W

WYSHEIDSLITERATUUR

WYSHEID(-SLITERATUUR). Die beskrywing “wysheidsli­teratuur” word gebruik om die boeke Spreuke*, Job*, Prediker*, sommige psalms*, die Wysheid van Salomo en die Wysheid van Jesus Sirag* (lg twee onder die apokriewe* boeke) te tipeer. Daar is ook ander versamelings wat met wysheid verband hou, soos Hooglied*, Klaagliedere*, die boek Ester* en wysheid in die Dooie See-rolle*. In… Lees Meer »

WYSHEID VAN JESUS SIRAG, DIE

WYSHEID VAN JESUS SIRAG, DIE ook bekend as Ekklesiastikus. In die proloog van hierdie boek meld die kleinseun, Ben Sirag, dat hy in Aleksandrië* teen ongeveer 117 vC die teks uit die oorspronklike Hebreeus* in Grieks* vertaal het. Hiervolgens moes die oupa, Jesus Sirag, sy boek oorspronklik gedurende die eerste kwart van die 2de eeu… Lees Meer »

WYSHEID VAN GOD

          WYSHEID VAN GOD. Wysheid het in die Ou Testament* en Nuwe Testament* ’n praktiese eerder as ’n teoretiese aard en bestaan basies uit die kuns om suksesvol te wees. Dit is nooit neutraal nie, omdat dit óf van God ontvang word óf vir God teenstaan. Wysheid* setel in die hart*, die sentrum vir morele… Lees Meer »

WYSHEID

WYSHEID. Die beskrywing “wysheidsli­teratuur” word gebruik om die boeke SpreukeH, JobH, PredikerH, sommige psalmsH, die Wysheid van Salomo en van Jesus SiragH (laasgenoemde twee onder die apokrieweH boeke) te tipeer. Daar is ook ander versamelings wat met wysheid verband hou, soos HoogliedH, KlaagliedereH, die boek EsterH en wysheid in die Dooie See-rolleH. In die profeteboeke… Lees Meer »

WYSBEGEERTE VAN DIE WETS­IDEE

WYSBEGEERTE VAN DIE WETS­IDEE is die benaming vir die Christelike Wysbegeerte wat deur veral Herman Dooyeweerd* (1894–1977) en sy swaer, DTh Vollenhoven, sedert 1926 aan die Vrije Universiteit* in Amsterdam, Nederland, ontwikkel is. Dit is ’n filosofie wat bewustelik in die denktradisie van Johannes Calvyn* (1509–1564) en die gereformeerde* Nederlander Abraham Kuyper* (1837–1920) wou voortwerk…. Lees Meer »

WYNRUIT

WYNRUIT. Kyk by: Plante in die Bybel.

WYN

WYN is saam met water en melk die primêre drank in die Bybel*. In heelparty tekste sien ons dat wyn algemeen gebruik is. In Ps 104:15 en Pred 9:7 word aangedui dat wyn mense se harte bly maak, en in Joh 2 vorm wyn ’n kernbestanddeel van ’n feesmaal. Dit is daarom nie vreemd nie… Lees Meer »

WYLANDT, WILLEM BARENTZ (OON)

WYLANDT, WILLEM BARENTZ(OON) (?–?) was pas tot die amp van sieketrooster* toegelaat, toe hy hom op die Drommedaris in die geselskap van Jan van Riebeeck* bevind het wat op 16 April 1652 Tafelberg die eerste keer aanskou het. Hy was ’n Groninger en familielid van Van Riebeeck. Tussen sy aanmelding en aanstelling moes hy hom… Lees Meer »

WYCLIFF (WYCLIFFE, WYCLIF), JOHN

WYCLIFF (WYCLIFFE, WYCLIF), JOHN (1324–1384) was professor in Oxford toe hy genooi is om die koning se kapelaan te word. Hy het die kerk* aanstoot gegee deur die koning se besluit te steun dat kerklui wat korrup is, se eiendom gekonfiskeer moet word. Die pous* het nie hiermee genoeë geneem nie. Wycliff was nie ’n… Lees Meer »

WURMS

WURMS. Kyk by: Diere van die Bybel.

WREDE, GEORG FRIEDRICH EDU­ARD WILLIAM (WILLIAM)

WREDE, GEORG FRIEDRICH EDU­ARD WILLIAM (WILLIAM) (1859–1906), ’n Lutherse* pastorieseun, het na Leipzig gegaan waar konserwatiewes gewoonlik die teologie* bestudeer het en waar hy ook die invloed van Von Harnack* ondergaan het. Hy was eers pastor (1886– 1889), daarna lektor te Göttingen en professor te Breslau (1895–1900). In 1897 vra Wrede aandag vir die taak… Lees Meer »

WRAAK

WRAAK. Menslike wraak is die gevolg van woede en die intense begeerte om ’n ander persoon, persone of groep mense in eie munt terug te betaal. Wraak is deels ’n emosionele reaksie op iets wat gebeur het, en deels ’n verdedigingsmeganisme. Dit is ’n reaksie wanneer ’n persoon se waardig­heid aangetas of sy/haar belange bedreig… Lees Meer »

WOORD VAN GOD

WOORD VAN GOD. In die Ou Testa­ment* word herhaaldelik na God se kommunikasie met sy volk verwys as die “woord van Jahwe*” of, soos dikwels vertaal, die woord van God. Dit het in meer as een vorm na die volk gekom, soos deur God se gebod*, deur die profete*, visioene (Kyk by: Gesig) en drome…. Lees Meer »

WOORDTEOLOGIE

WOORDTEOLOGIE. Kyk by: Dialek­tiese teologie.

WOORD (LOGOS)

WOORD (LOGOS). Logos is een van die Griekse* terme wat gebruik word om “woord” as spraak- of kommunikasiemiddel mee te vertaal. Logos dui egter meer op die gesproke, en nie soseer op die grammatikale woord nie; ook nie eintlik op die uiterlike en geskrewe vorm nie, maar op die innerlike, onsigbare gedagte daaragter waarvan dit… Lees Meer »

WONDERWERKE VAN JESUS

WONDERWERKE VAN JESUS het veral te doen gehad met genesing en be­heer oor die natuurkragte. Geneeswonders: Seun van die amptenaar (Joh 4:46-54). Siek man by die bad (Joh 5:1-18). Man in die sinagoge (Mark 1:21-28; Luk 4:31-37). Die melaatse man (Matt 8:1-4; Mark 1:40-45; Luk 5:12-14). Slaaf van die Romeinse offisier (Matt 8:5-13; Luk 7:1-10)…. Lees Meer »

WONDERTEKENS

WONDERTEKENS. Die Bybel* noem wonders* soms “tekens” en verwys daar­mee na iets met ’n dieper betekenis. Die woord “teken”, semeia in Grieks*, word veral in die Johannes*-Evangelie vir die wonderwerke van Jesus* gebruik. Die funksie van die wonders hier is nie soseer as kragtige dade om Satan* te bestraf nie. Dit is wondertekens wat hoofsaaklik… Lees Meer »

WONDERS

WONDERS. Die Bybel* bevat baie wonderverhale. Met ’n wonder word bedoel dat daar gebeurtenisse plaasvind wat nie oor­eenstem met die normale patroon of gang van sake nie, en ook nie maklik redelik verklaar kan word nie, maar wat dui op bo­na­tuurlike ingrype. Die Bybel ken natuur-, genesings- en opwekkingswonders en duiwel*uitdrywings (Kyk by: Demone). Reeds… Lees Meer »

WOLWE

WOLWE. Kyk by: Diere van die Bybel.

WOESTYNTOG

WOESTYNTOG het betrekking op die tydperk tussen die Israeliete* se uittog* uit Egipte* en die intog in die beloofde land. Die beskrywing daarvan word gevind in Eks 15:22–17:15 en Num 10:33–22:1; 33:1-49. Hierdie woestyntog speel veral rondom Sinai*2 af, en dit is die verbasende feit dat die woestyntog byna 40 jaar geduur het wat die… Lees Meer »

WOEDE

WOEDE. Kyk by: Kwaad word.

WITLEUEN

WITLEUEN. Kyk by: Lieg.

WINTER, RALPH

WINTER, RALPH (1924–) is ’n Presbite­riaanse* missioloog (sending*kundige) wat sy sendingloopbaan begin het met ’n dienstydperk van dertien jaar (1953–1966) in Guatemala, waar hy onder andere meegewerk het aan die ontwikkeling van Theological Education by Extension* (TEE). Hy het in 1966 teruggekeer na die VSA en ’n sleutelfiguur geword in evangelical-kringe (kyk by: Evangelika­liese beweging*)…. Lees Meer »

WINGERD

WINGERD. Kyk by: Plante in die Bybel.

WILLINGEN 1952

WILLINGEN 1952. Kyk by: Internasio­nale sendingkonferensies

WILLIAMS, LYDIA

WILLIAMS, LYDIA (1820–1910) is ’n Kaapse slawe­vrou (Kyk by: Slawerny) uit die 19de eeu. Ná die vrystelling van die slawe in 1834 het die Engelse koloniale regering ’n nuwe slenterslag bedink. Slawe is nie onmiddellik vrygelaat nie, maar moes ’n bykomende vier jaar ver­plig­te “vakleerlingskap” doen, sodat hulle vir alle praktiese doeleindes steeds slawe gebly… Lees Meer »

WILLEM VAN OCKHAM (OCCAM)

WILLEM VAN OCKHAM (OCCAM) (circa 1288–1348), ’n Franciskaanse monnik* van Engeland, het sy lewe aan die uiterste armoede gewy. Hy word as een van die groot denkers van die Middeleeue beskou. Johannes XXII was in daardie tyd pous* – ’n finansiële reus wat die Vatikaan* uit geldelike moeilikheid gered het en ná ’n amps­tyd van… Lees Meer »

WILKINSON, BRUCE

WILKINSON, BRUCE (1940–) is die skrywer van verskeie topverkoper-boeke, onder meer oor die gebed van Jabes* (1 Kron 4:10). Hy het aan die Northeastern Bible College, Dallas Theolo­gical Seminary en die Western Conservative Baptist Seminary studeer. Wilkinson het bekendheid verwerf met sy projek Walk Thru the Bible, ’n interkerklike Christelike organisa­sie wat seminare regoor die… Lees Meer »

WILDSBOKKE

WILDSBOKKE. Kyk by: Diere van die Bybel.

WILDEVYE

WILDEVYE. Kyk by: Plante in die Bybel.

WILDEDONKIE

WILDEDONKIE. Kyk by: Diere van die Bybel.  

WILBERFORCE, WILLIAM

WILBERFORCE, WILLIAM (1759–1833) is in Hull, Yorkshire, gebore en het ge­studeer aan St John’s College in Cambridge, waar hy bevriend geraak het met William Pitt jr, die latere Engelse eerste minister. Hy het behoort aan die Anglikaanse* Evange­liese Clampham-groep, wat daarop gerig was om hulle toewyding as Christene uit te leef deur sosiale en sending*aksies… Lees Meer »

WIL VAN GOD

WIL VAN GOD. Die gedagte dat ’n mens se lewe op aarde deur ’n hoër mag beheers word, is nie tot die Christendom* beperk nie. Reeds in die antieke Griekeland, maar ook nog in die Hellenisties-Stoïsynse (Kyk: Hellenisme; Stoïsisme) filosofie wat in die tyd van die Nuwe Testament* steeds ’n rol gespeel het, word die… Lees Meer »

WHITEFIELD, GEORGE

WHITEFIELD, GEORGE (1714–1770) is in Gloucester gebore. Hy was ’n kennis van John* en Charles* Wesley* uit hulle studen­tedae aan die Universiteit van Oxford, en het ’n beduidende rol gespeel in die Evan­geliese Herlewing in die Verenigde Konin­kryk en die sg “Great Awake­ning” in die Verenigde State. Albei bewe­gings was daarop gemik om die kerk*… Lees Meer »

WHITBY 1947

WHITBY 1947. Kyk by: Internasionale sendingkonferensies.

WETENSKAP EN TEOLOGIE / GODS­­DIENS

WETENSKAP EN TEOLOGIE / GODS­­DIENS. Die dialoog tussen teologie* en natuurwetenskap het gedurende die afgelope paar dekades tot een van die be­langrikste diskoerse van ons tyd ontwikkel en hou direk verband met die groeiende oortuiging dat Christelike teologie per definisie as “publieke teologie” gesien moet word. “Teologie en wetenskap” gaan dus van die vertrekpunt uit… Lees Meer »

WET VAN GOD

WET VAN GOD. Die verskillende ma­niere waarop die wet van God verstaan is, het groot gevolge vir kerk* en teologie* gehad. Die groot klem, enersyds, op die wet as abstrakte voorskrifte vir ons lewe, het mees­tal die evangelie* en genade* oorska­du in ’n strak wettisisme (onderhouding van die wet tot op die letter), waarby die… Lees Meer »

WESTMINSTER CONFESSION

WESTMINSTER CONFESSION is in 1646 voltooi en goedgekeur by ’n konvent van kerklikes in die Londense Westminster-abdy en het ’n belangrike belydenisskrif* van die meeste presbiteriaanse* kerke in die Engelssprekende wêreld geword. Ver­skillende invloede het klaarblyklik meege­werk by die opstel daarvan: die teologiese denke van Augustinus*, puriteinse* teologie*, en die Calvinisme*. In die vergadering was… Lees Meer »

WESTERMANN, CLAUS

WESTERMANN, CLAUS (1909–2000) is in Berlyn gebore as die seun van ’n professor in Afrikanistiek en hy studeer teologie* tydens die opkoms van nasionaal-sosialis­me*. As Duitse oorlogsgevangene het hy, met net die vertaling van Psalms* tot sy beskikking, baanbrekende navorsing oor klag en lof in Psalms gedoen. Na afloop van die Tweede Wêreldoorlog* promoveer hy… Lees Meer »

WEST, GERALD OAKLEY

WEST, GERALD OAKLEY (1956-) het aan die Rhodes-universiteit in Grahamstad en aan die Teologiese Kollege in Johannesburg studeer voordat hy sy MA- en PhD-studies aan die Universiteit van Sheffield in Engeland voltooi het. Hy het in Bybelwetenskap gepromoveer met ’n proefskrif getiteld: “Biblical Interpretation in Theologies of Liberation: Modes of Reading the Bible in the… Lees Meer »

WESSELS, GERHARDUS RENIER (GERRIE)

WESSELS, GERHARDUS RENIER (GERRIE) (1912–1998) betree die bedie­ning in die Apostoliese Geloofsending (AGS)* op die jeugdige ouderdom van 18 jaar. Hy word in Maart 1937 in die kerk se uitvoerende raad verkies en doen baanbrekerswerk op verskillende terreine. Hy speel jare lank ’n leidende rol in die nasio­nale jeugwerk. In 1938 begin hy met die… Lees Meer »

WESLEYAANSE KERK

WESLEYAANSE KERK, wat in 1904 in Suid-Afrika tot stand gekom het, maak deel uit van die metodiste*-tradisie en is onder andere gefokus op evangelisasie* en sen­ding*. Hulle noordelike hoofkantoor is in Garsfontein in Pretoria geleë en daar het dié kerk ongeveer 5 000 lidmate en nog 8 000 ander volgelinge. Hulle suidelike hoofsentrum is in… Lees Meer »

WESLEY, JOHN BENJAMIN

WESLEY, JOHN BENJAMIN (1703– 1791), ’n 18de-eeuse teoloog en prediker, is saam met sy broer, Charles Wesley*, en George Whitefield* die grondleggers van die metodistebeweging (Kyk by: Metodisme), die eerste groot evangeliese/evangelikaalse beweging in die Verenig­de Koninkryk (Kyk ook: Evangelikale beweging). Wesley sluit saam met Charles Wesley en George Whitefield aan by die Holy Club,… Lees Meer »

WESLEY, CHARLES

WESLEY, CHARLES (1707–1788) is be­kend as skrywer van geestelike liedere en is die broer van John Wesley*, die Metodis*. Hy was by Westminister College op skool waar sy oudste broer, Samuel, een van die onderwysers was en daarna het hy by Christ College, Oxford, studeer. Terwyl hy daar studeer het, was hy een van die… Lees Meer »

WERKVERSKAFFING

WERKVERSKAFFING. Om te werk, is ’n basiese mensereg (Kyk by: Menseregte). In die Bybel* word werk geassosieer met grond. In ’n landbou-georiënteerde wêreld is dit elkeen se reg om grond te besit. Grond­besit is gekoppel aan families. Op­een­volgende geslagte bewerk hulle erfgrond sodat hulle kan lewe. Slawe* was mense sonder grond wat in ander se… Lees Meer »

WERKLOOSHEID

WERKLOOSHEID. Kyk by: Werk en werkloosheid.  

WERKE VAN DIE WET

WERKE VAN DIE WET dui daardie dinge aan wat mense doen om aan die vereistes van God se wet* te voldoen. Hier­die uitdrukking kom agt keer by Paulus* voor, maar hy praat ook soms net van “werke”. Wetswerke kom veral in Rom 3 en Gal 3 aan die orde. Geleerdes verskil oor wat wetswerke alles… Lees Meer »

WERK EN WERKLOOSHEID

WERK EN WERKLOOSHEID. Werk word gewoonlik met betaalde werk gelyk gestel. Daardeur word baie vorms van on­betaalde werk, soos bv die grootmaak van kinders, buite rekening gelaat. Werk kan eerder omskryf word as die doelgerigte besteding van energie met die doel om iets tot stand te bring wat nuttig, goed of mooi is. In teenstelling… Lees Meer »

WÊRELDSENDING

WÊRELDSENDING dui op die wêreldwye sending*visie van Jesus* Christus* waarvan die grense die uithoeke of eindes van die aarde is (Matt 28:19-20). Wêreldsending sluit alle lande en mensegroepe in aan wie die evangelie*boodskap van Jesus Christus gebring moet word. ’n Aantal wêreldkonferensies soos Lau­sanne en Amsterdam 2000 en Edinburgh en Lausanne 2010, die AD 2000-beweging… Lees Meer »

WÊRELDRAAD VAN KERKE (WRK)

WÊRELDRAAD VAN KERKE (WRK) is die grootste ekumeniese* organisasie in die wêreld wat Protestantse* en Ortodokse* kerke saamsnoer. Die Katolieke Kerk* het nie formele lidmaatskap nie, maar neem as waarnemer aan talle werksaamhede van die WRK deel. Die WRK het op 23 Augustus 1948 in Amsterdam tot stand gekom toe verteenwoordigers van 147 kerke (onder… Lees Meer »

WêRELDGEMEENSKAP VAN GEREFORMEERDE KERKE (WORLD COMMUNION OF REFORMED CHURCHES)

WÊRELDGEMEENSKAP VAN GEREFORMEERDE KERKE (WORLD COMMUNION OF REFORMED CHURCHES). Die geskiedenis van hierdie ekumeniese* liggaam, die oudste in die gereformeerd*-presbiteriaanse* wêreld, begin in 1875 met die totstandkoming van die Alliance of the Reformed Churches Throughout the World Holding the Presbyterian System deur 21 teenwoordige kerke. Tydens die eerste algemene konferensie in Edinburgh, 1877, was daar… Lees Meer »

WÊRELDBIDDAG VIR VROUE

WÊRELDBIDDAG VIR VROUE. Omstreeks 1887 het die nood van immigrante en die nagevolge van slawerny* vroue van die Presbiteriaanse Kerk* in Amerika aangegryp. Hulle het ’n oproep vir ’n nasionale dag van gebed gedoen, en wat later die Wêreldbiddag vir Vroue sou word, het uit hierdie saadjie gegroei. Vroue van ander denominasies het ingeskakel en… Lees Meer »

WÊRELD

WÊRELD het in die Bybel* verskillende betekenisse: ‑Die begrip word gebruik vir die fisiese wêreld wat deur God geskep is (Ps 24:1-2). Volgens die Bybel het die wêreld ’n begin (Matt 24:21) en ’n einde (1 Joh 2:17) en word dit gekenmerk deur verganklikheid (Rom 8:23). ‑Die begrip “wêreld” word ook vir die mensdom gebruik…. Lees Meer »

WEPENER, CASPARUS JOHANNES (CAS)

WEPENER, CASPARUS JOHANNES (CAS) (1973-) is gebore in die Oos-Kaap, studeer aan die Universiteit Stellenbosch – aanvanklik drama, op die ou end teologie* – en was tentmaker-predikant van Maitland en Ysterplaat-Suid en deeltyds betrokke by Buvton (Communitas), voordat hy Pinelands se NG Kerk*-predikant* geword het. Hy spesialiseer in liturgiek (Kyk by: Liturgie) en homiletiek* en… Lees Meer »

WELWILLENDHEID

WELWILLENDHEID as woord bring ’n houding van goedgesindheid teenoor ander mense in gedagte. Dit is ’n gesindheid wat soek om die welsyn van ander te bevorder. So ’n houding word vir Christene in God se liefde* en genade* teenoor alle mense begrond. Welwillendheid word van­uit ’n Christelike perspektief beskou as ’n vrug van die Gees*… Lees Meer »

WELSYNSTAAT

WELSYNSTAAT verwys breedweg na lande met ’n sterk gesentraliseerde staatsbestel wat ’n ekonomiese en sosiale beleid volg waardeur die staat primêre verant­woor­delikheid aanvaar vir die welsyn van sy burgers. Dit sluit aspekte in soos die voorsiening van minimum standaarde van inkomste, sosiale beskerming en die voorsiening van dienste op die bes moontlike vlak. Dit is… Lees Meer »

WELLHAUSEN, JULIUS

WELLHAUSEN, JULIUS (1844–1918) is in Hameln gebore en het soos die “fluitspe­ler van Hameln” talle vakgenote agter hom laat aanloop. Hy studeer vanaf 1862 teologie* in Göttingen en word reeds in 1872 professor in Ou Testament* te Greifswald. Weens sy Christelike vroomheid, raak hy binne ’n dekade van universiteitsonderrig daarvan oortuig dat hy nie in… Lees Meer »

WEIDEMAN, GEORGE HENRY

WEIDEMAN, GEORGE HENRY (1947–2007) skryf gedigte, gebundel in onder meer Pella lê ’n kruistog vêr (1998), kortverhale (Tuin van klip en vuur, 1983), jeugboeke (Dana se duisend jaar, 1998), en romans (Draaijakkels, 1999). Draaijakkels sluit aan by “skelmromans” soos Cervantes se Don Quichot en Fielding se Tom Jones. Die hooffiguur in dié soort roman is… Lees Meer »

WEGRAPING

WEGRAPING is ’n gebeure waardeur ’n mens as gevolg van God se ingryping, in die hemel* opgeneem word sonder om te sterf. Hierdie wegraping kan van tydelike aard wees, sodat die betrokkene terugkeer om op aarde te leef, of die mens kan vir ewig in hierdie verhoogde toestand bly. Die be­kendste Bybelse* figure wat met… Lees Meer »

WEE-UITSPRAKE

WEE-UITSPRAKE. Kyk by: Oordeelsaan­kondigings.

WEDERKOMS

WEDERKOMS. So onvoorstelbaar as wat die wederkoms van Christus* is, net so on­ont­beerlik is dit vir ons geloof*. Dis onontbeerlik omdat daar te veel dinge op hierdie aarde is wat teen die wil van God is. Ons kan nooit vrede hê met al die ellende en onreg nie, en God nog oneindig minder. Daarom is… Lees Meer »

WEDERGEBOORTE

WEDERGEBOORTE. Niemand van ons kan in die ryk van God kom tensy ons weergebore word nie, sê die klassieke gereformeerde* doop*formulier. Die wedergeboorte is egter nie iets wat ons self kan laat gebeur nie. Dit is  ’n genadige wonderwerk van die Gees* van God, wat uit genade* in ons woon en werk (vgl Jesus* se… Lees Meer »

WATERPOORT

WATERPOORT was aan die oostelike muur van die Dawidstad* by die Ofel* regoor die Gihon* geleë. Die poort is argeologies bevestig en het toegang tot die Gihon*-spruit se water verleen. Dit was een van die agt buitepoorte van Jerusalem* in Nehemia* se tyd (Neh 12:37).

WATCHMAN NEE

WATCHMAN NEE. Kyk by: Nee, Watch­man.

WARREN, RICHARD (RICK)

WARREN, RICHARD (RICK) (1954–) is in San Jose, Kalifornië, gebore en het sy teologiese vorming by die Southwestern Bap­tist Theological Seminary in Fort Worth ontvang en sy doktorsgraad by die Fuller Theological Seminary in Pasadena. Verskeie eredoktorsgrade is aan hom toege­ken. In 2005 is Warren deur US News and World Report benoem as een van… Lees Meer »

WARNECK, GUSTAV

WARNECK, GUSTAV (1834–1910) het geen praktiese ondervinding van interkulturele getuienis* buite Europa gehad nie. Ná jare as gemeente*predikant* en drie jaar in ’n organiserende hoedanigheid by die Rynse Sendinggenootskap, is hy aangestel as die eerste professor in missiologie (sendingwetenskap*) in Duits­land, aan die Universiteit van Halle. Daar het hy vir elf jaar (1897–1908) ’n sleutel­rol… Lees Meer »

WARFIELD, BENJAMIN BRECKINRIDGE

WARFIELD, BENJAMIN BRECKINRIDGE (1851–1921) het in Lexington, Kentucky, grootgeword en sy opleiding in Princeton en Leipzig ontvang. Van 1879 tot 1887 het hy Nuwe Testament* aan die Western Theological Seminary gedoseer, en van 1887 tot 1921 was hy professor in didaktiese en polemiese teologie* aan die Prince­tonse teologiese kweekskool. Hy het die “Princeton-teologie”, wat deur… Lees Meer »

WALTERS, MATTHYS MICHIELSE

WALTERS, MATTHYS MICHIELSE (1930–) is Afrikaans* se hekeldigter. In skerp, satiriese verse hekel hy met die kerk* en, uiteindelik, die godsdiens*. Van Cabala (1967) tot Satan ter sprake (2004) gebruik hy Bybelse bou­stowwe, stoei hy met die godsdiens, is hy die ketter*, wys hy wantoestande uit. In Sprekende van God (1996) gaan dit vir die… Lees Meer »

WAARSÊERY

WAARSÊERY. Die wydverspreide voor­koms van waarsêery, divinasie of mantiek (van die Grieks* mantis: profeet, voorspeller) getuig van die vroegste tye af van die skynbaar onuitroeibare drang by die mens om die sluier van die toekoms enigsins te lig. Bekendheid met hedendaagse (gesekulariseerde) vorms – die lees van ’n handpalm, “die sterre voorspel”, en vele meer… Lees Meer »

WAARHEID-EN-VERSOENINGS­KOMMISSIE (WVK)

WAARHEID-EN-VERSOENINGS­KOMMISSIE (WVK). Op 19 Julie 1995 is Wet 34 van 1995, die Wet op die Bevor­de­ring van Nasionale Eenheid en Versoening, deur die parlement aanvaar, waarvan die aanhef onder meer lui: “… aangesien dit no­dig geag word om die waarheid vas te stel met betrekking tot gebeure in die verlede, sowel as die motiewe vir… Lees Meer »

WAARHEID

WAARHEID. Die klassieke definisie van Thomas* van Aquino lui: “Waarheid is die ooreenstemming tussen ’n saak en die intellek.” Dit wil sê die voorstelling wat ons van ’n bepaalde saak in ons bewussyn het, kom ooreen (“korrespondeer”) met die werklikheid. Onder invloed van die kenteorie van Immanuel Kant* het daar egter skeptisisme ontstaan oor die… Lees Meer »

WAARDES

WAARDES is maatstawwe vir die beoor­deling van mense se optrede deurdat dit die goeie waarna mense behoort te strewe, uitspel. Dit kan moreel* van aard wees as dit die maatstawwe aandui met behulp waarvan die hantering van die belange van betrokke rolspelers beoordeel word. Dit kan egter ook nie-moreel van aard wees. Dan dui dit… Lees Meer »

WAARDELEER

WAARDELEER. WaardesH word dikwels saam met “norme” gebruik. Norme het ’n bo-indiwiduele karakter. Dit kom voor as vaste beginsels wat aanspraak maak op wye geldigheid. Hierteenoor is waardes meer persoonlik en lokaal/kontekstueel van aard. Die keuses, verbintenisse (commitments) en optredes van ’n indiwidu of bepaalde groep kry gestalte in en word gemotiveer vanuit hulle waardes…. Lees Meer »

WAARBORG

WAARBORG is in die Bybel* ’n ekono­miese term. Indien iemand ’n stuk grond wou koop, moes hy aanvanklik ’n betaling maak. Dit was die waarborg wat hom onder verpligting geplaas het om toekomstige betalings te maak (Gen 38:17-20). Dit was soos ’n deposito. Die waarborg is dus ’n gedeelte van die volle betaling wat verskul­dig… Lees Meer »

Sidebar