V

VAN DER MERWE, GERT ANDRIES (GERDRIE)

VAN DER MERWE, GERT ANDRIES (GERDRIE) het sy doktorsgraad in die Kerkgeskiedenis aan die Universiteit van die Vrystaat verwerf en bekend geword as “die kroniekskrywer van gemeentes van die NG Kerk”. Hy het meer as vyftig boeke oor gemeentes se verhale geskryf en gesorg dat belangrike inligting oor die bewoë geskiedenis van gemeentes behoue bly…. Lees Meer »

VAN DER WALT, ERNST JACOBUS

VAN DER WALT, ERNST JACOBUS (1942-) het aan die Universiteit Stellenbosch studeer, ‘n Rhodes-beurs verwerf, in die Nuwe Testament gepromoveer en was die NG predikant van Willowmore, Mosselbaai, Paarl, Vredelust en Rondebosch. Hy is die skrywer van verskeie publikasies, waaronder Teen die stormwinde in: ‘n “outobiografie” van Gaele Andriez van der Walt, die stamvader van… Lees Meer »

VOS, CASPARUS JOHANNES ADAM (CAS)

VOS, CASPARUS JOHANNES ADAM (CAS) (1945–) is in Rustenburg gebore en word as predikant van die NG Kerk* in Pretoria opgelei. In 1971 word hy in Rie­beeckpark as predikant bevestig. Hy bedien ook Krokodilrivier en Suidoos-Pretoria. In 1984 behaal hy sy DD met lof. In 1989 word hy medeprofessor in die departement praktiese teologie by… Lees Meer »

VYE

VYE. Kyk by: Plante in die Bybel.

VULLISPOORT

VULLISPOORT. Kyk by: Mispoort.        

VULGAAT

VULGAAT. Die woord “vulgaat” kom van die Latynse woord vulgata wat algemeen of gewoon beteken. Sedert die 13de eeu is dit die benaming vir die Latynse vertaling van die Bybel* wat deur Hieronimus* in die 4de eeu gemaak is. Die swak gehalte van die vroegste La­tynse vertalings het pous* Damasus daartoe gebring om Hieronimus in… Lees Meer »

VRYSPRAAK

VRYSPRAAK of absolusie het te maak met die verkondiging van vergifnis* van sonde*. Hierdie liturgiese* praktyk tydens die erediens* staan ook bekend as “genadeverkondiging” en volg gewoonlik op die praktyke van boetedoening of skuldbely­denis*. Die vryspraak is in ’n sekere sin die kernagtige samevatting van die evangelie­boodskap en juis daarom bevat dit ook ’n stuk… Lees Meer »

VRYMESSELAARS

VRYMESSELAARS. Die Vrymesselaar­s­bewe­ging is ’n wêreldwye organisasie met beperkte lidmaatskap – jy word genader om lid te word en kan nie daarvoor aansoek doen nie. Lede word saamgesnoer deur gedeelde morele en ander waardes en ideale. Die meeste losies deel die geloof in ’n Opperwese of Skepper, maar daar is ook Boeddhiste en Hindoes onder… Lees Meer »

VRYHEID

VRYHEID. Filosofies is daar twee belang­rike teorieë oor wat vryheid is. Die teorie wat die meeste aanhang geniet, beweer dat vryheid bestaan in die moontlikheid wat mense het om tussen verskillende opsies te kies sonder dat hierdie keuse deur eksterne of interne faktore vooruit bepaal word. Hierdie tipe vryheid word keusevryheid genoem, of “libertarian freedom”,… Lees Meer »

VRYE WIL

VRYE WIL. In die geskiedenis van die teologie* en filosofie is daar basies drie standpunte oor die tipiese keuses of wilsbesluite wat ons as mense maak: deter­minisme* (die oortuiging dat alle menslike handelinge die gevolg is van eksterne oorsake buite ons beheer); indeterminisme (die idee dat daar geen oorsake is vir mens­like handelinge nie en… Lees Meer »

VRYEMARKEKONOMIE

VRYEMARKEKONOMIE is die ekono­miese stelsel wat gebaseer is op die mega­nisme van ’n mark wat vry is van inmenging deur die staat*. Die teorie van die vryemarkekonomie is vir die eerste keer volle­dig deur die Engelse filosoof Adam Smith in sy boek An Enquiry into the Nature and Causes of the Wealth of the Nations… Lees Meer »

VRUG VAN DIE GEES

VRUG VAN DIE GEES word deur Paulus* in Gal 5:22 in ’n spesifieke sin gebruik. In Gal 5:22 staan “vrug van die Gees” teenoor “die praktyke van die sondige natuur” wat hy in die voorafgaande verse bespreek. In dié verband is daar veral drie betekenisse wat aan die begrip geheg word: 1. Die kwaliteit van… Lees Meer »

VROUEORGANISASIES IN DIE KERK

VROUEORGANISASIES IN DIE KERK. Tradisioneel het vroue hulleself in Protestantse* kerke afsonderlik georganiseer – veral omdat hulle lank nie tot die “besondere ampte” (diaken*, ouderling*, predikant*) toegelaat is nie, en ook omdat hulle graag as vroue-lidmate saam met mekaar diens wou lewer. Daarom het vroue hulle in gereformeerde* kerke in “vereni­gings”, “aksies” en “dienste” georganiseer… Lees Meer »

VROUESENDINGBOND

VROUESENDINGBOND is op 21 Maart 1890 in Wellington gestig, met Emma Murray, vrou van Andrew Murray *2, as voorsitster. Reeds op die stigtingsvergadering besluit hulle om drie vroue as sendelinge* na die diamantveld te stuur waar daar ernstige ekonomiese en morele nood was. Die Vrouesendingbond begin ook om saam met die Hugenote Seminarie* op Welling­ton… Lees Meer »

VROUE-AMPSDRAERS

VROUE-AMPSDRAERS. Die eerste vrouepredikant in ’n hoofstroom-Prote­stantse* kerk is teen die einde van die 19de eeu in Amerika georden*. Sommige hoofstroomkerke in Europa het in die 20ste eeu gevolg. In Suid-Afrika het die Metodiste­kerk* die langste tradisie van vroue-ampsdraers. Van die ander hoofstroomkerke het eers later toegetree. Onder gereformeerde* kerke in Suid-Afrika is verskillende weë… Lees Meer »

VROU

VROU. Die Bybel* beskryf vroue in verskillende omstandighede, tydperke, lande en kulture. Daarom kan daar nie ’n eenduidige beskrywing van die vrou in die Bybel gegee word nie. In die Ou Testament* is die vrou wat nie ’n weduwee is nie, ondergeskik aan haar pa, eggenoot of broer, waardeur haar getuienis* minder waarde het as… Lees Meer »

VROOMHEID

VROOMHEID. Die woord “spiritualiteit”* word al hoe meer as sinoniem vir vroomheid gebruik. Dit verwys na die ervaringskant van die geloof* in die drie-enige (Kyk by: Drie-eenheid) God. Vroomheid het te maak met die lewe voor die aangesig van God. Dis om altyd bewus te wees dat God se aangesig van toegeneëntheid en genade oor… Lees Meer »

VROEË KERK, DIE

VROEË KERK, DIE verwys vir sommige geleerdes na die tydperk in die kerk* se geskiedenis ná die kruisiging* van Jesus* Christus* tot met die eerste Konsilie van Nisea* in 325 nC, terwyl ander geleerdes die afsluiting van hierdie era by die Kon­silie van Chalcedon* in 451 nC plaas. Dit begin met die tydperk wat in… Lees Meer »

VRIJE UNIVERSITEIT VAN AM­STERDAM (VU)

VRIJE UNIVERSITEIT VAN AM­STERDAM (VU) is op 20 Oktober 1880 geopen. Abraham Kuyper* wou met dié universiteit die “ontkerstening” van die wetenskap op elke terrein teenstaan. Die VU, wat sy onderrig van die staanspoor op grondslag van gereformeerde* beginsels gestel het, het mettertyd vir baie ’n sentrum geword van Calvinistiese* wetenskapsbeoefening. Talle teoloë van veral… Lees Meer »

VRIENDELIKHEID

VRIENDELIKHEID is ’n Christelike deug wat veral in die Nuwe Testament* genoem word as vrug van die Heilige Gees* (Gal 5:22). Dit loop saam met deugde soos liefde*, sagmoedigheid*, nederigheid*, vredeliewendheid, toegeneentheid, en vind dikwels uitdrukking in optredes wat getuig van goedheid, gasvryheid* en ontferming. Dit staan ook téénoor gesindhede en optredes van norsheid, ontoeganklikheid,… Lees Meer »

VREEMDELING

VREEMDELING. Vier Hebreeuse* woor­de beteken iets soortgelyks as “vreemde­ling”. Die eerste woord is zar en word mees­tal deur die 1983-Afrikaanse Vertaling as “vreemdes” vertaal (Jes 1:7; Jer 5:19; 51:51; Eseg 7:21; Ob 11). In die meeste van hierdie gevalle verwys dit na mense wat nie Israeliete* was nie. Nog ’n woord is nokri wat meestal… Lees Meer »

VREDESOFFER

VREDESOFFER. Kyk by: Offers en offerandes.

VREDESETIEK

VREDESETIEK. Kyk by: Etiek (Vredes-).

VREDE

VREDE. Vrede in die Bybel. Die Bybel* leer ’n heel ander opvatting van vrede as wat in die wêreld gangbaar is. Die heersende opvatting van vrede in die wêreld is dat dit die afwesigheid van oorlog en fisiese geweld behels. Dit word veral geassosieer met die tydperk wat ná die beëindiging van ’n oorlog of… Lees Meer »

VOTUM

VOTUM dui die begin van ’n erediens* aan en bestaan gewoonlik uit die een of ander Skrifgedeelte, soos Ps 124:8: “Ons hulp is in die Naam van die Here wat he­mel en aarde gemaak het.” Hoewel dit in die Katolieke* liturgie* eers dieper in die diens ’n plek gehad het, staan dit by die gereformeerde*… Lees Meer »

VOSLOO, WILLIAM (WIL)

VOSLOO, WILLIAM (WIL) (1934–) be­klee vanaf 1951–1971 talle poste in die sakewêreld en verwerf in dié tyd die ACIS-kwalifikasie. Hy word geroep tot die be­diening en studeer teologie* aan die Universiteit van Pretoria (UP). Hy slaag sy doktorale eksamen met lof en verwerf sy DD in 1978. As dosent begin sy loopbaan by Unisa in… Lees Meer »

VOS, MICHIEL CHRISTIAAN

VOS, MICHIEL CHRISTIAAN (1759–1825) is in die Kaap gebore. Ná sy bekering* op 18-jarige ouderdom, het hy die roeping ervaar om as predikant* opgelei te word. Hy het hom veral oor die geestelike nood van die slawe* aan die Kaap bekommer. Ná sy teologiese opleiding in Utrecht, het hy – nadat hy eers drie gemeentes… Lees Meer »

VOS, JACOBUS BAREND

VOS, JACOBUS BAREND (1958–) het teologie aan die Universiteit van Stellen­bosch studeer, ’n meestersgraad in kliniese pastoraat en ’n doktorsgraad in praktiese teologie verwerf, en in 1988 Warrenton se NG Kerk*-predikant geword. Vos is een van die knapste skrywers van godsdiens-lektuur in Afrikaans. ’n Keur van sy Grootseun-sketse in LIG*, met tekeninge deur Fred Mouton,… Lees Meer »

VORSTER, JAKOBUS MARTHINUS (KOOS)

VORSTER, JAKOBUS MARTHINUS (KOOS) (1946–) verwerf DPhil in 1978 met Die kerk en die kleurvraagstuk vandag (kultuurfilosofie) en ThD in 1984 met Die neo-Marxistiese politieke teologie in Suid-Afrika. Hy het sy navor­sing hiervoor aan die Vrije Univer­siteit*, Amster­dam, en die sentrum van die Wê­reldraad van Ker­ke* in Genève ge­doen. Hy word lektor in kultuurfilosofie en… Lees Meer »

VORSTER, JACOBUS DANIËL (KOOT)

VORSTER, JACOBUS DANIËL (KOOT) (1909–1982) is in 1934 op Stellen­bosch gelegiti­meer. Hy behaal die graad MDiv op Potchef­stroom in 1956 met Die Kerk­regtelike ontwikkeling van die Kaapse Kerk on­der die Kom­pan­jie 1652–1795, te­kenend van sy lewenslange be­lang­stelling in die kerkreg*. Later ver­werf hy ook die graad DDiv. Hy begin sy bediening in De Nieuwe Kerk,… Lees Meer »

VORSTER, BALTHAZAR JOHANNES (JOHN)

  VORSTER, BALTHAZAR JOHANNES (JOHN) (1915–1983) het aan die Univer­siteit van Stellenbosch in die regte gestu­deer waar hy ’n prominente studenteleier was. Hy het hierna as prokureur en advo­kaat in Port Elizabeth en aan die Witwa­tersrand gepraktiseer. Voortvloeiend uit die Ossewagedenktrek tydens die honderdjarige herdenking van die Groot Trek* in 1938, het Vorster by die… Lees Meer »

VORMSEL

VORMSEL. In die Katolieke* leer is die vormsel een van die sewe sakramente* van die kerk en spesifiek een van die drie sakramente van inisiasie. In die vroeë eeue was dit die praktyk om al drie sakramente van inisiasie (doop*, kommunie en vormsel) by dieselfde geleentheid, naamlik die voor­aand van Paasfees, te bedien. In die… Lees Meer »

VOORVADERAANBIDDING, -VERERING

VOORVADERAANBIDDING, -VERERING is die eerste keer in China* ingestel aan die begin van die Chou-vorstehuis (1 122-325 vC). Dit was Confusius* wat hierdie praktyk gewild gemaak het met sy leer van ouerverering wat bepaal het dat ouers en oudstes geëer en gerespekteer moet word terwyl hulle nog lewe. Hierdie gevoel van eerbied gaan ná hulle dood… Lees Meer »

VOORTREKKERS

VOORTREKKERS. Tussen 1834 en 1840 het sowat 15 000 (party bronne stel dit op 10 000) Hollands-Afrikaanssprekende blanke inwoners wat van die oostelike grensdistrikte van die Kaapkolonie afkomstig was, met al hulle besittings en arbeiders die gebied verlaat om hulle eie onafhanklike staat in die binneland te vestig. Hulle het na hulleself as “emigrante” en… Lees Meer »

VOORSPRAAK

VOORSPRAAK is ’n term uit die juridiese sfeer wat veral in die geskrifte van Johannes* voorkom. In die Johannes*-Evangelie (Joh 16:7) word die voorspraakrol toegeskryf aan die Heilige Gees* as “para­kleet”*. Hiervolgens sal die Heilige Gees by die dissipels* as voorspraak optree nadat Jesus weggegaan het. In 1 Joh 2:1 word hierdie term ook op… Lees Meer »

VOORSPOEDTEOLOGIE

VOORSPOEDTEOLOGIE is ook be­kend as welvaartteologie. Die bekendste redelik onlangse voorbeeld hiervan is die debat rond­om Bruce Wilkinson* se boekie (2001) oor die gebed van Jabes (met as subtitel: “Bloudruk vir ’n geseënde lewe”) waarvan etlike miljoene in die VSA verkoop is, en – so word beweer (Beeld, 2 Mei 2002) – meer as 400… Lees Meer »

VOORSIENIGHEID

VOORSIENIGHEID. Die voorsienigheid is God se beskikking oor die geskiedenis van alles wat Hy eenmaal gemaak het – wat was en wat is en wat nog sal gebeur. In die voorsienigheidsleer word daar dikwels onderskei tussen die onderhouding (conservatio), medewerking (concursus) en regering (gubernatio) van God om sy werksaamheid in dié verband uit te druk…. Lees Meer »

VOORHUWELIKSE GESLAGS­GE­MEEN­SKAP

VOORHUWELIKSEGESLAGS­GE­MEEN­SKAP verwys na seksuele intimiteit voor die huwelik. Al meer mans en vroue is nie meer maagde op hulle trou­dag nie. Hulle portuurgroep en die vermaaklikheids­bedryf moedig jongmense aan om ge­slagsgemeenskap te hê voordat hulle trou. Ook meer volwasse persone het toenemend voorhuwelikse of buitehuwelikse geslagsgemeenskap. Baie mense in hier­die groep is geskei, weduwees of… Lees Meer »

VOORBESKIKKING

VOORBESKIKKING is ’n teologiese oortuiging wat voortbou op die geloofsoortuigings van uitverkiesing*, voorsienig­heid* en verbond*. Binne die Bybelse* konteks staan voorbeskikking nie in verband met ’n onregverdige, willekeurige en arbitrêre God wat sommige mense* voortrek en ander vervloek* nie, maar met voorsie­nigheid, en dus ’n Goddelike plan met die wêreld wat deur genade* gekenmerk word… Lees Meer »

VON ZINZENDORF, NIKOLAUS LUD­­WIG

VON ZINZENDORF, NIKOLAUS LUD­­WIG (1700–1760), graaf en heer van Zinzendorf en Pottendorf, is in Dresden gebore. Sy pa was ’n minister aan die Sak­siese hof en is oorlede toe Von Zinzendorf net ses weke oud was. Ná sy ma se tweede huwelik word hy deur sy vroom ouma in ’n piëtistiese* gees grootgemaak. As seun… Lees Meer »

VON WESEL, JOHANNES RUCH­RATH

VON OBERWESEL, JOHANN RUCH­RATH (1425–1481) het in 1461 in Basel hoogleraar geword en in 1463 prediker van die domkerk te Worms. Hier het Von Wesel die Katolieke kerkleer so hewig aangeval dat hy vermaan is om meer gematig te wees. Dit was tevergeefs. Daarom is hy in 1477 afgesit as hoogleraar. Daarna het hy ’n… Lees Meer »

VON RAD, GERHARD

VON RAD, GERHARD (1901–1971) studeer teologie* van 1921–1925 aan die universiteite van Erlangen en Tübingen. Hy voltooi sy doktorale proefskrif oor Deutero­nomium* in 1928 in Erlangen. Ná ’n kort periode as tutor in Erlangen, word hy dosent en professor in Leipzig (1930–1934). Daarna doen hy militêre diens tot 1945 (waartydens hy ook vir ’n tyd… Lees Meer »

VON OBERWESEL, JOHANN RUCH­RATH

VON OBERWESEL, JOHANN RUCH­RATH (1425–1481) het in 1461 hoogleraar geword te Basel en in 1463 prediker van die domkerk te Worms. Hier het Von Wesel die kerkleer so ontsettend hewig aangeval dat hy vermaan is om meer gematig te wees. Dit was tevergeefs. Daarom is hy in 1477 afgesit as hoogleraar. Daarna het hy ’n… Lees Meer »

VON MANGER, JOHANN HEINRICH

VON MANGER, JOHANN HEINRICH (1767–1842) word in Kassel, Hesse, in Duitsland gebore. Hy is teologies geskool in Utrecht Nederland. Ná die voltooiing van sy studies in 1790 maak hy bekend dat hy graag as predikant* in Oos-Indië wou werk. Dit het egter in daardie stadium in Neder­land bekend geword dat daar ’n nuwe ge­meente in… Lees Meer »

VON HARNACK, ADOLF

VON HARNACK, ADOLF (1851–1930) het by Tartu en Leipzig gestudeer en het een van die groot Protestantse* kerkhistorici geword. In 1885 het hy die eerste volume (van drie) van sy Lehrbuch der Dogmen­geschichte (Geskiedenis van die dogma) gepubliseer. Daarin ontleed hy die ontwikkeling van die kerk se leerstukke van die 4de eeu af tot by… Lees Meer »

VON DESSIN, JOACHIM NICOLAUS

VON DESSIN, JOACHIM NICOLAUS (1704–1761) is in Rostock, Duitsland, gebore. Hy het sy skoolopleiding in Berlyn ontvang en in 1729 as soldaat van die Vereenigde Oost-Indische Compagnie (VOC)* na die Kaap gekom waar hy binne twee jaar assistent of sekretaris van die raad van Justisie geword het. Hy was later ook boekhouer en notaris en… Lees Meer »

VOLUNTARISME

VOLUNTARISME is ’n etiese benadering gegrond op God se wil in teenstelling met benaderings gegrond op die Goddelike rede. Volgens Thomas van Aquino* kry ’n mens deur middel van ons Godgegewe rede insig in die ewige wet* en rede van God. Martin Luther* en ander is daarvan oortuig dat ons nie deur filosofiese beredenerings kan… Lees Meer »

VOLSTRUISE

VOLSTRUISE. Kyk by: Diere van die Bybel.

VOLMAG

VOLMAG is in die Bybel* die vermoë en/of die reg om te handel. Eersgenoemde het te make met magsuitoefening, lg met die reg daartoe. Wanneer die term van God of sy gesante gebruik word, is die onderliggende gedagte altyd dié van gesag – dat kragtig opgetree word, maar binne die Goddelike reg, sodat dit tot… Lees Meer »

VOLMAAK

VOLMAAK. Die Bybel* sê God is volmaak (Matt 5:48) en alles wat Hy doen, is volmaak (Deut 32:4; 2 Sam 22:31). (Volgens die HAT, 2015, is volmaak “sonder enige gebrek; waaraan niks ontbreek nie, volkome; perfek; voortreflik”.) God se wet* is ook volmaak (Ps 19:8 – 2014-Direkte Vertaling; Jak 1:25) en alle volmaakte gawes kom… Lees Meer »

VOLLE EVANGELIE-KERK VAN GOD

VOLLE EVANGELIE-KERK VAN GOD vorm ’n belangrike deel van die pinkstertradisie in Suid-Afrika. Naas die Apostoliese Geloofsending* van Suid-Afrika is dit die grootste pinkstergroepering. Die Volle Evangelie-kerk het in 1910 in Suid-Afrika ontstaan toe hulle van die Aposto­liese Geloofsending weggebreek het oor die vraag of ’n mens by die doop* een of drie maal onderdompel… Lees Meer »

VOLKSMOORD

VOLKSMOORD het gewoonlik twee betekenisse. Die eerste verwys na enige aggressie wat tot baie lewensverlies in ’n etniese of nasionale groep lei. Die tweede het met politieke massamoord te doen. Die bekendste voorbeeld van lg is dié van die Nazi’s* wat ses miljoen Jode* tydens die Tweede Wêreldoorlog* doodgemaak het. In 1946 het die Verenigde… Lees Meer »

VOLKSKERK VAN AFRIKA

VOLKSKERK VAN AFRIKA is op 14 Augustus 1921 in Kaapstad gestig. Een van die oorsake vir die totstandkoming van dié kerk was ontevredenheid oor die manier waarop wit sendelinge* die sake van die kerke onder hulle jurisdiksie sou hanteer het. In hulle selfverstaan voer die Volkskerk aan dat die rede vir die stigting van die… Lees Meer »

VOLKSKERK

VOLKSKERK. Die begrip “volkskerk” het as agtergrond ’n verbondsleer wat daarmee rekening hou dat die verbond* ’n groter verband aandui as net die kring van die uitverkorenes (Kyk by: Uitverkiesing). Kinders behoort aan die kerk* nie op grond van ’n veronderstelde wedergeboorte* nie, maar op grond van ’n inklusiewe en korporatiewe verstaan van die heil*… Lees Meer »

VOLKSBEKERING

VOLKSBEKERING. Vir baie jare, veral gedurende die 19de en die eerste helfte van die 20ste eeu, is volksbekering as ’n sending*ideaal gestel. Eerder as om ’n indiwidu tot geloof* in Jesus* te bring, moes probeer word om die hele stam of volk tot bekering* te bring. As die leiers van die gemeenskap almal saam hulle… Lees Meer »

VOLHEID VAN DIE TYD

VOLHEID VAN DIE TYD. Paulus* skryf (Gal 4:4 – 1933/53-Afrikaanse vertaling; kyk ook Ef 1:10) dat God vir Christus* na die wêreld gestuur het toe die “volheid van die tyd gekom het” (2014-Direkte Vertaling: “toe die tyd vervul is”). Hierdie uitdrukking is destyds in Joodse* kringe gebruik om te praat van ’n voorafbepaalde tyd/wagtydperk wat… Lees Meer »

VOLHEID

VOLHEID. Hierdie begrip word in die Nuwe Testament* gebruik om twee ge­dagtes uit te druk, naamlik “volle getal” óf “volle wese”. In Rom 11:12 en 25 gebruik Paulus* dit as hy praat van die “volle getal” (2014-Direkte Vertaling) van Jode* en heidene* wat tot geloof* in Christus* kom. Wanneer die woord gebruik word in die… Lees Meer »

VOLHARDING

VOLHARDING is die woord waarmee hupomone (Grieks*) vertaal word – ’n woord wat dikwels in die Nuwe Testament* voorkom (Luk 8:15; 21:19; Rom 2:7; 5:3; 8:25; 15:4; 2 Kor 6:4; 12:12; Gal 5:23; 2 Tess 1:4; 1 Tim 6:11; 2 Tim 3:10; Jak 1:3; 5:11; Heb 12:1; 2 Pet 1:6; Op 2:2,19). In die Ou… Lees Meer »

VOLG

VOLG. Om te volg, kan in die Nuwe Tes­tament* een van drie moontlike bete­ke­nisse hê. ’n Algemene betekenis is om agter ander aan te gaan, soos die skares Jesus* meestal uit nuuskierigheid gevolg het (Mark 11:9), of vir Paulus* (Hand 21:36). ’n Tweede betekenis is om ’n leier te volg wat die weg aandui (Matt… Lees Meer »

VOLEINDING

VOLEINDING. Die Griekse frase sunteleia aiÿnos (“voleinding”) beteken die einde van ’n tydperk of era. Dis in die Bybel* deel van die eskatologiese* uitsprake en verwys na die eindtyd*. Dit kom voor in Matt 13:39-40, 49 as deel van die gelykenis*-interpretasies, in Matt 24:3 waar dit deur die dissipels* gebruik word, en in Matt 28:20… Lees Meer »

VOETIUS, GISBERTUS (VOET)

VOETIUS, GISBERTUS (VOET) (1589– 1676) was een van die sterkste teologiese figure van die Nederlandse Nadere Refor­masie* of gereformeerde* piëtisme*. Hier­die teologiese stroming, wat ’n groot in­vloed op die evangeliese ontwikkelings in Suid-Afrika gehad het, het onder andere ontstaan as reaksie teen die ortodoksie* wat ná die Sinode van Dordt* (1618–1619) ’n verstarring in Nederland… Lees Meer »

VOC

VOC. Kyk by: Vereenigde Oost-Indische Compagnie.

VLUGTELINGE

VLUGTELINGE. Teen die einde van 2004 was daar 19,2 miljoen vlugtelinge, asielsoe­kers en intern-ontheemde mense wêreldwyd. ’n Dekade later was dit baie meer. In 2015-2016 het veral Siriese en Wes-Afrikaanse vlugtelinge vanweë die oorlogsituasie in hulle lande, ’n geweldige probleem in Europa veroorsaak deur in onveilige bote oor die Middellandse See te vlug – en… Lees Meer »

VLOOIE

VLOOIE. Kyk by: Diere van die Bybel.

VLOEK

VLOEK in tegniese sin verwys na die uitspreek van ’n verwensing teen of die uitskel van ’n persoon met die bedoeling om die persoon in sy of haar waardigheid te krenk. Hoewel hierdie vorm van vloek meermale in die Ou Testament* voorkom, word dit in die Nuwe Testament* afgewys as onaanvaarbare gedrag. In die algemene… Lees Meer »

VLIEË

VLIEË. Kyk by: Diere van die Bybel.

VLERMUISE

VLERMUISE. Kyk by: Diere van die Bybel.  

VLEES

VLEES. In die Ou Testament* word die woord “vlees” gebruik om te verwys na dierlike of menslike liggame: die vleis van diere (Lev 13:13 – 1933/53-Afrikaanse Vertaling) of die liggame van mense wat siektes kan kry (Lev 13:2 – 1933/53). Die woord word soms ook in algemene sin gebruik om te verwys na die mensdom… Lees Meer »

VLOK, ADRIAAN JOHANNES

VLOK, ADRIAAN JOHANNES (1937–) is in Sutherland gebore en het regte buitemuurs aan die Universiteit van Pretoria studeer. Hy begin sy loopbaan as amptenaar van die Departement Justisie, en werk as staatsaanklaer en landdros. Hy word mettertyd stadsraadslid van Verwoerdburg, privaatsekretaris in die kantoor van eerste minister BJ Vorster* en volksraadslid van Verwoerdburg. Hy dien… Lees Meer »

VIVALDI, ANTONIO LUCIO (“DIE ROOI PRIESTER”)

VIVALDI, ANTONIO LUCIO (“DIE ROOI PRIESTER”) (1678–1741) is in Venesië gebore en het sy eerste vioollesse by sy pa gekry. As kind het hy waarskynlik aan asma gely. Toe hy 15 jaar oud was, het hy met sy studie begin om priester*2 te word, en is georden toe hy 25 was. Hy het sy bynaam… Lees Meer »

VISSER ’T HOOFD, WILLEM ADOLPH (WIM)

VISSER ’T HOOFD, WILLEM ADOLPH (WIM) (1900–1985) kan beskou word as die vader van die Protestantse* interkonfessionele ekumeniese* beweging. Hy is gebore in Haarlem, Nederland, en het aan die Universiteit van Leiden studeer. In 1924 word hy sekretaris van die World Alliance of YMCA’s en in 1932 algemene sekretaris van die World Student Christian Fede­ration…. Lees Meer »

VISPOORT

VISPOORT was die middelste poort in Jerusalem se eerste noordmuur (Jer 39:3), en is ook Efraimpoort* genoem (Neh 12:39). Dit lê wes van die Antonia-vesting op die Via Dolorosa* tussen die Skaap- en Hoek­poorte. Die Vispoort is slegs uit Bybelse* ge­gewens bekend sonder argeologiese* bevestiging. Joas* van Israel* breek ’n deel van die poort af… Lees Meer »

VISIOEN

VISIOEN. Kyk by: Gesig

VINEYARD-KERK

VINEYARD-KERK. Kyk by: Association of Vineyard Churches.

VILLA-VICENCIO, CHARLES

VILLA-VICENCIO, CHARLES (1946–) is die skrywer van verskeie teologiese boeke en artikels en het ’n belangrike rol gespeel in die Waarheids-en-Versoeningskom­mis­sie (WVK)* waarvan hy nasionale direkteur van navorsing was. Hy was later uitvoerende direkteur van die Instituut van Geregtig­heid en Versoening in Kaapstad (2006). Villa-Vicencio is in Suid-Afrika gebore en het onder meer grade aan… Lees Meer »

VILJOEN, DIRK JOHANNES

VILJOEN, DIRK JOHANNES (1925–) is as pastorieseun in Oudtshoorn gebore en studeer aan die Universiteit van Pretoria en behaal die BD met lof (1949). Hy bedien die NG gemeentes Ontdekkers, Ermelo, Bron­berg, Harmonie, Tzaneen en Wonderboom. Hy bewys homself as gemeenteleraar en vaardige organiseerder. In 1973 word hy pre­dikant met opdrag dooplidmate, eers vir Noord-Transvaal… Lees Meer »

VILAKAZI, BENEDICT WALLET

VILAKAZI, BENEDICT WALLET (1906–1947) was ’n Zoeloe*-digter, romanskrywer en opvoedkundige wat as seun in 1918 na die St Francis Kollege by Mariann­hill gestuur is. Hy het hier die Christelike geloof aangeneem en is as Benedict Wallet in die Katolieke Kerk* gedoop. Hy was later bekend as B Wallet Vilakazi uit erkentlikheid vir sy Zoeloe-naam Bambatha… Lees Meer »

VIGS

VIGS. Kyk by: MIV en Vigs.

VIERVORS

VIERVORS of tetrarg is ’n algemene Griekse* term vir ’n regering deur vier persone. Later het dit bloot beteken “regeerder van ’n verdeelde koninkryk”. Ná die dood van Herodes die Grote* is sy ryk volgens sy testamentêre beskikking onder sy drie seuns verdeel, sodat elkeen oor ’n gedeelte koning was. (Kyk ook: Herodes*5 Argelaos, Herodes*4,… Lees Meer »

VICTORIA, ALEXANDRINA

VICTORIA, ALEXANDRINA (1819– 1901), koningin van Groot-Brittanje en Ierland en van die Britse Ryk, hoof van die Anglikaanse Kerk* en onderkoningin van Indië (1876–1901), was van Duitse afkoms via haar ma en kon tot die ouderdom van drie jaar slegs Duits praat. Sy het die grootste uitbreiding van die Britse Ryk tot meer as 10… Lees Meer »

VICTOR, PETER DANIËL (PIETIE)

VICTOR, PETER DANIËL (PIETIE) (1935–2003) het in Wynberg, Kaapstad, grootgeword, ’n ruk lank argitektuur stu­deer, as verkoopman en skilder gewerk, en in 1968 voltyds aan die Kweekskool op Stellenbosch begin studeer. Ná sy legitima­sie as predikant het hy en sy vrou, Annette, besluit om die werk waarmee hy reeds as Kerkjeugvereniging-(KJV-)voorsitter in Wyn­berg begin het,… Lees Meer »

VIA DOLOROSA

VIA DOLOROSA (Latyn vir “lydenspad”) is ’n straat in die ou gedeelte van Jerusa­lem* wat, volgens tradisie, die roete is wat Jesus* gestap het op pad na sy kruisiging op Golgota*. Die roete is gebaseer op ’n toewydingstaptog wat die Franciskane* in die 14de eeu gereël het. Op die pad is daar veertien sg “stasies… Lees Meer »

VGK

VGK. Kyk by: Verenigende Gereformeerde Kerk in Suider-Afrika.

VERWOERD, HENDRIK FRENSCH

VERWOERD, HENDRIK FRENSCH (1901–1966) het in ’n Christelike huis grootgeword ná die gesin se emigrasie in 1901 uit Nederland. Hy wou aanvanklik predikant* word, maar het later anders besluit. Hy het sy doktorsgraad in sielkunde aan die Universiteit van Stellenbosch verwerf. Sy tweede doktorsgraad, in sosiologie, het hy aan die Universiteit van Leipzig in die… Lees Meer »

VERWEY, NEIL

VERWEY, NEIL (xx-2013) ### LEMMA WORD GESKRYF

VERWERPING

VERWERPING. In die Ou Testament* is dit hoofsaaklik Israel* van wie gesê is dat hulle God en sy voorskrifte verwerp, sy gesag teenstaan (Jer 2:20) en só sy verbond* verbreek (Lev 26:15). Gevolglik het die Here* op sy beurt ook sy volk* verwerp (2 Kon 17:18-20). Hy het hulle egter nooit heeltemal verwerp nie (Lev… Lees Meer »

VERVULLING

VERVULLING. Hierdie begrip word op vier maniere in die Bybel* gebruik: ‑Om vol te maak, bv in Rom 15:13 waar Paulus* vra dat God die ge­lowiges* met “vreugde en vrede* vervul”. ‑Om die wet* in die ware sin van die woord na te kom, bv in Gal 5:14 (1933/1953-Afrikaanse Vertaling) waar­volgens die hele wet in… Lees Meer »

VERVLOEKING

VERVLOEKING is die poging om deur voorspelling, wens of selfs gebed* teenspoed vir iemand of iets te bewerkstellig, en word in die Bybel* deur ’n verskeidenheid woorde in die oorspronklike tale uitgedruk. In die Ou Testament* word die Goddelike wet* deels deur die (dreigement van die) vloek in stand gehou (Lev 26; Deut 28–32). Die… Lees Meer »

VERSOENING

VERSOENING. In die Bybel. Die begrip versoening dui in die Bybel* in die eerste plek op die herstel van die verhouding tussen God en mense (vertikale dimensie). In die Ou Testament* word “versoening” gebruik om te verwys na die herstel van die verhouding tussen God en mens deur middel van ’n plaasvervangende offer*. Die lewe… Lees Meer »

VERSOENDAG

VERSOENDAG. Die Groot Versoendag (Hebreeus*: jôm kippur) is tot vandag toe van besondere belang vir Joodse* gelowiges. Op die 10de van die sewende maand moes die hoëpriester* ’n reeks seremoniële aksies uit­voer en offers* bring om eers vir hom en sy huis en daarna ook vir die volk as geheel ver­soening* te doen. Hiermee is… Lees Meer »

VERSOEKING

VERSOEKING is ’n aanhitsing deur die wêreld*, ons verdorwe menslike natuur en die duiwel* om húlle, eerder as die lewen­de God, te dien. Hoewel dieselfde Griekse* woord (peirazo) gebruik word, is daar ’n verskil tussen “versoeking” en “toetsing” (beproewing). Enige situasie bevat beide elemente. God gee vir Adam* en Eva* ’n opdrag om hulle gehoorsaamheid*… Lees Meer »

VERSKYNING

VERSKYNING. Hierdie term verwys na die verskyning van Jesus* aan die einde van die tye (2 Tess 2:1-12), maar ook na Jesus se ontmoetings met sy volgelinge ná sy op­standing* en voor sy hemelvaart*. Dit word veral aan die einde van die vier Evangelies* beskryf: in Markus* se lang slot (16:9-20), die einde van Matteus*… Lees Meer »

VERSFELD, MARTHINUS (MARTIN)

VERSFELD, MARTHINUS (MARTIN) (1909–1995) was ’n Suid-Afrikaanse filosoof van die 20ste eeu. Hy was vir die duur van sy loopbaan dosent in filosofie aan die Universiteit van Kaapstad. Hoewel hy Afri­kaanssprekend was, het hy eienskappe gehad wat nie normaalweg met Afrikaners* van sy tyd geassosieer is nie. Hy was bv Katoliek*, maar het ook oor… Lees Meer »

VERSET / STAKINGS

VERSET / STAKINGS. Verset, soos dit hier bedoel word, is ’n term met sterk politieke ondertone omdat dit histories verwys na pogings deur indiwidue, groepe of same­­stellings van groepe om ondersteu­ning binne en buite ’n land se grense te werf om weerstand te bied teen wat beleef word as diskriminerende of totalitêre rege­ringsbeleid, of teen… Lees Meer »

VERSEËL

VERSEËL. Diere en slawe* is in Bybelse* tye met hulle eienaar se seël gemerk. Doku­mente en houers is verseël sodat bewys kon word dat niemand met die inhoud ge­peu­ter het nie. Iemand se seël is in warm was afgedruk wat dan op die tou rondom die dokument droog geraak het. Wanneer die afdruk van ’n… Lees Meer »

VERREYNNE, RICHARD MICHAEL

VERREYNNE, RICHARD MICHAEL (1950–) het ná studie aan Unisa en die Universiteit van Stellenbosch, rektor van die Christelike Gereformeerde Teologiese Seminarium geword. Verreynne se grootste bydrae was as ekumeniese* leier van die Evangeliese Alliansie in Suid-Afrika (sedert 1978).

VERMANING

VERMANING beteken om iemand te beïnvloed met die doel om hom of haar te begelei tot die aanvaarding van ’n bepaalde lewenswyse, of aan te spoor om sekere voorskrifte te gehoorsaam. Gelowiges* het mekaar van die vroegste tye af met vermaning bedien (1 Tess 4:1-2; Fil 4:2). Indien iemand die verkeerde pad loop of op… Lees Meer »

VERLOSSER

VERLOSSER. Kyk by: Saligmaker, en: Redding.

VERLIGTING

VERLIGTING (kyk ook by:AUFKLÄRUNG) is die uittrede van die Europese mens uit onmondigheid en die stel van onbegrensde vertroue in die menslike rede en voorspoed (aldus die Duitse filosoof Immanuel Kant* in sy kort artikel van 1784, “Was ist Aufklä­rung?”). Dit is die uitstaande kenmerk van hierdie ingrypende kultuurstroming in Wes-Europese geskiedenis sedert 1700. Die… Lees Meer »

VERKUYL, JOHANNES

VERKUYL, JOHANNES (1908–2001) was ’n buitengewoon invloedryke Nederlandse gereformeerde* missioloog (sendingkundige). Ná ’n paar jaar se bediening in Nederland (1932–1939), is hy na Indonesië waar hy vir 24 jaar in verskillende hoedanighede gewerk het, onder andere as sendeling* in midde-Java en dosent in Djakarta. Tydens die Tweede Wêreldoorlog* is Verkuyl en sy gesin drie en… Lees Meer »

VERKRAGTING

VERKRAGTING kan beskryf word as die geforseerde penetrasie van die penis of enige ander voorwerp in die vagina, mond of anus van die slagoffer. Verkragting is dus geslagsgemeenskap sonder toestemming. Dit is meestal vroue en dogters wat verkrag word, maar mans en seuns is ook soms verkragtingslagoffers. Die aangemelde aantal verkragtings op vroue en kinders… Lees Meer »

VERHOEF, PIETER ADRIAAN

VERHOEF, PIETER ADRIAAN (1914–2013) het ná sy studie aan die Potchefstroomse Universiteit vir CHO* en die Stellenbosse Kweekskool, sy doktorsgraad in die Ou Testament* aan die Vrije Universiteit* van Amsterdam verwerf. Hy was nog in sy dertigs toe hy professor in Ou Testament op Stellenbosch geword het, ’n pos wat hy 29 jaar lank beklee… Lees Meer »

VERHEERLIKING

VERHEERLIKING is ’n toestand van glorie. Om iemand te verheerlik, is om te loof, of in glorie te verhef. Onder “verheerli­king” moet in die eerste plek gedink word aan die verheerliking van Christus. Ná sy verne­dering (menswording*, kruisiging*, sterwe en begrafnis), het die staat van verhoging gevolg (opstanding*, hemelvaart*, troonsbestyging en sit aan die regterhand… Lees Meer »

VERHAAL

VERHAAL. Dit is een van die literatuursoorte/genres wat in die Bybel* aangetref word. Die kenmerkende elemente van verhale is (’n) verteller(s) wat vertel wat gebeur het, karakters wat betrokke is by die handeling wat plaasvind, gebeure wat op ’n bepaalde manier gerangskik word om ’n oorhoofse verhaalplan (“plot” of “intrige”) te vorm en sekere tydsaspekte…. Lees Meer »

VERGEWING

VERGEWING. In die tradisionele gere­for­meerde* verlossingsleer word vergewing nie as ’n aparte aspek van die heilsorde* – soos wedergeboorte*, geloof* en regver­di­ging* – behandel nie. ’n Mens kan wel sê dat die vergewing van sonde* ’n vrug van die regverdiging is. Vergewing van sondes geskied nie op grond van enige verdienste van ons kant nie…. Lees Meer »

VERERING VAN VERMAAKLIK­HEID­STERRE EN SPORTSTERRE

VERERING VAN VERMAAKLIK­HEID­STERRE EN SPORTSTERRE. Dat ’n oordrewe verering van vermaaklikheid- en sportsterre ongewens is, is iets waaroor daar in die Christelike etiek* eenstemmigheid bestaan. Dwarsdeur die Skrif* word daar immers teen afgodery* ge­waarsku. Daar bestaan in Christelike kringe wel verskillende beklemtonings. Die “hoofstroom” van Christelike denke staan positief teenoor vermaaklikheid as genotvolle deelname aan… Lees Meer »

VERENIGING VIR CHRISTELIKE HOËR ONDERWYS (VCHO)

VERENIGING VIR CHRISTELIKE HOËR ONDERWYS (VCHO). Op 10 November 1948 het elf predikante van die NG Kerk* in die konsistorie van die kerk op Theunissen byeengekom. Die hele opset van hoër onderwys in Suid-Afrika is indringend bespreek en ’n aksiekomitee is benoem en studieopdragte uitgedeel. Op 22 Maart 1949 is ’n tweede vergadering in Winburg… Lees Meer »

VERENIGENDE CHRISTEN-STUDENTEVERENIGING (VCSV)

VERENIGENDE CHRISTEN-STUDENTEVERENIGING (VCSV). Die Christen-studentevereniging (CSV) is op 28 Julie 1896 gestig onder voorsitterskap van Andrew Murray*2. Die CSV, met ’n sterk evangeliese inslag, het jare lank ’n groot rol in die skool- en universiteitsgemeenskap gespeel en het die steun van die meeste kerke – veral ook die NG Kerk* – geniet. Mettertyd het ’n… Lees Meer »

VERENIGENDE GEREFORMEERDE KERK IN SUIDER-AFRIKA (VGK) (VGKSA)

VERENIGENDE GEREFORMEERDE KERK IN SUIDER-AFRIKA (VGK) (VGKSA) het in 1994 uit die vereniging van die NG Kerk in Afrika* en die NG Sen­dingkerk tot stand gekom. In die vroeë jare aan die Kaap het die NG Kerk* geen eie sending*aksie gehad nie. Die Morawiese sendeling* Georg Schmidt* het wel in 1737 Kaap toe gekom om… Lees Meer »

VERENGELSING

VERENGELSING. Kyk by: Anglisering in kerk en skool.

VEREENIGDE OOST-INDISCHE COM­PAGNIE (VOC)

VEREENIGDE OOST-INDISCHE COM­PAGNIE (VOC) is in Maart 1602 gestig en was die eerste groot multinasionale handelsmaatskappy ter wêreld. Volgens die oktrooi wat die Nederlandse State-Generaal aan die maatskappy verleen het, het die VOC se oktrooigebied van die Kaap die Goeie Hoop in die weste tot by die Straat van Magelaan in die ooste gestrek. Binne… Lees Meer »

VERDRAAGSAAMHEID

VERDRAAGSAAMHEID. In die Bybel* sluit verdraagsaamheid nou aan by die gesindhede van geduld*, lydsaamheid en lankmoedigheid*. Dit dui in eerste instansie op die verdraagsaamheid wat God teenoor sondige en weerstrewige mense openbaar. Reeds tydens God se ontmoeting met Moses* op die berg Sinai* openbaar Hy Hom as “die barmhartige en genadige God, lankmoedig, vol liefde… Lees Meer »

VERDORWENHEID

VERDORWENHEID. Gereformeerdes* leer op grond van die Bybel* die totale en radikale verdorwenheid van die mens, dit wil sê dat almal van ons geheel en al tot in die wortel van ons bestaan deur die sonde* verdorwe (korrup) geword het. Al drie die Formuliere van Eenheid* beklemtoon hierdie oortuiging (Nederlandse Geloofsbe­ly­denis*, Artikel 14, Heidelbergse Kategis­mus*,… Lees Meer »

VERBONDSTEOLOGIE

VERBONDSTEOLOGIE. “Die leer van die verbond* is nêrens so deeglik en omvattend uitgewerk as in die gereformeerde* teologie* nie” (WD Jonker*). Hoewel die verbondstema reeds by Calvyn* en Bullin­ger* aanwesig is, was dit veral J Coccejus (1603–1669) wat as verbondsteoloog be­kend­heid verwerf het. In die 20ste eeu is die tema veral ontgin deur W Eichrodt*,… Lees Meer »

VERBONDSARK

VERBONDSARK. Kyk by: Ark2 van die verbond.

VERBOND, OU

VERBOND, OU. ’n Verbond (berit) is ’n kontrak, of ooreenkoms, en geskied tussen mense onderling (Gen 21:32) of tussen stamme en volke (1 Sam 11:1; Jos 9:6, 15). Met verbondsluiting is ’n eed* deur beide partye afgelê en Jahwe* geroep as getuie van die ooreenkoms. ’n Offer*dier is in twee dele gesny waarna die betrokke… Lees Meer »

VERASSING

VERASSING. Blykens argeologiese* ge­tuie­nis het ’n dubbele praktyk (lykverbran­ding naas begrafnisse*) reeds in antieke kulture bestaan, met wisselende voorrang in verskillende tye. Die opmerklike uitsonde­ring is die oud-Semitiese kultuurkring, Israel* ingesluit, waar lykverbranding nooit alge­mene praktyk was nie. Die Bybel* vermeld dit slegs as strafmaatreël (Lev 20:14; Jos 7:25) of ná verminking (1 Sam 31:8-13),… Lees Meer »

VERANTWOORDELIKHEID

VERANTWOORDELIKHEID kan te­rug­skouend (retrospektief) aan mense toegeskryf word vir wat hulle in die verlede gedoen het. Dit kan egter ook vooruit­skouend (prospektief) toegeken word as ’n bepaalde taak met die oog op die toekoms. In die verlede het die klem meer geval op die probleme wat met die toeskrywing van retrospektiewe verantwoordelikheid ge­paard gaan. Die… Lees Meer »

VENTER, SAREL DANIËL

VENTER, SAREL DANIËL (1826–?) was die eerste Suid-Afrikaans-gebore predikant* in die Gereformeerde Kerke* in Suid-Afrika. Hy het ’n leiersrol gespeel in die totstandkoming van die Gereformeerde Kerk Bethulie en was ook as proponent die eerste predikant van Bethulie toe hy kragtens art 8 (“buitengewone/singuliere gawes”) van die kerkorde op ouderdom 40 as predikant bevestig is…. Lees Meer »

VENTER, JACOBUS JOHANNES (KOOS)

VENTER, JACOBUS JOHANNES (KOOS) (1807–1889) kom na vore in die aanloop tot die stigting van die Gerefor­meerde Kerke* in Suid-Afrika (1859). Hy was die leidende figuur van die Gereformeerdes (“Doppers”) in die Bloemfontein-omgewing. Die “Doppers” was beskryf as “godsdienstig, konserwatief en ortodoks”. Hulle het weerstand gebied teen die liberale stromings van die 19de eeu en… Lees Meer »

VENTER, FRANCOIS ALWYN

VENTER, FRANCOIS ALWYN (1916–1997) het as Afrikaanse romansier en “volkskrywer” gewildheid verwerf. Sy tetra­logie oor die Groot Trek*, Geknelde land (1960), Offer­land (1963), Gelofteland (1966) en Bedoelde land (1968), is van sy belangrikste werk. Venter toon hier begrip vir die sage van die Groot Trek, en verbind ’n deeglike verwerking van die geskiedenis met ’n… Lees Meer »

VENTER, CASPER JAN HENDRIK (CASSIE)

VENTER, CASPER JAN HENDRIK (CASSIE) (1940–) promoveer in 1974 in praktiese teologie* met Die bediening van die versoening aan die bejaarde: ’n Pastorale studie in die lig van die Pastorale Briewe en voltooi in 1985 ’n tweede ThD in Nuwe Testament* oor Die Pauliniese para­nese in Romeine 12:1–15:13 – ’n eksegetiese studie. Van 1985 tot… Lees Meer »

VELEMA, WILLEM HENDRIK.

VELEMA, WILLEM HENDRIK. (1929–). Velema het in 1957 aan die Vrije Universiteit* van Amsterdam gepromoveer met ’n proefskrif getiteld: De leer van de Heilige Geest by Abraham Kuyper. Van 1966 tot en met sy emeritaat in 1996 was hy verbonde aan die Theologische Universiteit van de Christelijke Gereformeerde Kerken te Apeldoorn in Nederland. Gedurende sy… Lees Meer »

VEDDER, HERMANN HEINRICH

  VEDDER, HERMANN HEINRICH (1876–1972) is in Enger in Westfalen, Duits­land, gebore. Hy het van jongs af belangstelling in die sending* gehad omdat sy ma gereeld vir hom verhale van sendelinge* vertel het. Nadat hy sy sendingopleiding ontvang het, het hy by die Rynse Sendingge­noot­skap begin werk wat hom in 1903 na Duitswes-Afrika (tans Namibië)… Lees Meer »

VATIKAANSE KONSILIES

VATIKAANSE KONSILIES. Twee konsilies dra die naam “Vatikaanse Konsilie”. Die Eerste Vatikaanse Konsilie (1869–1870; kortweg ook Vatikaan 1 genoem) word deur Katolieke* as die Twintigste Eku­me­niese Konsilie beskou. Pius IX het hierdie konsilie byeengeroep om die bedreigings en probleme wat die kerk in die moderne wêreld beleef het, die hoof te bied. Die grootste deel… Lees Meer »

VATIKAAN / VATIKAANSTAD

VATIKAAN / VATIKAANSTAD. Chris­tene stel in die Vatikaanheuwel belang omdat die apostel Petrus* volgens oorle­wering in die jaar 64 in die begraafplaas op daardie heuwel begrawe is. Onmiddellik as ’n heilige plek beskou, is die eerste kerklike bouwerk by die graf in 90 nC opgerig. Veranderings is daarna aangebring totdat keiser Konstantyn* in 319 met… Lees Meer »

VASTI

VASTI is die vrou van koning Ahasveros* van Persië* van wie ons in die boek Ester* lees. Nadat Vasti geweier het om haarself ten toon te stel voor die koning se dronk vriende, word sy van haar koninginskap onthef om as voorbeeld te dien vir ander vroue in die koninkryk. Alhoewel ons niks verder van… Lees Meer »

VAS

  VAS. Voor die ballingskap* was daar net op die Groot Versoendag* ’n voorgeskrewe vas. Verder was daar indiwidue wat by spesiale geleenthede gevas het, soms in verootmoediging oor sonde* of in nood (1 Sam 7:6; 31:13; 2 Sam 12:16; 1 Kon 21:27; Jer 36:9). Ná die ballingskap lees ons van meer ge­reelde vaste (Sag… Lees Meer »

VARKE

VARKE. Kyk by: Diere van die Bybel.

VAN ZYL, HERMIAS CORNELIUS (HERMIE)

VAN ZYL, HERMIAS CORNELIUS (HERMIE) (1947–) het in 2003 die derde dekaan van die Fakulteit Teologie aan die Universiteit van die Vrystaat geword. Hy gaan skool en studeer teologie* in Pretoria, en promoveer in 1987 met as proefskrif­onderwerp Matteus 18:15-20. ’n Diachro­niese en sinchroniese ondersoek met besondere verwysing na kerklike dissipline. Hy word in 1985… Lees Meer »

VAN ZYL, ALBERTUS HERMANUS (BERTUS)

VAN ZYL, ALBERTUS HERMANUS (BERTUS) (1925–2004) studeer vanaf 1943 teologie* en Semitiese tale* aan die Universiteit van Pretoria. Nadat hy in 1950 sy MA behaal het, word hy as lektor in Semitiese tale aangestel. Na ’n jaar se navorsing aan die Rijksuniversiteit van Leiden behaal hy in 1956 sy DD in Ou Testament* oor “Die… Lees Meer »

VAN ZIJL, WILLEM JACOBUS

VAN ZIJL, WILLEM JACOBUS (1932–) het aan die Universiteit van Stellenbosch (waar hy ook studenteraadsvoorsitter was) teologie* studeer, ’n meestersgraad in sosio­logie en later ’n doktorsgraad in kerkge­skiedenis* verwerf, en was NG Kerk*-predikant* van Robertson en Port Elizabeth-Sentraal voordat hy in 1966 besturende direkteur van die NG Kerk-uitgewers en in 1979 uitvoerende voorsitter van NG… Lees Meer »

VAN WYK, JAN HARM (AMIE)

VAN WYK, JAN HARM (AMIE) (1937–) is op Venterstad gebore. Hy het twee doktorsgrade aan die Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys (PU vir CHO)* verwerf: Etiek in ’n eeu van tegnologie en tegnokrasie (1971) en Die Etiek van vrede (1974). Hy was predikant* van die Gerefor­meerde Kerke Salisbury (Harare, 1962–1965), Johannesburg-Sentraal (1965–1973) en Stellenbosch/Strand… Lees Meer »

VAN WYK, DANIËL JOHANNES CORNELIUS (DAAN SR),

VAN WYK, DANIËL JOHANNES CORNELIUS (DAAN SR), (1940–) is in 1964 as predikant* van die Nederduitsch Hervormde Kerk* van Afrika op Kroonstad georden. Hierna het hy onderskeidelik die gemeentes Springs, Verwoerdburg, Johan­nes­burg-Wes en Warmbad bedien, waar hy in 2003 geëmeriteer het. Van 1977 tot 1992 was hy die voltydse redakteur van sy kerk se amptelike… Lees Meer »

VAN WOUW, ANTON

VAN WOUW, ANTON (1862–1945), ’n Nederlander van geboorte, was die grondlegger van die beeldhoukuns in Suid-Afrika. Hy het tekenlesse by die Vlaamse argitek Vieillevoye aan die Rotterdamse Akademie ontvang en die Belgiese beeldhouer Joseph Graven het hom in die beeldhoukuns onderrig. Van Wouw het in 1889 in Pretoria aangekom waar hy assistent in ’n vuurwapen-… Lees Meer »

VAN WIJK2, ADRIAAN JACOBUS (ATTIE)

VAN WIJK2, ADRIAAN JACOBUS (ATTIE) (1912–1976) kom van vaders- en moederskant uit ’n predikantegeslag – die Murrays, Hofmeyrs en Van Wijks. Sy grootjie van moederskant was ds Andrew Murray*1 sr van Graaff-Reinet, sy grootoom was dr Andrew Murray*2, en sy pa, ook ds AJ van Wijk1, was in ’n stadium skriba en moderator* van die… Lees Meer »

VAN WIJK1, ADRIAAN JACOBUS

VAN WIJK1, ADRIAAN JACOBUS (1872–1966) was voor sy dood die laaste lewende predikant wat in die 19de eeu in Suid-Afrika gelegitimeer (Kyk by: Legitimasie) is. Hy was die oudste seun van ds Johannes Hendrik van Wijk van Boshof, Smithfield, Heilbron, Paarl en Murraysburg. Hy is in 1900 met Margaret Murray, dogter van ds Charles Murray… Lees Meer »

VAN WARMELO, NICOLAAS JACO­BUS

VAN WARMELO, NICOLAAS JACO­BUS (1835–1892) het in 1864 van Nederland na die Zuid-Afrikaansche Republiek (ZAR) gekom, waar hy predikant* in die Ned Hervormde Kerk* word, aanvanklik te Schoe­mansdal (Noord-Transvaal) en vanaf 1868 te Heidelberg (Transvaal). Hy het van die staanspoor af met sy bekwaamheid en minsame (maar ferm) geaardheid beïndruk. In 1869 is hy verkies… Lees Meer »

VAN STADEN, FRANCOIS ALWYN (FRANS)

VAN STADEN, FRANCOIS ALWYN (FRANS) (1927–) het vir predikant* aan die Universiteit van Pretoria studeer. Hy bedien die NG gemeente Edenvale van 1953 tot 1957, waarna hy verder in die teologie* studeer. Hy behaal in 1973 ’n doktorsgraad in die geskiedenis van die Christendom* en kerkreg*, en is van 1973 tot 1981 die hoof van… Lees Meer »

VAN SELMS, ADRIANUS

VAN SELMS, ADRIANUS (1906–1984), Nederlander van geboorte, studeer lettere en teologie aan die Rijksuniversiteit van Utrecht. In 1930 word hy predikant van die Nederlandse Hervormde Kerk te Hansweert en later te Culemborg. Hy verwerf sy DTheol in 1933. In 1938 word hy senior lektor in Semitiese Tale aan die Universiteit van Pretoria en in 1948… Lees Meer »

VAN SCHOOR, MARTHINUS CORNELIUS (TIENIE)

VAN SCHOOR, MARTHINUS CORNELIUS (TIENIE) (1880–1967) het deur privaat studie hom as elektrotegniese ingenieur bekwaam. Nadat hy in 1908 by ’n firma op Brakpan begin werk het, sluit hy in 1911 by die Suid-Afrikaanse Spoorweë aan en werk in Kimberley, Port Elizabeth, Windhoek en Bloemfontein. Dáár lê hy hom toe op die verbetering van ’n… Lees Meer »

VAN SCHALKWYK, JOHANNES (JOHAN)

VAN SCHALKWYK, JOHANNES (JOHAN) (1947–) het aan die Universiteit van Stellenbosch en die Hebreeuse Universiteit in Jerusalem* studeer, sy doktorsgraad op Stellenbosch verwerf en ’n paar keer as deeltydse dosent in Ou Testament* aan die universiteite van Pretoria en Stellenbosch opgetree. Hy was die predikant van die NG Kerk*-gemeentes Kroon­heuwel-Noord, Pretoria, Lynn­wood­rif, Stellenbosch en weer… Lees Meer »

VAN RULER, ALBERT ARNOLD

VAN RULER, ALBERT ARNOLD (1908–1970) word beskou as een van die oorspronklikste teoloë van die 20ste eeu. Onmiddellik ná voltooiing van sy magistrale proefskrif, De vervulling van de wet, is Van Ruler in 1947 aangestel as kerklike hoogleraar aan die Rijksuniversiteit van Utrecht. Sy aanvanklike pogings om ’n teokratiese visie (Kyk by: Teokrasie) vir die… Lees Meer »

VAN ROOY, HERCULAAS FREDERIK (HERRIE)

VAN ROOY, HERCULAAS FREDERIK (HERRIE) (1949–) is in Kaapstad gebore, studeer aan die Potchefstoomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys (PU vir CHO)* en promoveer in Semitiese tale, 1977. Hy was predikant* van die Gereformeerde Kerk (GKSA)* Koster (1977–1980), en senior lektor, mede-professor en professor in Semi­tiese tale* aan die PU vir CHO. Van Rooy was… Lees Meer »

VAN RIEBEECK, MARIA (DE LA QUELLERIE)

VAN RIEBEECK, MARIA (DE LA QUELLERIE) (1629–1664) se pa en oupa was albei Waalse predikante* en haar huistaal was dus Frans en Nederlands. Sy trou op 28 Maart 1649 in Schiedam met Jan van Riebeeck* vir wie sy minder as drie jaar later na die Kaap vergesel as 22-jarige vrou met ’n babaseuntjie. Sy het… Lees Meer »

VAN RIEBEECK, JOHAN ANTHONISZOON (JAN)

VAN RIEBEECK, JOHAN ANTHONISZOON (JAN) (1619–1677) het uit ’n Protestantse* familie gestam wat ’n leidende rol gespeel het in die gerefor­meer­de* gemeente van sy geboortedorp, Culem­borg. Hy tree as twintigjarige in 1639 in diens van die Vereenigd Oost-Indische Compagnie* (VOC) en kom in 1640 in Batavia as VOC-klerk aan. Tussen 1643 en 1647 werk Van… Lees Meer »

VAN RHIJN, REMBRANDT HARMENSZOON

VAN RHIJN, REMBRANDT HARMENSZOON (1606–1669) is in Leiden, Nederland, gebore. Hy ontvang kunsonderrig van Pieter Lastman in Amsterdam. Vroeg reeds was hy aangetrokke tot Bybelse* narratiewe. Sy eerste geniale werk met ’n Bybeltema is Die steniging van Stefanus (1625). Die Italiaanse meester, Caravaggio, het die belangrikste invloed op Rembrandt se werk uitgeoefen. Waar Caravaggio ’n… Lees Meer »

VAN RENSBURG, NICOLAAS PIE­TER JOHANNES JANSEN (NIKLAAS, SIENER)

VAN RENSBURG, NICOLAAS PIE­TER JOHANNES JANSEN (NIKLAAS, SIENER) (1864–1926) is deur sy ma geleer om te lees en te skryf en het klaarblyklik nooit iets anders as die Bybel* gelees nie. Hy het sy profesieë trouens periodiek aan die hand van Bybeltekste gemaak. As gelowige Christen* was hy in ’n sekere sin ’n apokaliptiese profeet… Lees Meer »

VAN RENSBURG, JOHAN JANSE

VAN RENSBURG, JOHAN JANSE (1946–) is een van min mense met drie doktorsgrade in die teologie*. Hy het aanvanklik aan die universiteite van die (Oranje-) Vrystaat en Stellenbosch studeer en is in 1970 as predikant* van die NG Kerk* gelegi­timeer*. Mettertyd behaal hy drie DTh’s: in 1979 aan die Universiteit van Stellenbosch oor Die herwaardering… Lees Meer »

VAN RENSBURG, JOHAN JACOB JANSE (FIKA)

VAN RENSBURG, JOHAN JACOB JANSE (FIKA) (1951–) is in Frankfort gebore. Sy spesialiteitsrigting en doktorsgraad is in die verklaarkunde van die Nuwe Testament*. Hy promoveer met ’n proefskrif oor Die ontleding van die sintaktiese struktuur van die Griekse Nuwe Testa­ment: Die ontwerp van ’n metode, toegepas op Romeine 8. Hy het ook ’n meestersgraad in… Lees Meer »

VAN RENSBURG, CORNELIS JANSE (NELIS)

VAN RENSBURG, CORNELIS JANSE (NELIS) (1960-) het in Riversdal grootgeword waar sy pa burgemeester en later Volksraadslid vir Mosselbaai was. Hy studeer vir predikant* aan die Universiteit van Stellenbosch, en dien as NG Kerk*-leraar in die gemeentes Kangovalleie, Postmasburg en Welgemoed. Hy tree as voorsitter van die Sinode van Noord-Kaapland op en word agtereenvolgens skriba,… Lees Meer »

VAN RENEN-FOURIE, ADRI-LOUISE

VAN RENEN-FOURIE, ADRI-LOUISE (1964-2014) het as Karookind op Fraserburg grootgeword, aan die Universiteit van Stellenbosch ‘n graad in huishoudkunde behaal en daarna ‘n honneursgraad in joernalistiek. Nadat sy ‘n paar jaar by die Bybelgenootskap van Suid-Afrika gewerk het, is sy in die redaksie van Die Kerkbode* (later net Kerkbode), amptelike koerant van die NG Kerk*, aangestel…. Lees Meer »

VAN REENEN, RYKIE VAN DER BYL

VAN REENEN, RYKIE VAN DER BYL (1923–2004) het as joernalis en skrywer groot be­kendheid verwerf – en Hermann Giliomee noem haar in sy boek The Afrikaners (2003) “undoubtedly the most outstanding Afrikaans journalist of the 20th century”. Van Reenen het by Die Burger, Die Beeld (die destydse Sondagkoerant) en Rapport gewerk, en was in ’n… Lees Meer »

VAN OOSTERZEE, JOHANNES JA­CO­BUS

VAN OOSTERZEE, JOHANNES JA­CO­BUS (1817–1882) was agtereenvolgens predikant* van die Nederlandse Hervormde gemeentes van Eemnes (1841), Alkmaar (1843) en Rotterdam (1844). Vanaf 1863 was hy hoogleraar in die teologie* te Utrecht, aanvanklik met leeropdrag Christelike dogmatiek* en Bybelse en praktiese teologie*, later met leeropdrag Nuwe Testament*, dogmageskiedenis en godsdienswysbegeerte. Hy het saam met sy vriend… Lees Meer »

VAN NIEKERK, MARLENE

VAN NIEKERK, MARLENE (1954–), akademikus, digter en bekroonde skrywer, het veral met twee romans – Triomf (1994) en Agaat (2004) – naam gemaak. Triomf vertel die verhaal van ’n versukkelde Afrika­ner*-stadsgesin wat in die apartheidstyd in Triomf woon, wit woonbuurt wat op die fondamente van die swart Sophiatown gebou is. Van Niekerk draai nie doekies… Lees Meer »

VAN MEERHOFF, PIETER

VAN MEERHOFF, PIETER (circa 1635–1668) is in Kopenhagen, Denemarke, gebore en het in 1659 as amptenaar in diens van die Vereenigde Oostindische Compagnie (VOC)* na die Kaap gekom. Hy verwerf be­kendheid as ontdekkingsreisiger en tussen 1660 en 1662 neem hy aan ses verkenningstogte na die Kaapse binneland deel. Sy huwelik met Krotoa* (Eva*2) was die… Lees Meer »

VAN LIER, HELPERUS RITZEMA

VAN LIER, HELPERUS RITZEMA (1764–1793) is in Holland gebore. Hy was ’n briljante student wat reeds op 18-jarige ouderdom ’n doktorsgraad in wysbegeerte behaal het. Ná die skielike dood van sy verloofde, het hy hartgrondig tot bekering* gekom. Hy het ’n beroep as dominee Kaap toe aanvaar. Hy was skaars 22 jaar oud, maar het… Lees Meer »

VAN JAARSVELD, FLORIS ALBERTUS

VAN JAARSVELD, FLORIS ALBERTUS (1922–1995) het in die distrik Heidel­berg (Gauteng) opgegroei en vroeg reeds ’n voorliefde vir die natuur en die geskiedenis van die Afrikaners* ontwikkel. Ná ’n suksesvolle studieloopbaan aan die Onder­wyskollege van Pretoria en die Universiteit van Pretoria, behaal hy in 1950 sy doktorsgraad aan die Universiteit van Groningen. Van Jaarsveld gee… Lees Meer »

VAN IMHOFF, GUSTAAF WILLEM BARON

VAN IMHOFF, GUSTAAF WILLEM BARON (1705–1750) was ’n VOC*-amptenaar wat in 1736 goewerneur van Ceylon (tans Sri Lanka) geword het. Tydens sy verblyf daar beywer hy hom vir die uitbreiding van die Christelike geloof* onder die inheemse bevolking. Sy ywer om inheemse gelowiges as predikante* in Nederland te laat oplei en om die Bybel* in… Lees Meer »

VAN HUYSSTEEN, JACOBUS WENT­ZEL VREDE (WENTZEL)

VAN HUYSSTEEN, JACOBUS WENT­ZEL VREDE (WENTZEL) (1942–) het op Stellenbosch en in Amsterdam studeer, was predikant* van die NG Gemeente Noorder-Paarl (nou Paarl Toringkerk), professor in Bybelkunde aan die (destydse) Universiteit van Port Elizabeth, en was vir twee dekades die James McCord-hoogleraar in teologie* en wetenskap aan die Princetonse Teologiese Seminarium in die VSA. Hy… Lees Meer »

VAN HOUTEN, RICHARD L

VAN HOUTEN, RICHARD L (1946–) was van 1989 tot 2010 die algemene sekretaris van die Gereformeerde Eku­meniese Raad (GER)*, in Grand Rapids, Michigan, VSA. In 2010 het die GER opgegaan in die Wêreldgemeenskap van Gereformeerde Kerke*. Van Houten is ’n kenner op die gebied van wêreldgodsdienste en Chinese kultuur. Hy behaal sy doktorsgraad in Chinese… Lees Meer »

VAN HEYNINGEN, PETRUS ARNOL­DUS CONRADUS

VAN HEYNINGEN, PETRUS ARNOL­DUS CONRADUS (1833–1904), ’n pre­dikant* van die Hervormde Kerk in Ne­derland, is in 1859 as leraar van Lydenburg bevestig. Hier is hy vasgevang in die storm­agtige Transvaalse kerklike verhouding tussen die NG Kerk* en die Nederduitsch Hervormde Kerk*. Laas­genoemde, onder leiding van ds Dirk van der Hoff*, het enige kerklike verband met… Lees Meer »

VAN HEERDEN, ERNST

VAN HEERDEN, ERNST (1916–1997) se uitgebreide digterlike nalatenskap lewer bewys van ’n geoefende digter wat sterk verse kon skep. Talle van sy vroeëre gedigte het gekonsentreer op die kragfiguur soos die ge­wigopteller en die atleet, terwyl sy latere werk al hoe meer besinning was oor die wêreld van verlies en oud-word. Van Heerden se werk… Lees Meer »

VAN DYK, ALEXANDER STADION (DION)

VAN DYK, ALEXANDER STADION (DION) (1950–) begin sy bediening in 1976 in die NG Sendingkerk* op Stellenbosch. In 1981 word hy beroep na die NG Kerk*-gemeente Gatooma (later Kadoma) in Zimbabwe, waar hy tot 2005 ook Kwekwe, Chegutu, Chipinge, Mutare, Rusape, Chinoyi, Karoi, Mhangura en Kariba (in verskillende kombinasies) bedien. In 1983 word Van Dyk… Lees Meer »

VAN DER WESTHUIZEN, MICHIEL JOHANNES

VAN DER WESTHUIZEN, MICHIEL JOHANNES (1889–1966) is in 1912 aan die Stellenbosse Kweekskool gelegitimeer. Hy promoveer in 1916 in Nederland, was daarna predikant van Noorder-Paarl, en vir ’n rekordtydperk van 21 jaar (1938–1959) redakteur van Die Kerkbode*. Van der Westhuizen het deur die moeilike jare van die Tweede Wêreldoorlog* aan ’n politiek-verskeurde kerklike gemeenskap rustige… Lees Meer »

VAN DER WESTHUIZEN, HERCULES PIETER (PIETER)

VAN DER WESTHUIZEN, Hercu­les PIETER (PIETER) (1931–) is ’n gebore Vrystater. Hy het reeds op vyfjarige ouderdom onder leiding van sy ma begin om klavier te speel, op Wepe­ner en Bloem­fontein skoolgegaan en aan die Universiteit van Stellenbosch (US) in die musiek studeer (veral orrel en klavier). Nadat hy ’n paar jaar lank skoolgehou het,… Lees Meer »

VAN DER WESTHUIZEN, GERT JOHANNES

VAN DER WESTHUIZEN, GERT JOHANNES (1917–1982) se roeping om die Here* te dien, lei hom om in 1945 diens te aanvaar by Daisyfield, die kerkskool in Gwelo, Suid-Rhodesië (tans Zimbabwe). In 1947 word hy aangestel as jeugorganiseerder van die NG Kerk* van Transvaal. Van toe af was Van der Westhuizen die kerk se “jeugman”. Hy… Lees Meer »

VAN DER WESTHUIJZEN, JACOBUS (KOBUS)

VAN DER WESTHUIJZEN, JACOBUS (KOBUS) (1932–) wys as hoofseun van die Hoërskool Jan van Riebeeck sy natuurlike leierskap en ontvang die prys vir leierskap van die Reddingsdaadbond. Gedurende 1950–1956 studeer hy teologie* aan die Universiteit van Stellenbosch, en word gekies as voorsitter van die studenteraad. Hy bedien agtereenvolgens die NG Kerk*-ge­meen­tes Paterson, Cradock-Oos en vanaf… Lees Meer »

VAN DER WATT, PHILIPPUS BLIGNAUT (FLIP)

VAN DER WATT, PHILIPPUS BLIGNAUT (FLIP) (1937–) is in Theunissen as een van ’n tweeling gebore. Sy tweelingbroer, Louis, sou later medikus en politikus word. Van der Watt het na die universiteite van die Oranje-Vrystaat en Stellenbosch gegaan om hom as predikant te bekwaam. Hy het as predikant die NG Kerk*-gemeentes Amalia 1962, Bloemhof 1964,… Lees Meer »

VAN DER WATT, JAN GABRIËL

VAN DER WATT, JAN GABRIËL (1952–) studeer teologie* aan die Universiteit van Pretoria. Hy behaal DD in 1986 en D Litt (Grieks*) in 1999. Beide doktorsgrade word met onderskeiding gemerk. In albei proefskrifte spits hy hom toe op aspekte van die Evangelie van Johannes*. Van 1980 af tot 1985 doseer hy teologie aan die Universiteit… Lees Meer »

VAN DER WALT, TJAART

VAN DER WALT, TJAART (1934–) is op Pietersburg gebore. Hy studeer aan die PU vir CHO*, Universiteit Witwatersrand, Johannes Calvyn-akademie, Kampen, Ne­der­land, en promoveer in 1962 onder H Ridderbos* met as proefskrif: Die konin­kryk van God – naby! Hy het ook honneursgrade in Klassieke en Semitiese* Tale verwerf. Van der Walt het begin as predikant*… Lees Meer »

VAN DER VEN, JOHANNES ANTONIUS (HANS)

VAN DER VEN, JOHANNES ANTONIUS (HANS) (1940–) behaal in 1973 ’n PhD in praktiese/empi­riese teologie* (Nijme­gen), en in 1998 ’n eredoktorsgraad in teologie van die Universiteit van Lund in Swede. In 1968 word hy mede-professor in praktiese/empiriese teologie aan die Kato­lieke Univer­siteit Nijmegen, in 1980 professor en in 1999 voorsitter van die dekane­komitee van die… Lees Meer »

VAN DER STEL, WILHELM ADRIAEN (WILLEM ADRIAAN)

VAN DER STEL, WILHELM ADRIAEN (WILLEM ADRIAAN) (1664–1733), die oudste seun van Simon van der Stel*, het sy pa in 1679 na die Kaap vergesel. Willem keer egter kort daarna na Nederland terug en bly ná sy huwelik met Maria de Hase in 1684 in Amsterdam. In 1699 volg Willem sy pa as goewerneur op… Lees Meer »

VAN DER STEL, SIMON

VAN DER STEL, SIMON (1639–1712) die seun van Adriaen van der Stel en Maria Lievens, is op see tussen Batavia en Mau­ritius gebore. Hy is in Oktober 1663 met Johanna Jacoba Six uit ’n welvarende en invloedryke familie getroud. Hulle raak egter vervreemd en toe die Here XVII* vir Van der Stel in Maart 1679… Lees Meer »

VAN DER SPUY, STEPHANUS HOF­MEYR (FANAN)

VAN DER SPUY, STEPHANUS HOF­MEYR (FANAN) (1908–1993) het sy teologiese studie in 1934 aan die Kweekskool* op Stellenbosch voltooi. Hy was van 1935 af in die gemeentes van Windhoek, Keetmans­hoop, Outjo en Outjo-Wes werksaam. Met slegs ’n kort onderbreking in 1942 as veld­prediker* vir Suid-Afrikaanse troepe in Noord-Afrika, was hy sy hele bediening tot 1981… Lees Meer »

VAN DER SPUY, PETRUS

VAN DER SPUY, PETRUS (1722–1809), die eerste Suid-Afrikaans-gebore predikant*, is op agtjarige ouderdom deur sy ouers na familie in Rotterdam gestuur waar hy die beroemde Erasmiaanse Skool bygewoon het. Ná voltooiing van sy teologiese studie in Groningen en Leiden, keer hy in 1746 na sy geboorteland terug as leraar van die gemeente Kaapstad. Op 8… Lees Meer »

VAN DER ROSS, RICHARD ERNEST

VAN DER ROSS, RICHARD ERNEST (1921–) is in ’n sinkhuisie gebore as die seun van David van der Ross – in 1925 slegs die derde bruin Suid-Afrikaner wat ’n BA-graad aan die Universiteit Kaapstad verwerf het. Nadat Van der Ross BA, MA (Filosofie) en BEd behaal het, verwerf hy bekendheid as onderwysman, eers as onderwyser… Lees Meer »

VAN DER MERWE, WILLEM JACO­BUS (WILLIE)

VAN DER MERWE, WILLEM JACO­BUS (WILLIE) (1906–1989) is in Ceres-distrik gebore. Op sesjarige ouderdom het hy reeds sy sendingroeping ontvang. Hy het aan die Kweekskool* op Stellenbosch, te Princeton en aan die Kennedy School of Missions studeer. In 1934 het hy sy doktorsgraad met ’n proefskrif oor die ontwikke­ling van sending*gesindhede in die NG Kerk*… Lees Meer »

VAN DER MERWE, NICOLAAS JO­HAN­NES

VAN DER MERWE, NICOLAAS JO­HAN­NES (1888–1940) is op Senekal gebo­re. Gedurende die Anglo-Boereoorlog* was hy saam met sy ma in die konsentrasie­kamp op Norvalspont. Hy slaag daarna sy matriek op Grey-kollege in Bloemfontein, verwerf sy BA en hou vir twee jaar skool. In 1910 meld hy hom by die Teologiese Kweekskool* aan. Gedurende sy tyd… Lees Meer »

VAN DER MERWE, KOOS

VAN DER MERWE, KOOS (1960-) (Prediker, liedjieskrywer, sanger) Kyk by: Prophet (Sanggroep).

VAN DER MERWE, JOHAN DAVID GERHARDUS

VAN DER MERWE, JOHAN DAVID GERHARDUS (1926–2018) het op Stellen­bosch studeer en is in 1950 gelegitimeer. Hy behaal twee doktorsgraade: in sosiologie en sielkunde. Van der Merwe is in 1951 as gemeenteleraar in die NG gemeente Yster­plaat bevestig, word later organiserende sekretaris van die Nasionale Raad vir Huweliksvoorligting en in 1960 sielkundige van die Transvaalse… Lees Meer »

VAN DER MERWE, GERT JOHAN­NES (GERJO)

VAN DER MERWE, GERT JOHAN­NES (GERJO) (1920–1979) het uit die be­kende Van der Merwe-gesin van Moerasvlei (Boplaas) in die Koue Bokkeveld in die Ceres-distrik gestam, en die digter-skrywer IW van der Merwe (Boerneef) was een van sy halfbroers. Van der Merwe het hom op Stellenbosch as onderwyser bekwaam en was ’n paar jaar op Morgenster*… Lees Meer »

VAN DER MERWE, GERRIT ERASMUS

VAN DER MERWE, GERRIT ERASMUS (1929–2004) is gebore in ’n Gere­formeerde Kerk*-gesin, maar het mettertyd na die NG Kerk* oorgekom en predikant* van dié kerk geword. Hy was predikant van die ge­meentes Hofmeyr en Kuilsrivier voordat hy in 1962 na die Bybelgenootskap* van Suid-Afrika is. In 1970 word hy adjunk-hoofsekretaris en in 1974 hoofsekretaris, wat… Lees Meer »

VAN DER MERWE, ABRAHAM JO­HANNES

VAN DER MERWE, ABRAHAM JO­HANNES (AJ) (1897–1978) is op Koppies­kraal in die distrik Calvinia gebore, behaal MA met lof aan die SA Kollege in Kaapstad (die latere Universiteit van Kaapstad), studeer teologie* aan die Kweekskool* op Stellenbosch, en promoveer in 1925 aan die Rijksuniversiteit van Utrecht met ’n proefskrif oor die sondebegrip in die Engelse… Lees Meer »

VAN DER LINGEN, GOTTLIEB WILHELM ANTONY

VAN DER LINGEN, GOTTLIEB WILHELM ANTONY (1804–1869) is gebore as seun van sendeling*-ouers en bekwaam hom vir die bediening in Utrecht, Nederland. Hy word in 1831 predikant van die Paarl-gemeente. Van der Lingen was besonder toegewyd en geliefd in sy gemeente, maar het ook teenstand gekry vanweë sy erns­tige prediking teen sonde*. Hy was ’n… Lees Meer »

VAN DER KEMP, JOHANNES THEO­DORUS

VAN DER KEMP, JOHANNES THEO­DORUS (1747–1811) studeer aan die Uni­versiteit van Leiden, voltooi nie sy studie nie en leef ’n losbandige lewe. Ná ’n tyd in die leër bekwaam hy hom in 1782 as mediese dokter in Edinburgh, daarna praktiseer hy in Middelburg en Zwijndrecht. Godsdiens is vir hom niksseggend, maar toe sy vrou en… Lees Meer »

VAN DER HOFF, DIRK

VAN DER HOFF, DIRK (1814–1881). Ná teologiese studie aan die Universiteit van Leiden ontvang Van der Hoff  ’n beroep na die “… uitgewekene en onafhankelijke Afrikaansche Hollanders, benoorden de Vaalrivier in Zuid-Afrika …” waar die eerste Algemene Kerkvergadering van die Nederduitsch Her­vorm­de Kerk in Transvaal, wat op 8 Au­gus­tus 1853 die eerste keer gekonstitueer het,… Lees Meer »

VAN DER COLF, ADRIAAN PETRUS (ATTIE)

VAN DER COLF, ADRIAAN PETRUS (ATTIE) (1932–2002). Nadat dié gebore Suidwester sy BA aan die Universiteit van Stellenbosch verwerf het, hou hy vir ’n jaar skool op Steynsrus en keer daarna terug om teologie* te studeer. Hy begin sy bediening in 1961 te Suid-Rand; daarna volg Blinkpan. Hy werk vir ses jaar by die Inligtingsdiens… Lees Meer »

VAN DEN VONDEL, JOOST

VAN DEN VONDEL, JOOST (1587–1679) was in Nederland se glorietydperk ’n voor­aanstaande liriese, epiese en dramadigter, en ’n uitnemende prosaïs. Ná omswerwings vestig hy hom in Amsterdam waar hy ’n winkeleienaar word. Vondel het aanvanklik bekend geword as treurspeldigter. Hy is beheers deur die idee van die tragiese, vir hom wesenlik deel van die Christelike… Lees Meer »

VAN DEN HORST, EVERT JEAN JACQUE

VAN DEN HORST, EVERT JEAN JACQUE (1875–1958) is op Jamestown gebore en het eers vir onderwyser studeer. Vervolgens is hy Stellenbosch toe waar hy in 1900 as predikant* gelegitimeer is. Hy is daarna na Howick in Natal waar hy in die konsentrasiekamp geestelike werk gedoen het. Aan die einde van die Anglo-Boere­oorlog* is hy as… Lees Meer »

VAN DEN BERGH, REGARDT

VAN DEN BERGH, REGARDT (1952–) is in Johannesburg gebore as seun van die bekende toneelspelers, Gert en Dulcie. Hy was getroud met die aktrise Jana Cilliers, dogter van Bettie Cilliers-Barnard*. Die jong Regardt het reeds tydens sy skoolloopbaan naam gemaak as akteur in die opspraakwekkende rolprent oor Afrikaner-twiste, Die kandidaat. Ná skool gaan werk hy… Lees Meer »

VAN ARKEL, JAN THOMAS DE JONGH (TOM)

VAN ARKEL, JAN THOMAS DE JONGH (TOM) (1909–1977) was die predikant van twee gemeentes voordat hy in 1948 organiserende sekretaris van die Bybelgenootskap* geword het. Hy het in 1955 vir dr HPM Steyn as hoofsekretaris opgevolg en die leiding geneem toe die Suid-Afrikaanse Bybelgenootskap tot volwassenheid gekom en onafhanklik van die Britse en Buitelandse Bybelgenootskap… Lees Meer »

VAN ARCKEL, JOAN (JOHANNES)

VAN ARCKEL, JOAN (JOHANNES) (1640–1666) was die eerste geordende pre­dikant* aan die Kaap. Hy is in Den Briel, Nederland, gebore. Van Arckel studeer op koste van die VOC* aan die Universiteit van Leiden, en word in 1664 tot predikant van Oos-Indië beroep. Hy kom in Augustus 1665 in die Kaap aan as die eerste vaste… Lees Meer »

VAN AARDE, ANDRIES GIDEON

VAN AARDE, ANDRIES GIDEON (1951–) word predikant* van die Neder­duitsch Hervormde Kerk van Afrika* en bedien die gemeentes Roodepoort en Fonteindedal tussen 1974 en 1980. In 1980 word hy lektor in Bybelkunde aan die Universiteit van Pretoria en in 1984 professor in Nuwe Testament* aan dié universiteit se fakulteit teologie. Van Aarde onderskei homself as… Lees Meer »

VALS PROFESIE

VALS PROFESIE. Verskillende definisies van “profesie*” bestaan. Die duidelikste is dat dit ’n uiting is wat deur God geïnspireer is. Dit impliseer dat vals profesieë uitings is met die pretensie van Goddelike inspirasie*, maar wat dit nié is nie. Ver­skil­lende kriteria vir vals profesie word in die Ou Testament* gevind in Deut 13; 18; Jer… Lees Meer »

VALS LEER

VALS LEER. Volgens Handelinge* het die eerste Christene* onder andere volhard in die leer van die apostels* (Hand 2:42) en het hulle die hele Jerusalem* met hulle leer gevul (Hand 5:28). In 2 Joh 9 word ook ge­praat van die leer van Christus*. Uit die briewe* is dit duidelik dat die apostels se leer dui… Lees Meer »

VALS CHRISTUSSE

VALS CHRISTUSSE. Daar moet onderskei word tussen vals Christusse (Matt 24:23-24; Mark 13:22), vals profete (Matt 7:22; 1 Joh 4:1) en antichriste* (1 Joh 2:18). Dit gaan hier oor eersgenoemde en dit verwys na diegene wat self daarop aanspraak maak, of voorgee, om die Christus* of die Messias* te wees, maar dit nie is nie… Lees Meer »

VALKE

VALKE. Kyk by: Diere van die Bybel.

VALENTIJN, FRANCOIS

VALENTIJN, FRANCOIS (1666–1727) het aan die Universiteit van Leiden in die teologie* studeer voordat hy in 1686 predi­kant* op Ambon in die Ooste geword het. Driekwart van sy gemeente het uit inboorlinge bestaan en Valentijn preek in Neder­lands, Portugees en Hoog-Maleis. Hy besoek ook talle plekke in Maleisië en begin om die Bybel* in Maleis… Lees Meer »

VAL VAN REGERINGS

VAL VAN REGERINGS. Kyk by: Gebed om die val van regerings.

VAEVUUR

VAEVUUR. Die heilige Drie-eenheid* het mense geskep om deel te hê aan die God­delike liefdeslewe deur hulle eenheid met Christus*, die mensgeworde Seun*, die tweede Persoon van die Drie-eenheid* (Ef 1:3-14). Om lief te kan hê, moet ’n mens vry wees, want ’n mens kan nie gedwing word om lief te hê nie, maar moet… Lees Meer »

VADER KESTELL

VADER KESTELL. Kyk by: Kestell, John Daniel.

VADER, GOD DIE

VADER, GOD DIE. Om God “Vader” (Hebreeus*: Abba*) te noem, is een van die algemeenste en kosbaarste aanspreekvorms wat Christene* vir God het. In sy modelgebed het Jesus* ons self geleer om Hom “ons Vader” te noem. Dit was Jesus se eie voorkeur-aanspreekvorm vir God. Jesus word ook die Seun* van God genoem, en ons… Lees Meer »

VAAM

VAAM. Kyk by: Mate, gewigte, geld.

Sidebar