R

RUTHERFORD, SAMUEL

RUTHERFORD, SAMUEL (1600–1661), behaal sy MA in Edinburgh en word dosent in Latyn. Ná sy bekering* studeer hy teologie* en in 1627 begin sy vrugbare bediening* in Anwoth. In 1636 word hy in hegtenis geneem omdat hy die koningskap van Christus* bely, teenoor die kerkregering­stelsel van Charles I. Uit die gevangenis skryf hy aangrypende briewe…. Lees Meer »

RYNSE SENDING

RYNSE SENDING. Die Rheinische Missions Gesellschaft het in 1828 ontstaan uit die samesmelting van ’n aantal Duise sendingverenigings. Barmen het die sentrum van die Rynse Sending geword, waar ook sendelinge* opgelei is. In hulle sendingbenadering is hulle verbind aan die reformatoriese* belydenisskrifte*, maar is origens interkerklik. In 1829 het die Rynse Sending in die destydse… Lees Meer »

RYK TULBAGH

RYK TULBAGH. Kyk by: Tulbagh, Rijk.

RYKDOM

RYKDOM is ’n gawe* van God (Pred 6:18). Om rustig “onder die wingerdstokke en die vyebome” te sit (Sag 3:10) en kinders te hê (Ps 127:3), is deel van ’n geseënde lewe. ’n Geseënde lewe sluit rykdom in, maar kan nie daarmee geïdentifiseer word nie. Dit is nie ’n beloning vir ’n goeie lewe nie…. Lees Meer »

RUT (BYBELBOEK)

RUT (BYBELBOEK) is ’n kortverhaal wat dateer uit die na-ballingskaptyd in Israel*. Tot vandag toe word hierdie boek in die Joodse* tradisie gelees tydens die oes­fees* (Kyk ook: Megillot). Die verhaal: Die boek Rut vertel die verhaal van God se ongelooflike sorg vir twee weduwees. Naomi*, wat saam met haar man en twee seuns in… Lees Meer »

RUSTENBURGBERAAD

RUSTENBURGBERAAD het van 5 tot 9 November 1990 by die Hunters’ Rest Hotel buite Rustenburg plaasgevind. Saam met die Cottesloe-beraad* van 1960 staan dié beraad uit as een van die belangrikste ekumeniese* byeenkomste in die 20ste eeuse geskiedenis van Suid Afrika. Die aanloop tot die konfe­rensie het reeds in 1989 begin toe pres FW de… Lees Meer »

RUST, WILHELMINA (WINNIE)

RUST, WILHELMINA (WINNIE) (1939–) is ’n getoë Wellingtonner wie se belangrike roman, Martha, in 2004 verskyn het. Hierdie werk oor Martha Solomons, “Countess of Stamford”, is in literêre kringe positief ontvang en is ’n  romanmatige weergawe van ’n merkwaardige stuk ge­skiedenis. Martha Solomons was ’n eenvoudige vrou, die dogter van ’n vrygestelde slaaf, en Harry… Lees Meer »

RUSPES

RUSPES. Kyk by: Diere van die Bybel.

RUPERT, ANTHONY EDWARD (ANTON)

RUPERT, ANTHONY EDWARD (ANTON) (1916–2006) het in 1939 aan die Universiteit van Pretoria ’n MSc in toe­gepaste chemie behaal en was daarna vir ’n paar jaar lektor in die chemie-departement. Hy word toe hoof van die kleinsake-afde­ling van die Reddingsdaadbond, wat die Afrikaners* ná die Depressie van die 1930’s ekonomies ondersteun het – onder meer… Lees Meer »

RUBEN

RUBEN was die oudste seun van Jakob* en Lea*. Hy is gebore toe God gesien het dat Jakob nie vir Lea liefhet nie. Lea noem hom Ruben, want “die Here het my smart raakgesien. Nou sal my man my liefhê” (Gen 29:32). Ruben het vir Josef* gered toe sy ander broers hom wou doodmaak (Gen… Lees Meer »

Sidebar