 100 nC het ’n boekie verskyn wat kortweg die Didache genoem word. Die doel was om diegene wat na die Christendom* oorgekom het en… Lees Meer »

KATEGESE

KATEGESE kom van die Griekse* woord vir “leer” of “onderrig”. In die Vroeë Kerk* is nuwe bekeerlinge, ter voorbereiding van hulle doop*, in die Christelike ge­loof en gebruike onderrig. Deur die doop het hulle deel geword van die geloofsgemeenskap. In die algemeen is die bedoeling met kate­gese om iemand se geloof te verdiep. ’n Voorbeeld… Lees Meer »

KASUÏSTIEK

KASUÏSTIEK handel oor die toepassing van algemene en prinsipiële reëls op besondere en konkrete gevalle in die praktyk. Vir elke geval (Latyn: casus) is daar ’n voorskrif. Hierdie voorskrif staan nie altyd in die Bybel* nie, maar word deduktief daaruit afgelei. Dit gaan dus oor die vraag hoe ’n mens met ’n goeie gewete behoort… Lees Meer »

KASTRASIE

KASTRASIE is die vernietiging van ’n in­di­widu se vermoë tot voortplanting deur die verwydering van sy of haar voortplan­tingsorgane. Die uitvoering van hierdie tipe operasie vóór of tydens puberteit is hoogs pro­ble­maties, aangesien dit ’n uiters nega­tie­we effek kan hê op die fisiologiese en emo­sionele ontwikkeling van die gekastreerde persoon. Kastrasie word ook soms as… Lees Meer »

KASTOR

KASTOR. Kyk by: Dioskuri.

KASTEEL

KASTEEL. Die Kasteel de Goede Hoop was die eerste permanente fortifikasie aan die Kaap wat as ’n effektiewe militêre ves­ting beskou kon word. Dit is tussen 1666 en 1679 opgerig en het ook ’n unieke rol as administratiewe, wetlike, politieke, kommersiële, sosiale en kerklike setel gespeel. Die Kasteel het die tydelike Fort de Goede Hoop… Lees Meer »

KASSIODORUS, FLAVIUS MAGNUS AURELIUS

KASSIODORUS, FLAVIUS MAGNUS AURELIUS (circa 485–580) was ’n Suid-Italiaanse edelman. As staatsman het hy die Ostrogotiese konings, wat toe Suid-Italië beheer het nadat hulle die Romeine oorwin het, gedien in die rol van questor (507), consul (514), magister officiorum (523–527) en praefectus (533–537). Laasgenoemde was ’n pos wat direk onder die koning gestaan het. In… Lees Meer »

KASSIANUS, JOHANNES

KASSIANUS, JOHANNES (circa 365–433) staan in die kerkgeskiedenis* bekend as die verteenwoordiger van Semi-Pelagianis­me*. Kassianus is rondom die jaar 360 nC gebore in wat vandag Roemenië is. Toe hy in sy twintigs was, het hy na Egipte gereis waar hy sterk onder die invloed van die Egiptiese monastisisme* en askese* kom. Hyself stig later twee… Lees Meer »

KÄSEMANN, ERNST

KÄSEMANN, ERNST (1906–1998) was ’n professor in Nuwe Testament* in Mainz, Göttingen en Tübingen. As lid van die Belydende Kerk in Duitsland het hy hom in 1937 skerp teen Nazïsme* uitgespreek. Hy was ’n student van Bultmann* en het bekendheid verwerf vir aanpassings aan Bultmann se hipotese van “ontmitolo­gi­sering*”. Hy het die “nuwere navorsing oor… Lees Meer »

KASAMBA, FANUEL ENRICO

KASAMBA, FANUEL ENRICO (1942–2005) kan beskou word as een van die grondleggers van die Igreja Reformada em Moçambique (IRM). Ná sy skoolopleiding in Malawi kom hy in 1963 tot geloofsoorgawe en speel ’n leidende rol onder medegelo­wiges in die Angonia-distrik. Nadat die destydse sendingwerk van die NG Kerk* in Mosambiek ná ’n onderbreking van 50… Lees Meer »

KARNEOOL

KARNEOOL. Kyk by: Juwele en edelstene.

KARMEL

KARMEL is die naam van twee plekke. 1.‑’n Bergreeks in die noordweste van Israel* teen die Middellandse See, 50 km lank en 546 m hoog, hoofsaaklik bekend as gevolg van die stryd tussen Elia* en die priesters van Baäl* hier (1 Kon 18; 19:1-2). Die naam beteken “tuin” en word op ver­skeie plekke in die… Lees Meer »

KARMA

KARMA is ’n belangrike begrip in die Hin­doeïsme*. Dit kom van ’n Sanskrit-woord wat “daad” en “beloning” verbind. Die onpersoonlike beginsel brahman (wat nie met die onpersoonlike skepper-god Brah­ma verwar moet word nie) het die wette van natuur en moraliteit bepaal. Die karma-geloof is dat elke goeie daad beloon, en elke slegte daad gestraf word…. Lees Meer »

KARLSTADT, ANDREAS RUDOLPH BODENSTEIN

KARLSTADT, ANDREAS RUDOLPH BODENSTEIN (1480–1541) was sedert 1505 dosent aan die Universiteit van Wittenberg. In 1512 het Martin Luther* sy “doktorshoed” uit die hand van Karlstadt ontvang. Karlstadt het hom oopgestel vir die Reformasie*, veral vanweë sy nadenke oor die werke van Augustinus*. In 1519 het Karlstadt saam met Luther deelgeneem aan die Leipzig-dispuut en… Lees Meer »

KAREL MARTEL

KAREL MARTEL (689–741) was Karel die Grote* se oupa. As lid van ’n aristokra­tiese Frankiese familie het Martel politieke mag begin kry as hoof van die paleis. Later het hy as militêre aanvoerder van die Fran­kiese magte roem en aansien verwerf deur die Franke teen invallende volke te be­skerm. Sy sukses kan toegeskryf word aan… Lees Meer »

KAREL DIE GROTE

KAREL DIE GROTE (742–814) was die koning van die Franke in Gallië. Hy was ’n groot man met ’n forse liggaam en ge­weldig sterk. Hy het een doel voor oë ge­had: om al die Germaanse volke in een Christenstaat te verenig. Vir Karel het Sag 4:6 egter nie bestaan nie, en hy het sy swaard… Lees Meer »

KARDINAAL

KARDINAAL kom van die woord cardo, skarnier. Die instelling van die kardinaals­amp het ’n nederige oorsprong. In die Vroeë Kerk*, ná die Eerste Konsilie van Nisea (325 nC), is die woorde cardinalis, cardinare, incardinare gebruik om die vaste, permanente geestelike leier van ’n sekere bisdom aan te dui. Hulle is mettertyd in die struktuur van… Lees Meer »

KARBONKEL

KARBONKEL. Kyk by: Juwele en edelstene.

KARAKTER

KARAKTER kom van die Griekse charassein wat iets beteken soos graveer of die laat van ’n merk. Iemand met karakter laat ’n definitiewe merk en het invloed op ander en die geskiedenis. Karakter hou ook verband met die woord integriteit. Die woord integriteit kom van die Latynse integer wat op die geheel of heelheid dui…. Lees Meer »

KAPITALISME

KAPITALISME. Kyk by: Vryemarkeko­no­mie.

KAPERNAUM

KAPERNAUM beteken “dorp van Na­hum”. Dit is geleë aan die noordoewer van die See van Galilea*, naby die grens tussen die gebiede van Herodes*4 Antipas en Hero­des*6 Filippus. Gevolglik was daar ’n tolhuis (Kyk by: Tollenaar) (Matt 9:9) en ’n afdeling soldate onder bevel van ’n offisier (Luk 7:2) (Kyk by: Owerste). Kapernaum vorm saam… Lees Meer »

KAPELAAN / KAPELAANSDIENS

KAPELAAN / KAPELAANSDIENS. Oor­log het altyd ongevalle – fisieke verwoes­ting, maar veral ook geestelike skade word aangerig. Daarom het daar verskillende hulpdienste met die oog op oorlogsomstandighede tot stand gekom, soos die me­diese korps en die kapelaansdienste. As hulpdiens is die kapelaansdiens nie oorlog­voe­rend of militêr ingestel nie. Die amptelike motivering daarvan is om in… Lees Meer »

KANTIAANSE EN NEO-KANTIAAN­SE FILOSOFIE

KANTIAANSE EN NEO-KANTIAAN­SE FILOSOFIE. Immanuel Kant* (1724–1804) was ’n Pruisiese filosoof, professor aan die Universiteit van Königsberg (vandag Ka­li­nin­grad). As een van die laaste groot denkers van die Europese Verligting*, het hy die gesag van die menslike rede as bron van kennis – teenoor tradisie, oorlewering en godsdienstige leerstellings – beklemtoon. Sy bedoeling was egter… Lees Meer »

KANTELBERG

KANTELBERG. Kyk by: Anglikaans.

KANT, IMMANUEL

KANT, IMMANUEL (1724–1804) was ’n Duitse filosoof wat deur baie as die invloedrykste denker van die moderne era beskou word. Hy studeer aan die Colle­gium Fredericianum en die Universiteit van Königsberg. Vanaf 1755 doseer hy aan die universiteit in wetenskap en wiskunde en later in geografie. Gaandeweg brei sy studieveld egter uit na filosofie. In… Lees Meer »

KANSEL

KANSEL. Die woord “kansel” is ontleen aan die Latynse cancelli (traliewerk om die liturgiese ruimte). In die oud-Christelike basiliek staan die kateder, die versierde stoel waarop die biskop* gesit en preek het, in die middel van die voorruimte. Gedu­rende die Middeleeue word die Woord* deur die sakrament* teruggedring, die nag­maal* toenemend as versoeningsoffer be­skou, en… Lees Meer »

KANONISASIE

KANONISASIE of heiligverklaring is in die Katolieke Kerk* die eindpunt van ’n deeglike kerkregtelike on­der­soek waardeur die pous* amptelik ver­klaar dat iemand wat dood is, weens sy of haar voorbeeldige lewe op aarde, die verheerlikte lewe in die hemel geniet. Daar­deur word die persoon in die Katolieke Kerk se amptelike lys heiliges ingeskryf en word… Lees Meer »

KANON

KANON (uitgespreek kánon) beteken “meetstok” en verwys na die boeke van die Bybel* wat as “maatstaf” vir geloof en lewe geld. Daarom word van hierdie boeke as kanonieke boeke gepraat. Dit kan ook na die besluite van die groot ekumeniese* rade uit die Vroeë Kerk* verwys waarin rigtinggewende geloofsbeslis­sings gevel is. Die wetenskap van kanonge­skie­denis… Lees Meer »

KANEEL

KANEEL. Kyk by: Plante in die Bybel.

KANDAKE

KANDAKE was die titel van die koningin van die destydse Etiopië (ook genoem Nubië of Kus*, met hoofstad Meroë), suid van Egipte*, tussen Aswan in die noorde en Kartoem in die suide, min of meer die huidige Noord-Soedan. Die amptenaar van Hand 8:26 was die kandake se minister van finansies.

KANAMUZEYI, YONA

KANAMUZEYI, YONA (?–1964) was ’n diaken*2 in die Anglikaanse Kerk* in die tydperk ná die onafhanklikwording van die voormalige Belgiese kolonie, Rwanda-Burundi. Hy het op sy sendingstasie in Nyamata heelwat vlugtelinge gehuisves in die bloedige stryd wat tussen die Hutu’s en Tutsi’s gevolg het. Uiteindelik was daar onder sy leiding 24 kerke gevorm wat meer… Lees Meer »

KANAÄNITIES

KANAÄNITIES is ’n Semitiese* taal wat deur die inwoners van Kanaän* gepraat is ten tye van Israel* se intog in die beloofde land. Kanaänities is verwant aan Hebreeus*, die taal van die Israeliete, hoewel Gen 10 die Kanaäniete onder die nageslag van Gam* plaas en nie onder die nageslag van Sem*, soos die Israeliete, nie…. Lees Meer »

KANAÄN

KANAÄN is ’n landstreek sowel as ’n persoon. ‑Landstreek waarin die meeste van die gebeure van die Ou Testament* plaas­vind, asook dié van die vier Evangeliebe­skry­wings. Kanaän is die vrugbare gebied tus­sen die Middellandse See (wes), die Arabiese woestyn (oos), die Egipte-spruit (suid) en die Eufraat* (noord) (vgl Jos 1:4). Ka­naän is ook bekend as… Lees Meer »

KAMOS

KAMOS. Kyk by: Kemos.

KAMELE

KAMELE. Kyk by: Diere van die Bybel.

KAMA, WILLIAM

KAMA, WILLIAM (1798–1875) was die seun van Chungwa, kaptein van die Gqu­nu­kwebe-stam in die Oos-Kaap. Hy het, diep onder die indruk van die prediking van die sendelinge* van die Londense Sen­ding­genootskap, sy hart aan die Here* ge­gee. Sy vrou, Nomgwane, die dogter van Xhosa-koning Ngqika, wat as kind dikwels na die prediking van Ntiskana geluister… Lees Meer »

KALWERDIENS

KALWERDIENS dui op die uitbeelding van sekere Kanaänitiese gode as bulle, of as gode wat op bulle staan. Dié tipe uitbeel­ding is kenmerkend van die Laat-Bronstyd­perk en die Vroeë-Ystertydperk (1550–1100 vC). Veral twee verhale van kalwerdiens is uit die Ou Testament* bekend. ‑Eerstens dié van die goue kalf wat Aäron* by Sinai* gemaak het toe… Lees Meer »

KALU, OGBU

KALU, OGBU (1944–2009) wat in Nigerië ge­bo­re is, kan waarskynlik as die top Afrika-kerkhistorikus van die 20ste eeu beskou word. Hy het sy opleiding in Nigerië en in Kana­da gehad en was in 2006 hoogleraar aan die McCormick Theological Seminary van die Presbiteriaanse Kerk* in Chicago, VSA. Hy staan in dieselfde liga as Enrique Dussel… Lees Meer »

KALUMNIE

KALUMNIE. Kyk by: Laster.

KALMOES

KALMOES. Kyk by: Plante in die Bybel.

KALENDER IN DIE BYBELSE TYD

KALENDER IN DIE BYBELSE TYD. In die tyd vóór die balling­skap het Israel* se berekening van tyd by dié van die Egiptenare (Egipte*) aangesluit. Hulle het die jaar volgens die beweging van die son bereken (Ra*, die son, was Egipte se hoofgod). Daarom is die dag van sonop tot sonop in terme van “dag en… Lees Meer »

KALEB

KALEB is die seun van Jefunne uit die stam van Juda*2 en een van die verkenners wat Moses* na Kanaän* gestuur het en wat saam met Josua* ’n gunstige minderheids­verslag oor die inneembaarheid van die land gelewer het (Num 13:6; 14:6-10). Sy jonger broer, Otniël*, was die eerste rigter* van Israel* (Rig 3:9).

KALDEN, PETRUS

KALDEN, PETRUS (circa 1669–1736) is in Wesel, Duitsland gebore. Hy kom in 1695 in die Kaap aan as leraar. Benewens die dienste wat hy in die Kasteel moes hou, moes hy ook vier maal per jaar die sakra­mente* op Stellenbosch bedien. Op 4 Ja­nu­a­rie 1699 ontvang hy die plaas Zandvliet, ook bekend as Zorgvliet, van… Lees Meer »

KAKKERLAK, CUPIDO

KAKKERLAK, CUPIDO (1760–?). Die Khoekhoen-opstand (1799–1803) was onderweg toe dr J van der Kemp* van die Lon­dense Sendinggenootskap* (LSG) in 1801 ’n sendinggemeenskap op Graaf-Reinet gestig het. In dieselfde jaar is Kakkerlak, ’n saaier van beroep, gedoop*. Hy leer lees en skryf saam met ander, en in 1804 word hy in die sendelinge se jaarverslag… Lees Meer »

KAJAFAS

KAJAFAS en Annas*, sy skoonpa, het ty­dens Jesus* se verhoor saam as hoëpries­ters* opgetree (Joh 18:13, 24). Volgens Matt 26:57 het hy en die priesterhoofde by sy huis besluit om Jesus aan te kla. Ná sy gevangeneming is Jesus na Kajafas se paleis geneem. Volgens Joh 18:14 argumenteer Kajafas in die Sanhedrin* oor die gevolge… Lees Meer »

KAISER, JOHN ANTHONY

KAISER, JOHN ANTHONY (1932–2000) is in Minnesota, Amerika, gebore en hy het daar ook sy skool- en ’n deel van sy universiteitsopleiding ontvang voordat hy sy weermagdiens as valskermsoldaat gedoen het. Daarna is hy Engeland toe vir teologiese studie. Hy is in 1964 as priester*2 georden en deur die Katolieke Kerk* na Kenia gestuur. Kaiser… Lees Meer »

KAIROS-DOKUMENT

KAIROS-DOKUMENT het in September 1985 verskyn as ’n Challenge to the Church: A Theological Comment on the Political Crisis in South Africa. Die dokument het uit vyf hoofstukke bestaan. Hoofstuk Een ver­klaar dat Suid-Afrika in ’n fundamentele krisis as gevolg van apartheid* verkeer, wat ’n “oomblik van waarheid” (kairos) vir Chris­tene meebring. Hoofstuk Twee oefen… Lees Meer »

KAIN

KAIN is die oudste seun van Adam* en Eva*, en broer van Abel* (Gen 4:1-26). Kain was ’n saaiboer, en hy en Abel het aan die Here* offers gebring. God het in sy vrye keuse Abel se offer aanvaar, maar nie Kain s’n nie (vgl Heb 11:4). Kain was kwaad en hy vermoor sy broer… Lees Meer »

KADES-BARNEA

KADES-BARNEA is ’n fonteingebied in die noordooste van die Sinai*1-skiereiland, 110 km suid van Hebron*, ook net as Kades, of En-Mispat, bekend (Gen 14:7). Volgens Deut 1:2 sou die roete van Sinai tot by Kades-Barnea die Israeliete net 11 dae neem, maar hulle ongeloof dat God aan hulle die beloofde land wou gee, sou tot… Lees Meer »

KADES

KADES. Kyk by: Kades-Barnea.

KAAPSE KERK

KAAPSE KERK. Die vestigingsdatum van die Protestants*-Christelike geloof* aan die Kaap die Goeie Hoop (bekend as Cabo de Bona Esperance onder die Portugese) word teruggevoer na 6 April 1652. Dit was toe Jan van Riebeeck* en Willem Wijlant*, eerste permanente VOC-sieketrooster, Tafelbaai met die Drommedaris bereik het. Die meeste van die minder as 150 medenedersetters… Lees Meer »

Sidebar