L

LYDING

LYDING, in die omgangstaal, is om smart, ellende en pyn te deurstaan en te verduur. Lyding is ’n algemeen-menslike ervaring. Dit bly op stuk van sake egter iets onverstaanbaars. Selfs die Christelike geloof* maak dit nie verstaanbaar nie (Kyk by: Teodi­see). Tog is daar ’n voortdurende be­hoefte aan, en baie pogings tot, verklarings vir lyding…. Lees Meer »

LYDENSTYD

LYDENSTYD. Kyk by: Kerklike kalender.

LXX.

LXX. Kyk by: Septuaginta.

LUWUM, JANANI JAKALIYA

LUWUM, JANANI JAKALIYA (1922–1977) is in Noord-Uganda gebore. In 1948 het hy as jong onderwyser gedurende die groot herlewing in Oos-Afrika tot bekering* gekom. Hy is die volgende jaar na die teologiese kollege in Buwalasi toe en is in 1955 tot Anglikaanse* diaken*2 georden. Die volgende jaar word hy ’n priester*2, in 1969 biskop* van… Lees Meer »

LUTZ, JOHANN JACOB (JAPIE)

LUTZ, JOHANN JACOB (JAPIE) (1859–1955) is op die Amandelboom-sen­dingstasie (tans Williston) gebore. Hy het vir vyf jaar by die Rynse Sendingskool in Barmen, Duitsland, skoolgegaan en is daarna by Detmohd as kabinetmaker opgelei. Japie het by sy terugkeer die ambag op Ceres beoefen en was in ’n stadium ook bankklerk. Hy het in 1881 ’n… Lees Meer »

LUTHULI, ALBERT JOHN

LUTHULI, ALBERT JOHN (1898–1967), ’n Zoeloe*-kaptein, het op die Groutville-sen­dingpos in KwaZulu-Natal opgegroei en hom as onderwyser by Edendale naby Pietermaritzburg bekwaam. Luthuli was vyftien jaar lank aan die Adams-kollege (1853) verbonde en is in 1935 as stamkaptein ingehuldig. Hy was ’n oortuigde Christen*, ’n afgevaardigde na ’n internasionale sending*konferensie in Madras, en het ook… Lees Meer »

LUTHERSE TEOLOGIE

LUTHERSE TEOLOGIE. Die deurslag­ge­wende dryfkrag agter al Martin Luther* (1483-1546) se teologiese werk, was die soeke na ’n genadige God na wie sondaars* gelei kan word vir verlossing (Kyk by: Genade en: Redding). Hierdie soteriologiese (of verlossings-) basis vorm ook die grondmotief van die Lutherse teologie*. Luther het die grondslag van sy teologie tussen Mei… Lees Meer »

LUTHERSE KERK

LUTHERSE KERK. Kyk by: Evangelies-Lutherse Kerk in Suid-Afrika.

LUTHERANISME

LUTHERANISME is ’n bepaalde teologiese en kerklike rigting wat sy wortels te­rug­vind in die leerstellings van die Hervor­mer, Martin Luther* (1483–1546) en even­tueel uitgemond het in die totstandkoming van die Lutherse Wêreldfederasie in 1947. Dit groepeer wêreldwyd in meer as vyftig denominasies, en een uit elke 20 Christene in die wêreld bestempel hom- of haarself… Lees Meer »

LUTHER, MARTIN

LUTHER, MARTIN (1483–1546). Die familie Luther stam uit die boerestand in Möhra. Op 2 Julie 1505 beland Luther in ’n geweldige storm, weerlig slaan ’n boom langs hom in stukke en hy val op die grond. In doodsangs doen hy ’n belofte dat, indien hy bly leef, hy ’n monnik* sal word. Hy meld op 17… Lees Meer »

LUMPA-KERK

LUMPA-KERK. Kyk by: Lenshina, Alice Mulenga Mubisha.              

LULLUS, RAYMUNDUS (RAYMOND LULL)

LULLUS, RAYMUNDUS (RAYMOND LULL) (1232–1315) was een van die eerste Christelike sendelinge* onder Moesliems*. Hy is in 1232 in Majorca gebore as lid van ’n welgestelde Katolieke* familie, en het as jong man aan die hof van die koning van Aragon ’n uitspattige lewe gelei. In sy dertigs het Lullus deur verskeie visioene tot geestelike… Lees Meer »

LUKAS (PERSOON)

LUKAS (PERSOON) word algemeen erken as die skrywer van die Lukas*-Evangelie en Handelinge*. Hoewel hierdie twee geskrifte nie hulle skrywer vermeld nie, skryf antieke manuskripte hulle so vroeg as die tweede eeu aan ene Lukas toe. Die vroeë kerkvaders* was dit hiermee eens. Hulle identifiseer almal hierdie Lukas met die Lukas van Kol 4:14, 2… Lees Meer »

LUKAS (BYBELBOEK)

LUKAS (BYBELBOEK). Lukas-Hande­linge*, wat ’n kwart van die Nuwe Testa­ment* uitmaak, is duidelik ’n literêre eenheid. In Hand 1:1 word terugverwys na die “eerste boek” (Lukas-Evangelie). Beide boeke is waarskynlik deur Lukas*, mede­werker van Paulus*, geskryf, opgedra aan Teofilus*, en deur hom gerig aan ’n onbe­kende, maar wyer Christelike gehoor met ’n sterk nie-Joodse agtergrond…. Lees Meer »

LUISE

LUISE. Kyk by: Diere van die Bybel.

LUIPERDS

LUIPERDS. Kyk by: Diere van die Bybel.

LÜCKHOFF, AUGUST DANIËL

LÜCKHOFF, AUGUST DANIËL (1874–1963) bekwaam hom eers as onderwyser voordat hy in 1900 op Stellenbosch gelegi­timer (Kyk by: Legitimasie) word as predikant*. Hy bedien Cale­don en Darling, maar dit is as die eerste armesorgsekretaris vanaf 1916 tot met sy aftrede in 1943 dat hy baanbrekerswerk verrig vir die minderbevoorregte kind én op baie ander barmhartigheidsterreine…. Lees Meer »

LUBBE, WILLEM JACOBUS GER­HAR­DUS

LUBBE, WILLEM JACOBUS GER­HAR­DUS (1922–) is in die distrik Lichten­burg gebore. Hy studeer vir predikant aan die Universiteit van Pretoria waar hy sy grade en die proponentseksamen met lof slaag en kaptein is van die span van die Noordelike Universiteite teen die All Blacks van 1949. Saam met sy studie is hy ook dosent in… Lees Meer »

LOVEDALE

LOVEDALE is in 1841 gestig. Vroeg in die 1830’s het die Skotse sendelinge* in die Oos-Kaap die Glasgow-sendinggenootskap gevra om ’n inrigting vir die opleiding van swart onderwysers en kategete (Sondagskoolonderwysers) op te rig. In 1839 is toestemming gegee en dr William Govan*, die eerste hoof, het in 1841 by Lovedale aangekom. Lovedale is na dr… Lees Meer »

LOUW, WILLIAM EVERT GLADSTONE

LOUW, WILLIAM EVERT GLADSTONE (1913–1980) het, soos sy tydgenote NP van Wyk Louw* (sy ouer broer) en Elisabeth Eybers*, belydenisverse geskryf. As professor van Letterkunde en veral kenner van die laat 19de-eeuse Nederlandse dig­kuns, soek hy daarna om skoonheid te skep. Een van sy eerste en bekendste ge­digte is gebaseer op Jesus* se gelykenis van… Lees Meer »

LOUW, NICOLAAS PETRUS VAN WYK

LOUW, NICOLAAS PETRUS VAN WYK (1906–1970), dalk Afrikaans se grootste digter, vermaarde dramaturg en skerpsinnige prosaïs, debuteer met Alleen­spraak, ’n bundel gedigte wat sterk binne die kader van die belydenisvers geskryf is. Trouens, die 1930’s staan bekend as die periode van die belydenisvers, veral deur die werk van Louw, sy broer WEG Louw*, en Elisabeth… Lees Meer »

LOUW, JOHANNES PETRUS

LOUW, JOHANNES PETRUS (1932–2011), behaal die grade BA, BA Hons, MA (alles met lof) en D Litt (Grieks*) aan die Universiteit van Pretoria (UP). Vanaf 1956 is hy lektor (Grieks) aan die Universiteit van die Oranje-Vrystaat en vanaf 1966 professor en departementshoof. Vanaf 1972–1992 lei hy die departement Grieks aan UP. Hy het voortgesette navorsing… Lees Meer »

LOUW, GERRIT STEFANUS (STEFAN)

LOUW, GERRIT STEFANUS (STEFAN) (1972–2006) het op Stellenbosch studeer en meestersgrade in filosofie en teologie* verwerf. Hy het in Durbanville (Sonstraal) en die Melville-Kruisgemeente in Johannesburg gewerk en mense in die kerk gekry wat nie noodwendig na die NG Kerk* wou kom nie. Hy was ’n skrywer van talryke artikels in dag- en kerkblaaie waarin… Lees Meer »

LOUW, DANIËL JOHANNES

LOUW, DANIËL JOHANNES (1944–). Nadat Louw in 1970–1971 as vol ingeskrewe student aan die Universiteit van Tübingen in die destydse Wes-Duitsland studeer het, word die graad DPhil in filosofie in 1972 op Stellenbosch aan hom toegeken. In 1983 behaal hy ’n DTh aan dieselfde universiteit met ’n proefskrif in die pastoraat*. In 1972 word hy… Lees Meer »

LOUW, CHRIS (“BOETMAN”)

LOUW, CHRIS (“BOETMAN”) (1953–2009) het bekendheid verwerf met sy ope brief, “Boetman is die bliksem in”, wat in 2000 in al die Afrikaanse dagblaaie gepubliseer is. Dit het een van die heftigste debatte nóg in die Afrikaanse koerante ontketen en ook in die buiteland aandag getrek. Die dramaturg Pieter Fourie het die debat in ’n… Lees Meer »

LOUW, ANNA MARGARETHA

LOUW, ANNA MARGARETHA (1913–2003) is op Calvinia gebore. Haar skrywers­loopbaan – met 20 publikasies – strek oor 54 jaar. Haar werk is die verkenning van eksistensiële krisisse wat op verandering volg. Die romans Die banneling: Die lyfwag (1964) en Die groot gryse (1968) handel oor die laaste jare in die lewe van Paul Kruger*. In… Lees Meer »

LOUW, ABRAHAM FAURE

LOUW, ABRAHAM FAURE is die naam van verskeie bekendes in die NG Kerk*. ‑Abraham Faure Louw1 (1866–1960) se bediening (1895–1946) begin op Graaff-Reinet, gevolg deur twee jaar as kapelaan onder sowat 5 000 Boere-krygsgevangenes op St Helena, hoof van die “Boeren Zending School” of Drostdy op Worcester, waar veral voormalige krygsgegevangenes vir sending*werk opgelei is… Lees Meer »

LOUW, ANDRIES ADRIAAN (AN­DREW)

LOUW, ANDRIES ADRIAAN (AN­DREW) is bekende name in die geskiedenis van die NG Kerk*. ‑Andries Adriaan Louw (1827–1908) was assessor (ondervoorsitter) van die eerste sinode van die NG Kerk in die Vrystaat (1865) en bedien die gemeentes Fauresmith, Murraysburg en vanaf 1882 Noorder-Paarl waar hy in 1897 emeriteer (aftree). ‑Andries Adriaan Louw (1862–1956), seun van… Lees Meer »

LOURENS, MARIUS

LOURENS, MARIUS (1956–), ’n Robert­sonner, het die eerste keer met die formele kunswêreld in aanraking gekom toe hy begin het om kuns aan die Kaapstadse Tech­nikon te studeer. In 1977 is die Nasio­nale Diploma in Grafiese Ont­werp met on­der­skeiding aan hom toege­ken. Hy het ook die Hoër Diploma met onderskeiding ver­werf. Hierna skryf hy by… Lees Meer »

LOUBSER, JOHANNES ALBERTUS (BOBBY)

LOUBSER, JOHANNES ALBERTUS (BOBBY) (1949–2006) is op Stellenbosch gebore as die agteragterkleinkind van ds JH Neethling*, stigter van die Universiteit van Stellenbosch, en as die naamgenoot-kleinseun van een van Springbokrugby se legendariese vleuels, Bob Loubser. Loubser het sy MA in Grieks* en sy doktorsgraad in Nuwe Testament* aan die Uni­versiteit van Stellenbosch behaal. Hy dien… Lees Meer »

LOTERY

LOTERY. Wêreldwyd is daar in kerke en onder indiwiduele gelowiges geen eenstemmigheid oor deelname aan loterye nie. Sommige kerke beskou dit as taboe, terwyl ander kerke die opbrengs van loterygeld aanwend vir die instandhouding van barm­­har­tigheidsprojekte. Die gerefor­meer­de* kerkvaders het hoofsaaklik drie argumente aangevoer waarom lotery in beginsel verkeerd is. Eerstens is daarop gewys dat… Lees Meer »

LOT

LOT is Abraham* se broerskind (neef) wat saam met hom uit Haran* weggetrek het na Kanaän* (Gen 12:5). Lot en Abraham se paaie skei later, omdat die weiding nie in beide se behoeftes kon voorsien nie. Lot en sy familie is gered deur ’n engel* toe God Sodom* en Gomorra* gestraf het (Gen 19). Sy… Lees Meer »

LOSPRYS

LOSPRYS. Die Ou Testament* verwys na die vrykoop van mense en diere wat as eersgeborenes* aan die Here* gewy is (Eks 13:13), of die losprys vir iemand se lewe (Eks 21:30). Mense wat as slawe* verkoop is (Lev 25:47-49) en grond wat verkoop is (Rut 4:4, 6), kon teruggekoop word. Gewoonlik is geld* gebruik, maar… Lees Meer »

LOSBANDIGHEID

LOSBANDIGHEID in die Bybel* dui op die oortreding van die gemeenskap en samelewing se morele* of etiese norme*, en kom neer op ’n algemene wetteloosheid wat ook spesifieke sake soos dronkenskap en seksuele losbandigheid ingesluit het. In die Rabbynse tradisie (Kyk by: Rabbynse skole, en ook: Rabbi) word losbandig­heid, saam met begeerte, hoerery*, bloedskande en… Lees Meer »

LO-RUGAMA

LO-RUGAMA was die simboliese naam van die tweede kind (’n dogter) van die profeet Hosea* en Gomer* (Hos 1:6). Die naam beteken letterlik: “sonder-ontferming”. Die naam verwys na God se oordeel. As die kind genoem word “Sonder-ontferming”, beteken dit dat God Hom “nie weer oor Israel* gaan ontferm nie” (Hos 1:6). Tog sal daar ’n… Lees Meer »

LOON

LOON is die kompensasie wat persone ontvang in ruil vir arbeid wat deur hulle verrig word. Teenoor die neiging in die vryemarkstelsel om loon te koppel aan die markkragte van vraag en aanbod, is daar in die Christelike* etiek* ’n aandrang dat loon aan een of ander maatstaf van billikheid gekoppel word. Billikheid sou aan… Lees Meer »

LOOF

LOOF. Kyk by: Lofsang, ook: LofprysingH

LONDENSE SENDINGGENOOTSKAP

LONDENSE SENDINGGENOOTSKAP. ’n Enorme vrywillige organisasie is in 1795 gestig toe leiers van die Onaf­hanklike Kerke met Anglikane* en Presbiteriane* saamgespan het om ’n sendinggenootskap te stig met die oogmerk om “die heerlike evangelie* van die heilige God aan die heidene*” te bevorder. Dit het denominasiona­lisme (in die sin dat voorkeur aan ’n bepaalde kerklike… Lees Meer »

LOMBARDUS, PETRUS

LOMBARDUS, PETRUS (circa 1095–1160) is in haglike omstandighede naby No­vara in Italië gebore. Ná sy aanvanklike opleiding by die plaaslike katedraalskole, is hy deur die biskop* na Reims en Parys ge­stuur vir verdere studie onder Abelardus*. Teen 1145 het hy professor by die katedraalskool van Notre Dame in Parys geword. In 1159 is hy as… Lees Meer »

LOGOS

LOGOS is ’n Griekse* woord wat gewoonlik “woord” beteken. Logos kry ’n besondere betekenis in Johannes*2 se Evangelie*. Dit verwys óf na die boodskap van God in die Ou Testament* (5:38; 8:55; 10:35) óf na die boodskap wat Jesus* self bring (8:31, 37, 43, 51; 17:6). Verder stel Johannes Jesus en sy woorde gelyk (12:48)…. Lees Meer »

LOFSANG, LOOF

LOFSANG, LOOF. Lofsang is van die vroegste tye deel van indiwiduele vroom­heid* en die formele erediens*. Die bundel Psalms* in die Ou Testament* is die beste bewys hiervan. Hoewel baie van hierdie liedere ’n indiwiduele oorsprong het (bv Ps 23), lewer die formele aanbidding in die tabernakel*, en die voor- en na-ballingskapse (Kyk by: Ballingskap)… Lees Meer »

LOFPRYSING

LOFPRYSING en aanbidding kan as van die sentrale momente in die charismatiese* liturgie* (erediensinkleding) gesien word. Normaalweg word ’n redelike tyd aan dié handelinge bestee. Hierna word die Woord* gewoonlik uitgelê en gekonkretiseer. Lofprysing in die charismatiese tradisie word gekenmerk deur entoesiasme, vreugde, warmte en ’n atmosfeer van lof. Lofprysing het die afgelope jare ook… Lees Meer »

LOEDOLFF, HUGO HENDRIK

LOEDOLFF, HUGO HENDRIK (1804–1864) was ’n gesiene inwoner, wets- en boe­delagent van Malmesbury, maar ook om­strede ouderling* wat by die Kaapse si­node* van 1862 beswaar maak teen die sittingsreg van alle afgevaardigdes buite die destydse koloniale grense. Volgens hom kon Ordon­nansie no 7 van 1843, wat die verhouding tussen kerk* en staat* gereël het, nie… Lees Meer »

LODEWYK XIV VAN FRANKRYK

LODEWYK XIV VAN FRANKRYK (1638–1715) volg in 1643 sy pa op as koning, aanvanklik nog onder die regentskap van sy ma, maar sedert 1661 as koning in eie reg. Gedurende sy kinderjare is hy sterk beïnvloed deur Mazarin, veral met be­trekking tot die idee van absolute ko­ning­skap. Gedurende sy regering beleef Frank­ryk ’n sg “goue… Lees Meer »

LOCKE, JOHN

LOCKE, JOHN (1632–1704) is onder andere bekend vir sy Essay on Human Understanding (1690). Locke word gewoonlik aangedui as fondamentlêer van die empiriese tradisie in die filosofie. Locke se hantering van geloof* en rede is belangrik. Hy wou aantoon dat die geloof dat Jesus* Christus* die Messias* is, voldoende is vir redding*, indien dit vergesel… Lees Meer »

LO-AMMI

LO-AMMI was die simboliese naam van die derde kind van die profeet Hosea* en Gomer* (Hos 1:9). Die naam beteken letterlik: “nie-my-volk-nie”. Die naam verwys na God se oordeel. As die kind genoem word “nie-my-volk-nie”, is God ook nie Israel* se God nie (Hos 1:9). Dit beteken in effek dat die verbondsbelofte, waar God vir… Lees Meer »

LOADER, JAMES ALFRED (JIMMY)

LOADER, JAMES ALFRED (JIMMY) (1945–) het semitistiek, oud-filologie, filo­sofie en teologie* studeer aan die universi­teite van Pretoria, Groningen (Nederland) en Cambridge (Verenigde Koninkryk). Hy het gespesialiseer in semitistiek en Ou Testament*, en het ook ’n groot belangstelling in kerkgeskiedenis* getoon. Hy het tot 1980 as professor in Ou Testament aan die Teologiese Fakulteit (Afd A… Lees Meer »

LMS

LMS. Kyk by: Londense Sendingge­noot­skap.

LIVINGSTONE, DAVID

LIVINGSTONE, DAVID (1813–1873), een van die bekendste Britse sendelinge* en ontdekkingsreisigers*, is in Skotland gebore. Ná sy bekering* was hy oortuig dat hy ’n sending*roeping het, en daarom het hy medies en teologie* gestudeer. Tussen 1841 en 1856 het hy as sendeling van die Lon­dense Sendinggenootskap (LSG)* in Suid-Afrika gewerk. Sy eerste aanstelling was in… Lees Meer »

LITURGIESE RUIMTE

LITURGIESE RUIMTE is die plek waar godsdienstige rites, rituele en simbole uitdrukking vind. Met “ruimte” word baie meer bedoel as net die kerkgebou en argitektuur. Uit die geskiedenis weet ons dat die Vroeë Kerk* dikwels in huise bymekaar gekom het. Die saambindende gedagte is die “sakrale aard” daarvan. Dit is dus ’n ruimte waar daar… Lees Meer »

LITURGIE.

LITURGIE. Die woord “liturgie” is afgelei van die Griekse term leitourgia. Hiermee word die dienswerk vir die volk (leitos, laos) aangedui. Leitourgia was aanvanklik ’n polities-staatregtelike begrip (werk van die volk of in belang van die volk). Die koning* was in die antieke tyd ook ’n priester*1. Daarom het die woord ook die betekenis van… Lees Meer »

LITERATUURDIENS

LITERATUURDIENS. Die Christendom* is in ’n bepaalde sin ’n “godsdiens van die Boek”. Die beskikbaarstelling deur vertaling en verspreiding van die Bybel* in al die tale waarin mense bereik moet word, is dus ’n basiese werksaamheid van die kerk*. Die sending* het daarom altyd moeite gedoen met geletterdheidsopvoeding. Skole – aanvanklik vir geletterdheid en later… Lees Meer »

LISTRA

LISTRA was ’n dorpie in Likaonië in die sentraalgedeelte van die suide van Klein-Asië*, omtrent 40 km suid van Ikonium*. Listra was nie op ’n belangrike handels­roete geleë nie. In 25 vC is dit opgeneem in die Romeinse provinsie (Kyk by: Romeinse Ryk) Galasië*. In 6 vC word dit ’n Romein­se kolonie, waarskynlik om as… Lees Meer »

LISANIAS

LISANIAS is die naam van die heerser wat geregeer het oor Abilene, ’n gebied noordwes van Damaskus* rondom die hoofstad Abila. Lisanias was moontlik ’n jonger seun van Herodes* die Grote en het van 25–35 nC geregeer. Hy was heerser toe Johannes die Doper* begin preek het (Luk 3:1). In 37 nC het keiser* Kaligula… Lees Meer »

LION-CACHET, JAN

LION-CACHET, JAN (1838–1912). Soos sy broer, Frans*, aanvaar hierdie seun van Joodse afkoms ook die Christelike geloof* en word vir die bediening opgelei deur die Vrye Kerk van Skotland in Amsterdam. Hy word sterk beïnvloed deur die Reveil*-beweging wat die ortodokse* teologie* handhaaf teenoor die opkomende modernisme*. Hy kom na Suid-Afrika as onderwyser, maar is… Lees Meer »

LION-CACHET, FRANS

LION-CACHET, FRANS (1835–1899) is van Joodse* afkoms in Nederland gebore. Ná die gesin se oorkoms na die Christelike geloof*, ontvang hy sy teologiese* opleiding by die Vrye Skotse Kerk omdat hy gekant was teen die liberale opleiding by universiteite. Hy kom in 1858 na Suid-Afrika en werk op ’n tydelike basis in die gemeentes St… Lees Meer »

LINDE, HANS JURIE

LINDE, HANS JURIE (1941–) is die seun van twee bekende kerkmense, ds Hannes en mev Anna Linde: hy die jarelange Son­dag­skoolsekretaris en redakteur van die destydse Die Môrelig, en sy die Ameri­kaan­se vrouepredikant wat sending*werk in Afrika kom doen het en ná haar troue haar aangenome kerk en land en volk van harte gedien het… Lees Meer »

LINDE, ENGELA ELIZABETH HELENA (GEBORE VAN ROOYEN)

LINDE, ENGELA ELIZABETH HELENA (GEBORE VAN ROOYEN) (1939–) is bekend as letterkundige, verhaalredakteur en veral as skrywer. Sy skryf onder die name Engela van Rooyen, Engela Linde, Louisa du Toit en Barend Bornman. Haar liefdesverhale, jeugverhale en kontreikuns het haar ’n bekende naam gemaak lank voordat haar meesterwerk – en ook haar honderdste boek –… Lees Meer »

LIMBO

LIMBO, soos in die Katolieke Kerk* gebruik, dui óf op die plek waarheen vroeggestorwe ongedoopte kindertjies gaan (limbus infantium) óf  die plek waarheen regverdiges vóór die wederkoms* van Christus* gaan (limbus patrum). Dit kom van die woord limbus, “grens” of “kant”, en dui daarop om op die grens van die hemel* of die hel* te… Lees Meer »

LIMA-LITURGIE

LIMA-LITURGIE. Met die opkoms van die ekumeniese* beweging in die 20ste eeu het daar toenemend die behoefte ontstaan aan riglyne vir eredienste* waar mense uit verskillende tradisies saamkom vir aanbidding. Veral die Faith and Order-kommissie van die Wêreldraad van Kerke* het hieraan aandag gegee en het as vrug van jare se werk in 1982 die… Lees Meer »

LIGSTRAAL, DIE

LIGSTRAAL, DIE. Twintig jaar vóór die vier provinsiale sinodes van die NG Kerk in Afrika* in 1963 verenig het, het hulle al een amptelike blad gehad. Die NG Sendingkerk (later NG Kerk in Afrika) van die Vrystaat het reeds in 1915 Die Fakkel (Serumula) uitgegee. Ná ’n sukkelbestaan, het dr BJ Odendaal in 1937 redakteur… Lees Meer »

LIGHTFOOT, ROBERT HENRY

  LIGHTFOOT, ROBERT HENRY (1883–1953), was die seun van ’n Anglikaanse* priester. Hy het doseer as “Dean Ireland Professor of Exegesis and Holy Scriptures” aan die Universiteit van Oxford (1934–1949). Toe daar in Brittanje nog weinig kennis van die vormhistoriese benadering van die Evangelies* was, studeer hy Duits en raak vertroud met die werk van… Lees Meer »

LIGGAAMLIKHEID

LIGGAAMLIKHEID. Die Westers-Chris­te­like verstaan van liggaamlikheid is beïnvloed deur Plato (427–347 vC) (Kyk by: Platonisme) se beskouing van die liggaam. Volgens hom bestaan die mens hoofsaaklik uit twee dele: ’n onsterf­like siel* en ’n (minderwaardige) sterflike liggaam*. Die liggaam wat stoflik is, is ’n groot hindernis vir die siel wat sy oorsprong in die geestelike… Lees Meer »

LIGGAAM VAN CHRISTUS

LIGGAAM VAN CHRISTUS. Die uitdrukking “liggaam van Christus” is ’n meta­foor* vir die kerk*. Hiervan lees ons onder andere in Paulus* se briewe aan die Romeine* en Korintiërs*. Die oorsprong van hierdie metafoor lê by Paulus se siening van die nagmaal*. In die nagmaal word in herinnering geroep dat Christus* se liggaam gebreek is –… Lees Meer »

LIGGAAM

LIGGAAM. Die Griekse* term soma speel veral in Paulus* se briewe ’n belangrike rol. Hy gebruik soma meer as 50 maal vir wat ons normaalweg onder ’n mens* se “liggaam” verstaan (bv 1 Kor 5:3; 2 Kor 4:10; Gal 6:17). Wat gelowiges* met hulle liggaam doen, is van groot belang. Hulle behoort hulle bv van… Lees Meer »

LIGDRAER, DIE

LIGDRAER, DIE was die amptelike kerkblad van die NG Sendingkerk (NGSK), en later van die Verenigende Gerefor­meerde Kerk* (VGKSA). Die NGSK-sinode van 1904 het besluit om ’n blad te begin, De Zendingkerk, later die Zendingbode. As gevolg van onbetaalde intekengeld is die uitgawe daarvan in 1928 gestaak. In 1937 is weer op ’n kerkblad besluit…. Lees Meer »

LIG (DIE VOORLIGTER)

LIG (DIE VOORLIGTER). AJV (Attie) Burger*, predikant van die destydse Ned Herv of Geref Kerk (later die NG Kerk* van Transvaal) se gemeente* op Paulpietersburg, het in 1937 in ’n beskrywingspunt aan die Transvaalse sinode* gevra dat ’n algemene maandblad vir die kerk in die (destydse) Transvaal in die lewe geroep word. Die nuwe tydskrif… Lees Meer »

LIFAQANE

  LIFAQANE. Kyk by: Mfecane.

LIER

LIER. Kyk by: Musiekinstrumente in die Bybel.

LIEG / LEUEN / JOK

LIEG / LEUEN / JOK. Om te lieg (of om ’n leuen te vertel, te jok) is om ’n vals of verdraaide weergawe van die werklikheid te gee. Sowel die Ou* as die Nuwe* Testament heg ’n hoë waarde aan die waarheid* en is dikwels uitgesproke teen die vertel van leuens. Die Bybelse veroordeling van… Lees Meer »

LIEFDESMAALTYD

LIEFDESMAALTYD. Die Nuwe Testa­ment* verwys net een keer na die “liefdesmaaltyd” of agape (Judas vers 12). Ignatius*, tweede-eeuse biskop van Antiogië, gebruik hierdie naam egter ook. Later kom dit meermale in die kerklike literatuur voor. Oorspronklik was dit waarskynlik een van die name waaronder die Christelike nag­maal* bekend gestaan het. Die naam “lief­des­maaltyd” moes die… Lees Meer »

LIEFDESMAAL

LIEFDESMAAL, van die Grieks* agape (“liefde”), is ’n tegniese term vir nagmaal* onder die vroeë Christene*. In die Nuwe Testament* gebruik slegs Judas vers 12 die term eksplisiet, maar die maaltyd waarvan ons in 1 Kor 11 lees, is duidelik dieselfde saak. Die Nuwe Testament bied geen getuienis dat liefdesmaal iets anders as die nagmaal… Lees Meer »

LIEFDESGEBOD

LIEFDESGEBOD is die kortnaam vir die samevatting van God se wil in die Ou Testa­ment* deur Jesus* Christus* (Matt 22:37-40; Mark 12:28-34; Luk 10:25-28). Hoewel dié samevatting al in die Ou Testament bekend is (Deut 6:4-5; Lev 19:8; Miga 6:6-8), radi­ka­liseer Jesus die liefde* as God se wil. Hierdie dubbele liefdesgebod word deur Christene as… Lees Meer »

LIEFDESAPPELS

LIEFDESAPPELS. Kyk by: Plante in die Bybel.

LIEFDE (CHRISTELIKE)

LIEFDE (CHRISTELIKE). Daar is veral twee opvattings van liefde wat duidelik van mekaar onderskei moet word, naamlik die Griekse* en die Bybelse* opvatting. Tiperend van die Griekse opvatting is dat daar altyd iets in die ander persoon moet wees wat liefde wek. Die Griekse wysgeer Aristoteles het gesê dat niemand geliefd kan wees wat dit… Lees Meer »

LIEFDE (SOORTE)

LIEFDE (SOORTE). Liefde is die beskrywing van die karakter van God, die optrede van Christus* en dit wat God van ons verlang (Kyk ook: Liefdesgebod, en: Etiek van Christelike liefde). Kernagtig word bely: “God is liefde” (1 Joh 4:8, 16). Johannes ver­klaar dat Christus vir ons kom wys het hoe God is (Joh 1:18; 14:9)…. Lees Meer »

LIEDBOEK VAN DIE KERK

LIEDBOEK VAN DIE KERK. Die eerste Afrikaanse Psalmboek, met Totius* (JD du Toit) as omdigter, is in 1937 deur die Gere­formeerde Kerke in Suid-Afrika* (GKSA) in gebruik geneem. Vir die Nederduitse Gere­for­meerde Kerk* (NGK) en die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika* (NHKA) was die jaar van ingebruikneming, saam met ’n ruim aantal gesange, 1944. In… Lees Meer »

LIDMAAT

LIDMAAT. ’n Lid van ’n kerk*. Die gangbare gereformeerde* siening is dat die kind van ouers wat lidmate van die kerk is, as suigeling gedoop* word en dan ’n dooplidmaat* is totdat hy/sy belydenis van geloof* aflê (gewoonlik op 16- of 18-jarige ouderdom). Dan is hy/sy ’n belydende lidmaat van die gemeente* waar hy/sy belydenis… Lees Meer »

LIDIA

LIDIA was ’n vrou uit Tiatira* wat in Filip­pi, Masedonië*, gewoon het. Tiatira is be­kend vir purperslakke wat gebruik is om wol te kleur – wat verklaar waarom sy in purperwol handel gedryf het. Purper is net deur rykes gedra. Lidia was van heidense* afkoms en het ’n groot belangstelling in die Jodedom gehad, maar… Lees Meer »

LIBERTINISME

LIBERTINISME is ’n beskrywing van ’n vorm van vrydenkende filosofie, en is die eerste keer op ’n minagtende manier deur die 16de-eeuse hervormer Johannes Cal­vyn* gebruik van ’n Nederlandse Anabap­tistiese* sekte wat ’n groot aantal van die gevestigde samelewingswaardes verwerp het. Die term het die betekenis verkry van liberaal vrydenkend met betrekking tot sosiale en… Lees Meer »

LIBERTAS PROPHETANDI

LIBERTAS PROPHETANDI is ’n teologiese term wat “vryheid van standpunt” beteken en waarmee gesê word dat daar oor ’n bepaalde saak meer as een standpunt is en vryheid bestaan om die een of die ander te huldig. So, bv, die NG Kerk* se sinode*besluit van 2011/2013 oor die Bose* wat aanvaar dat sommige gelowiges meen… Lees Meer »

LIBERALISME

LIBERALISME is breër sin ’n ruimdenkende, vrye, selfs vrysinnige houding op ekonomiese, politieke, godsdienstige en kulturele gebied. Die klassieke liberale Protestantisme* het sy begin in Duitsland in die middel van die 19de eeu gehad. Dit kan bestempel word as die behoefte om die teologie* in lyn met die menslike situasie van ervaring en van kultuur*… Lees Meer »

LIBERALE TEOLOGIE

LIBERALE TEOLOGIE. In die liberale teologie van die 18de en veral 19de eeu was sowel die godsdiens* in die algemeen as die Christendom* in die besonder hoofsaaklik as ’n binnewêreldse verskynsel gesien wat uitsluitlik in menslike terme beskryf moes word. God is nie as ’n transendente* werklikheid bo en buite die menslike bestaan gesien nie,… Lees Meer »

LEWIS, CLIVE STAPLES

LEWIS, CLIVE STAPLES (1898–1963) is in Belfast, Ierland, gebore. Sy ma is oorlede toe hy nog ’n kind was. Hy is hoofsaaklik tuis onderrig. Hy was ’n soldaat in die Eerste Wêreldoorlog*, waartydens hy verwond is. In 1918 het hy begin studeer aan die University College in Oxford, waar hy in 1924 ’n lektoraat gekry… Lees Meer »

LEWENSVERWAGTING

LEWENSVERWAGTING. Navorsers van ’n internasionale konsortium gelei deur die Universiteit van Washington se instituut vir gesondheidsmetriek, het in 2015 bekend gemaak dat mense sedert 1990 wêreldwyd meer as ses jaar langer leef, maar die lewensverwagting in Suid-Afrika het afgeneem. In 1990 was die gemiddelde lewensverwagting van Suid-Afrikaanse mans 60,46 jaar en van vroue 68,87. In… Lees Meer »

LEWENSBOOM

LEWENSBOOM. Kyk by: Boom van die lewe.

LEWE (REG OP, RESPEK VIR)

LEWE (REG OP, RESPEK VIR). Respek vir die lewe sluit nie alleen die menslike persoon se Goddelike roeping* van respek teenoor sy of haar eie lewe in nie, maar ook die respek wat God van ons vra vir die lewe van die medemens en nie-menslike lewe. Ons lees in Gen 1:27 dat God die Skepper*… Lees Meer »

LEWE (BEGIN VAN MENSLIKE)

LEWE (BEGIN VAN MENSLIKE). Nu­we medies-tegnologiese moontlikhede bring hierdie saak na vore. Die wetenskaplike feite is eenvoudig: Wanneer ’n sperm- en eiersel saamsmelt, ontstaan ’n enkele, nuwe en geneties totaal unieke sel (wat reeds geslag, bloedgroep ens bevat) waaruit die hoogs komplekse mens in ’n kontinue lyn ontwikkel, sonder dat gene­ties en biologies iets bygevoeg… Lees Meer »

LEVITIKUS (BYBELBOEK)

LEVITIKUS (BYBELBOEK) is die derde boek in die Pentateug* en bestaan oorwegend uit wetgewing wat by twee geleent­hede deur verhale onderbreek word (hoof­stuk 8–10 en 24). Die naam kom van die Latyn af waar die boek Liber Leviticus genoem word. Die naam is effens ironies omdat die Leviete* nie eintlik ’n noemenswaardige rol in die… Lees Meer »

LEVIETE EN PRIESTERS

LEVIETE EN PRIESTERS. Hoewel dit nie moontlik is om die vroeë geskiedenis van die priesterskap in Israel* te rekonstrueer nie, kan aanvaar word dat dit ’n instelling was wat redelik vroeg in Israel se godsdiens na vore gekom het. Dit was nie ’n unieke instelling in die Ou Nabye Ooste nie, aangesien ander volke ook… Lees Meer »

LEVI

LEVI is die naam vir vier persone in die Bybel*, van wie een in die Ou Testament* en drie in die Nuwe Testament* vermeld word. ‑Die Ou Testament se Levi was die derde seun van Jakob* en Lea* wat in Gen 29:34 genoem word. Hy was die voorva­der van geslagte van Levitiese priesters. In sommige… Lees Meer »

LEVANT

  LEVANT is die landstreek wat tradisioneel as Siro-Palestina* bekend staan. Jerusalem* is geleë in die streek waarna as Levant verwys word. Dit is ’n meer geografiese term wat die kusstreek en aangrensende streke van die oostelike Middellandse Seekus aandui.

LEUEN

LEUEN. Kyk by: Lieg.

LE SUEUR, FRANCISCUS (FRANCOIS)

LE SUEUR, FRANCISCUS (FRANCOIS) (1700–1758) is in die Nederlandse provinsie Gelderland gebore. Hy het uit ’n Hugenote*-familie gestam, van wie sommige predikante van die Waalse Kerk in Nederland was. Ná Le Sueur se teologiese studie aan die Universiteit van Leiden is hy in 1729 deur die Klassis Amsterdam na die Kaapse gemeente* beroep, waar hy… Lees Meer »

LESSING, GOTTHOLD EPHRAIM

LESSING, GOTTHOLD EPHRAIM (1729–1781) was die seun van ’n Lutherse* predikant. Hy studeer aan die Universiteit van Leipzig met letterkunde en kuns as sy groot voorliefdes. Lessing se denke is sterk beïnvloed deur Herman Reimarus. Dit het gebeur nadat hy in 1754 aangestel is as bibliotekaris van die Hertog van Brunswyk en ’n manuskrip met… Lees Meer »

LEROUX-VAN DER BOON, MAR­ZANNE

LEROUX-VAN DER BOON, MAR­ZANNE (1940–) is in Somerset-Wes gebore. Sy het gewerk as onderwyseres, skrywer en vigsberader. Van 2001 af is sy betrokke by Israel*7, besoek die land dikwels en het verskeie romans daaroor geskryf. Sedert 1974 het sy nagenoeg 25 romans en ’n kortverhaalbundel gepubliseer, waarvan heelparty herhaalde herdrukke beleef het. Sy het ook… Lees Meer »

LE ROUX, NATANIËL

LE ROUX, NATANIËL (1962–) kom van die Swartland (Malmesbury). Op skool was hy Niël, al is sy doopnaam Nataniël. Hy sê dat sy kinderjare “afgryslik” was “oor die hele mensgemaakte struktuur, die sisteem waarin jy as kind geen keuse het nie, die skool, die samelewing, die tradisies. Ek het my destyds al voorgeneem dat ek… Lees Meer »

LEROUX, ETIENNE (STEPHEN LE ROUX)

LEROUX, ETIENNE (STEPHEN LE ROUX) (1922–1989) is een van die grootste romanskrywers wat Afrikaans* nog opgele­wer het. Hy is Stephanus Petrus Daniël ge­doop en CJ Langenhoven* was sy peetpa. Leroux se roman-ouevre bestaan uit drie trilogieë en twee romans, as ’n mens die fak­simi­lee-uitgawe van sy laaste, onvoltooi­de roman buite rekening laat. Die roman 18-44… Lees Meer »

LERAAR

LERAAR. Die Griekse* woord wat in die Afrikaanse Bybel* met “leraar” vertaal is, het in die oorspronklike taal die betekenis van onderwyser in die algemeen, iemand wat ander leer, wat kennis en tegniese vaar­digheid oordra en meedeel. So is dit ook vir filosowe gebruik. In die Nuwe Testament* verwys dit soms na Jesus* (Matt 9:11;… Lees Meer »

LEONARD, NANGOLO AUALA

LEONARD, NANGOLO AUALA (1908–1983) was die eerste inheemse biskop* van die Lutherse* Kerke, en ook die eerste kerkleier van Namibië (indertyd Suidwes-Afrika) wat in die openbaar teenkanting teen apartheid* uitgespreek het (1963, 1967, 1971). Leonard is gebore in ’n Christen-ouerhuis, het in diamantmyne gewerk, is opge­lei as onderwyser (Oniipa en Augustineum 1931–1934) en was dosent… Lees Meer »

LEO X (GIOVANNI DE MEDICI)

LEO X (GIOVANNI DE MEDICI) (1475–1521) is in Florence gebore, en is deur sy pa vir ’n kerklike loopbaan bestem, en daarvoor opgelei. In 1488 is hy deur pous Julius II tot kardinaal* benoem. Vanaf 1500 het hy in Rome gebly waar hy ’n beskerm­heer van beeldende kunste, musiek en teater geword het. Hy was… Lees Meer »

LEO IX (BRUNO VAN EGUISHEIM-DAGSBURG)

LEO IX (BRUNO VAN EGUISHEIM-DAGSBURG) (1002–1054) is in 1002 in Elsas gebore. As biskop* van Toul het hy sy bisdom deurreis, plaaslike hervormingsi­nodes gereël, en die klooster*lewe hernu. In 1048 is hy deur keiser Hendrik III tot pous* benoem, maar het geweier om die be­noeming te aanvaar voordat dit deur die geestelikes en bevolking van… Lees Meer »

LEO I

LEO I (circa 400-461) is een van die twee pouse* vir wie die geskiedenis die bytitel “die grote” gegee het. Hy is in 400 of kort daarna, waarskynlik in Toskane, gebore. Dekens was destyds die pous se belangrikste uitvoerende beamptes en Leo is in hierdie amp aangestel. Dit is Leo wat Johan­nes Kassianus* aangespoor het… Lees Meer »

LENSIES

LENSIES. Kyk by: Plante van die Bybel.

LENSHINA, ALICE MULENGA MU­BI­SHA

LENSHINA, ALICE MULENGA MU­BI­SHA (1924–1978) was ’n invloedryke – en ook omstrede – inheemse kerkleier wat gedurende die middel van die 20ste eeu duisende volgelinge in Zambië getrek het. Sy het in die Presbiteriaanse Kerk* (Skotse Kerk) opgegroei, maar nadat sy ’n visioen ontvang het, het sy haar eie godsdienstige beweging, wat veral op die… Lees Meer »

LENIN, VLADIMIR ILJITS

LENIN, VLADIMIR ILJITS (1870–1924) was vroeg reeds as rewolusionêr betrokke by die groeiende verset teen die Russiese tsaristiese bewind. Lenin is geïdentifiseer as ’n gevaar vir die staat. Hy is nietemin toegelaat om sy regstudie aan die Universiteit van St Petersburg te voltooi. Hy is in 1895 gearresteer en na Siberië verban. Hy verlaat Rusland… Lees Meer »

LENGTEMATE

LENGTEMATE. Kyk by: Mate, gewigte, geld

LENA VAN GENADENDAL

LENA VAN GENADENDAL. Toe die eerste buitelandse sendeling aan die Kaap, Georg Schmidt* van Hernhutt* in Duits­land, in 1637 onder die Khoekhoen* by Ba­vi­aanskloof (vanaf 1806 bekend as Ge­nadendal*) begin werk het, het hy hulle onder meer leer lees. In Februarie 1739 het ’n vrou na hom toe gekom en gesê: “Ek kan nie meer… Lees Meer »

LELIES

LELIES. Kyk by: Plante in die Bybel.

LEKGANYANE, ENGENAS

LEKGANYANE, ENGENAS (?–1948) van die Zion Christian Church* (ZCC) het hom onderskei as een van die talentvolste Afrika-kerkleiers. Hy is gebore uit die familie van Barnabas Mat­se­leng Lekganyane en Sefore Marobathota Raphela by Thabakgone, in die gebied van hoofman Mamabolo in die Limpopo-pro­vinsie. Hy het sy laerskoolopleiding aan die Matlhanthe-skool ontvang, waarna hy Johan­nesburg toe… Lees Meer »

LEIBNIZ, GOTTFRIED WILHELM

LEIBNIZ, GOTTFRIED WILHELM (1646–1716) was ’n tydgenoot van Isaac Newton*, Leibniz se mede-ontdekker van die “differensiaalrekening” (Calculus), hoe­wel hierdie punt tot hewige polemiek tussen hulle gelei het. Leibniz het regte, wiskunde en filosofie studeer aan Leipzig- en Jena-universiteite (1661–1666), en het in diens getree van die keurvors van Mainz (1666) en van die hertog van… Lees Meer »

LEGITIMASIE

LEGITIMASIE beteken die wettige toela­ting tot ’n kerklike amp*. In die Afrikaans­sprekende gereformeerde* konteks beteken dit toelating tot die amp van predikant*. Die opleiding en legitimasie van evangeliedienaars, of dienaars van die Woord (predi­kante), word deur die kerke gereël. Die op­leiding (gewoonlik aan ’n teologiese fakulteit by ’n universiteit) geskied onder die beheer van die… Lees Meer »

LE FLEUR, ANDRIES ABRAHAM STOCKENSTRÖM I

LE FLEUR, ANDRIES ABRAHAM STOCKENSTRÖM I (1867–1941) was van 1890 af kaptein van die Griekwas*. Hy is ook “die Hervormer” genoem. Hy was so ’n opstandige vuurvreter dat die Britse koloniale regering hom as ’n bedreiging vir die vrede beskou het. In 1898 is hy tot 14 jaar gevangenisstraf in die Breekwatertronk in Kaapstad gevonnis,… Lees Meer »

LEFÈVRE D’ÉTAPLES, JACQUES

LEFÈVRE D’ÉTAPLES, JACQUES (1455–1536) is ’n Franse akademikus wat hom in die literêre werke van die klassieke Griekse en Romeinse oudheid verdiep het. Hy word hierin onder meer geïnspireer deur die Renaissance* wat ná die Middel­eeue van oorheersing deur die Katolieke Kerk* in Europa volg. Die klem val in die Renaissance op ’n teruggryp na… Lees Meer »

LEEUS

LEEUS. Kyk by: Diere van die Bybel.  

LEESROOSTER

LEESROOSTER is ’n geordende seleksie van Skrif*gedeeltes met die oog op die voorlees daarvan in die openbare erediens*. Dié seleksie van gedeeltes (perikope) word normaalweg in ’n tabel gerangskik. Die keuse van die gedeeltes geskied op een van drie maniere: as opeenvolgende lesings, as semi-opeenvolgende lesings of as geïsoleerde gedeeltes vir ’n spesifieke doel. Dié… Lees Meer »

LEERSTELLING/LEERSTUK

LEERSTELLING/LEERSTUK. Die grondbeginsel van die leer* van ’n kerk*/geloofsgroep oor ’n bepaalde saak. Die gereformeerde* leer is bv in ’n groot mate in die gereformeerde belydenisskrifte* vervat – soos die leerstuk of leerstelling oor die doop* in Artikel 34 van die Nederlandse Geloofsbelydenis*. (Kyk ook: Dogma en: Kerkleer.)  

LEERDWALING

LEERDWALING is ’n afwyking van “die suiwer leer” van die geloof* soos wat dit deur ’n bepaalde geloofsgemeenskap bely word. Hairesis (Grieks*) verwys oorspronklik na leerstellings van filosofiese skole. Pau­lus* gebruik die term om na ’n verdelende groep binne die Christendom* te verwys, en in die Vroeë Kerk* verwys dit na ’n afwy­king van die… Lees Meer »

LEER

LEER ww. Kyk by: Onderwysing.

LEER

LEER s.nw. Aantal reëls/stellings/teorieë wat ’n afgeslote geheel vorm, veral in die godsdiens. Geloofsgemeenskappe (hetsy Christelik: Katoliek*/Protestants*/gereformeerd*/Pinkster-charismaties* ens, ook Joods*, Islamities* ens) beskik in ’n mindere of meerdere mate oor reëls/stellings/teorieë wat uitdrukking gee aan hulle geloof*. Vir gereformeerdes gee die leer uitdrukking aan wat op grond van die Skrif* geglo word. Dié leer, of… Lees Meer »

LE BOUCQ, ENGELBERTUS FRANCISCUS

LE BOUCQ, ENGELBERTUS FRANCISCUS (1675–1748) is in Tubeke, Brabant, België gebore. Hy studeer wysbegeerte aan die Universiteit van Leuven en word diep geraak deur die prediking van ’n Prote­stantse* garnisoenpredikant. Hoewel hy as Bernadynse monnik* georden is, ervaar hy soveel twyfel as hy die mis* moet bedien, dat hy na Rotterdam vlug. Hy word lidmaat… Lees Meer »

LEBONE, MOCHUBI JOSEPH

LEBONE, MOCHUBI JOSEPH (1931–) is in die distrik Bultfontein in die Vrystaat gebore en groei in Wesselsbron op. Hy be­haal st 6 (graad 8), en verwerf sy matriek na-uurs. In Bloemfontein verwesenlik hy sy ideaal en voltooi sy onderwyserskursus. Hy bly in die onderwys tot 1963 en hou skool op Koppies, Heilbron en Odendaalsrus. Die… Lees Meer »

LEA

LEA is die dogter van Laban*, suster van Ragel* en vrou van Jakob* (Gen 29:16). Sy word beskryf as vrou met swak of sagte oë. Dit is onseker of dit ’n negatiewe beskrywing (“gebrek”) is en of die verteller aan haar ’n skoonheidsbate wou toeskryf. Lea het vir Jakob ses seuns en ’n dogter in… Lees Meer »

LAW, WILLIAM

LAW, WILLIAM (1686–1761) studeer aan Cambridge, maar sy weiering om George I as wettige koning te erken, diskwalifiseer hom, as ’n “Nonjuror”, vir diens in die Engelse staatskerk. Van 1737 af wy hy sy lewe aan die onderwys en versorging van minderbevoorregte kinders. Van sy invloed­rykste geskrifte was Christian Perfection (1726), Serious Call to a… Lees Meer »

LAUDIUM-DEKLARASIE

LAUDIUM-DEKLARASIE 1990. Te mid­de van spanning in die NG Kerk­fa­mi­lie* in die laat 1980’s oor apartheid* en verwante sake, het die Reformed Church in Africa (RCA)*, die jongste en kleinste lid van dié kerkfamilie in Suid-Afrika, ernstig nagedink oor sy eie rol in die Suid-Afri­kaanse opset en in die kerklike kring. Hier­die saak is op… Lees Meer »

LATOURETTE, KENNETH SCOTT

LATOURETTE, KENNETH SCOTT (1884–1986), ’n Baptis*, was van die 1920’s tot die 1950’s aan die Divinity School van die Yale-Universiteit in New Haven, Con­nec­ticut, verbonde. Hy is waarskynlik die kerkhistorikus in Noord-Amerika wat saam met RT Handy in die 20ste eeu vir die belangrikste vernuwing van die kerkhistoriese wetenskap in hierdie wêrelddeel verantwoordelik was. Behalwe… Lees Meer »

LATIMER, HUGH

LATIMER, HUGH (circa 1485–1555) is in ongeveer 1510 as priester*2 gewy. Hy het baie waardering vir Luther* se leerstellings gehad, en is van kettery* aangekla omdat hy hom in preke teen die leerstelling van die vaevuur* en die verering van die heiliges uitgespreek het. Hy is geëkskommunikeer, maar het hom in 1532 aan die gesag… Lees Meer »

LATERANUM IV

LATERANUM IV. Kyk by: Innocentius III.

LATEGAN, BERNARD CHRISTIAAN

LATEGAN, BERNARD CHRISTIAAN (1938—) promoveer in 1967 in Kampen oor die aardse Jesus* in die prediking van Paulus* en is van 1969 tot 1977 professor in Nuwe Testa­ment* aan die Universiteit van Wes-Kaapland en van 1978 tot 1991 professor in Bybelkunde aan die Universiteit van Stellenbosch. Daarna dien hy as dekaan van die Letterefakulteit voordat… Lees Meer »

LASTER

LASTER is die doelbewuste en kwaadwillige verspreiding van inligting oor ’n persoon met die oog daarop om ’n negatie­we refleksie op die persoon se goeie naam en integriteit te werp. Daar kan onderskei word tussen die (kwaadwillige) versprei­ding van inligting wat wel waar is, maar nie in die openbaar bekend is nie, en die verspreiding… Lees Meer »

LASARUS

LASARUS is die Griekse* weergawe van die Hebreeuse* Eleasar* wat beteken “God het gehelp”. Die naam kom twee keer in die Nuwe Testament* voor. ‑Die naam word simbolies in die gely­kenis* van die ryk man en Lasarus ge­bruik (Luk 16:19-31). Hier is Lasarus aanvanklik ’n bedelaar by die ryk man se deur. Die twee se… Lees Meer »

LAS CASAS, BARTOLOMÉ DE

LAS CASAS, BARTOLOMÉ DE (1474–1566) was ’n vroeë menseregte-aktivis – soms genoem die “vader van die bevry­dings­teologie*”. Hy is in 1474 in Spanje ge­bore in ’n ryk gesin en het na die Amerikas gekom as regsadviseur van die goewerneur van Hispaniola. Aanvanklik het hy soos die ander koloniste die werkers op sy plantasie uitgebuit. In… Lees Meer »

LARWES

LARWES. Kyk by: Diere van die Bybel

LAPPIDOT

LAPPIDOT word in Rig 4:4 slegs genoem as die man van Debora*, die profetes (Kyk by: Profeet) en enigste vroulike rigter* van Israel*. Sy naam beteken “fakkel” of “lamp”.

LAODISEA

LAODISEA was ’n bekende en vooruitstrewende hawestad, geleë op ’n belangrike handelsroete aan die Lukos-rivier, suid van Kolosse* en Hierapolis. Dit was die hoofstad van Frigië* in die noordweste van Klein-Asië. In die Nuwe Testament* is dit bekend as die laaste van die sewe stede en gemeen­tes* in Openbaring* (1:11; 3:14-22). Die be­sonder negatiewe beskrywing… Lees Meer »

LANGENHOVEN, CORNELIUS JA­COB

LANGENHOVEN, CORNELIUS JA­COB (1873–1932) is op Hoeko in die distrik Ladismith gebore. Die taalmedium in sy skooldae en aan die destydse Victoria­kollege op Stellenbosch was Engels, maar een van sy mentors, Meester Bloemkolk, het hom ook in Hollands onderrig. Hy het in 1899 sy LLB behaal en is later met Magda­lena van Velden van Ladismith… Lees Meer »

LANGE, JAN HENDRIK

LANGE, JAN HENDRIK (1906–1978) was by sy tydgenote bekend as die welspre­kendste debatvoerder in die Wes-Kaapse Sinode van die NG Kerk* wat ’n saak met groot oortuigingskrag kon stel – onder meer vanweë sy deeglike voorbereiding. Hy en die destydse aktuarius* van die sinode*, dr Koot Vorster, het meermale op die sinodevloer “swaarde gekruis”, hoewel… Lees Meer »

LANFRANC

LANFRANC (1005–1089) studeer aanvanklik in die regte. In ongeveer 1035 het hy weens politieke redes na Frankryk verhuis. In 1045 het hy in Bec kloosterhoof geword en die skool wat hy gestig het, tot opbloei gelei. Van sy leerlinge was Ivo van Chartres, Anselmus* en die latere pous* Aleksander II. Hy was in konflik met… Lees Meer »

LANDMAN, WILLEM ADOLF

LANDMAN, WILLEM ADOLF (1909–1986) is op Waaiheuwel in die distrik Alexandria gebore. Ná sy teologiese studie op Stellenbosch, is hy in 1934 gelegitimeer. Hy bedien die NG gemeentes Port Eliza­beth en Bethal as hulpleraar en was leraar van Murraysburg (1937–1940), en Swartland (Malmesbury) (1940–1958). In 1958 word hy die eerste direkteur van inligting van die… Lees Meer »

LANDMAN, CHRISTINA

LANDMAN, CHRISTINA (1956–) doen haar voorgraadse studie aan die Univer­siteit van Pretoria, en sit haar teologiese studie voort by Unisa. Sy word in 1980 in Unisa se departement kerkgeskiedenis* aangestel en in 1995 by dieselfde universiteit se navorsingsinstituut vir teologie* en religie*. Landman behaal verskeie grade, onder meer ’n doktorsgraad in kerkge­skie­denis. Sy word die… Lees Meer »

LAMPE, ADOLF

LAMPE, ADOLF. Kyk by: Gevoelsgods­diens.

LAMEG

LAMEG. Daar is in die Ou Testament* twee persone met die naam van Lameg. ‑Die seun van Metusael en een van Kain* se nasate (Gen 4:18-24). Hy word aangedui as die eerste wat poligamie* beoefen het. ‑Die seun van Metusalag* en die pa van Noag* (Gen 5:25).

LAM VAN GOD

LAM VAN GOD kom as tegniese term hoofsaaklik in die Johannes*-geskrifte voor. In Israel* se godsdienstig-kultiese lewe word die lam, sonder gebrek, besonderlik gebruik as offerdier*. In Jes 53 kry dit veral ’n Messiaanse* karakter. Johannes die Do­per* gebruik spesifiek hierdie betiteling in Joh 1:29 om Jesus* te identifiseer. In Openbaring* staan die Lam hoofsaaklik… Lees Meer »

LAKE, JOHN GRAHAM

LAKE, JOHN GRAHAM (1870–1935) is in Kanada gebore en het in die Verenigde State van Amerika grootgeword. Hy begin sy bediening as ’n Metodisteprediker (Kyk by: Metodisme) en wend hom later tot die versekeringsbedryf waar hy groot finansiële sukses behaal het. Nadat sy vrou in 1898 wonderbaarlik van tuberkulose genees is, sluit hy hom aan… Lees Meer »

LAGIS

LAGIS is een van die hoofstede van Juda*3 en ’n koninklike vesting wat die suidelike Ju­dese heuwelland beskerm het teen in­valle van die suidelike Filistynse vlakte. Dit is geleë tussen Jerusalem* en Gasa* en word geïdentifiseer met Tell ed-Duweir. Die eerste vermelding van Lagis in die Bybel* kom voor in die verhaal van Israel* se… Lees Meer »

LAGERKVIST, PÄR FABIAN

LAGERKVIST, PÄR FABIAN (1891–1974) is in die suidelike Sweedse provinsie Smaland gebore as die jongste van sewe kinders. Hy het grootgeword in ’n diep godsdienstige huis … en sou altyd in sy romans, kortverhale, gedigte en essays soek na die aard van goed en kwaad, én na geloof. Hierdie soeke word juis vergestalt in Barabbas,… Lees Meer »

LAGAI-ROÏ

LAGAI-ROÏ. Kyk by: Beer-Lagai-Roï.

LABAN

LABAN was die broer van Rebekka* en pa van Ragel* en Lea*, woonagtig in Paddan-Aram* (Gen 24:29; 29:10). Hy word uitgebeeld as iemand wat ander verkul het. Jakob* het vir 20 jaar by Laban gewerk – vir Ragel sewe jaar, toe kul Laban hom en hy kry Lea, toe nóg sewe jaar vir Ragel, en… Lees Meer »

LAASTE OORDEEL

LAASTE OORDEEL. In Op 20:11-15 word ’n troonvisioen geskilder met Een wat op die troon* sit, die boeke van die dooies van alle tye en van die dan nog lewendes wat oopgemaak word, en die finale oor­deel* wat plaasvind. Almal word volgens hulle werke geoordeel soos dit in die boeke opgeskryf staan. Die laaste oordeel… Lees Meer »

LAASTE DAE

LAASTE DAE het volgens Heb 1:1-2 aangebreek met Jesus* se koms en God se spreke met die wêreld deur Hom. Op Pink­sterdag* sê Petrus* dat die Heilige Gees* se uitstorting in die “laaste dae” geskied (Hand 2:17) as vervulling van Joël 2–3. Vol­gens 1 Joh 2:18-27 is die optrede van vals pre­dikers en antichriste* binne… Lees Meer »

LAASTE AVONDMAAL/AWENDMAAL

LAASTE AVONDMAAL/AWENDMAAL is die tradisionele naam vir Jesus* se laaste maaltyd op die vooraand van sy kruisiging*. Ons kan die historiese verloop van hierdie maaltyd, wat in die bokamer van ’n goedgesinde Jerusalemse huiseie­naar plaasgevind het, nie meer noukeurig rekonstrueer nie. Volgens Johannes* het Jesus deur die aanvanklike voetwassing aan sy volgelinge ’n aangrypende demonstrasie… Lees Meer »

Sidebar